Strompie
Race Dog
Meeste van julle het nou al seker gehoor van BakgatJaco se seun Zander se ongeluk op Verneukpan. Wel, ek was ook deel van daardie groep maar ek het my storie so bietjie teruggehou.
My storie begin Januarie 2020 toe ek in Montana hospitaal geëindig het met ’n gebarste blindederm. So in die praatjies met die oom langs my, sê hy dat sy internis ook motorfiets ry. Ek vra so bietjie uit oor die man en werk toe uit dat die dokter ’n Indian FTR ry.
Toe hy weer kom saalrondtes doen, sê ek “Ek hoor dok ry ’n FTR”. Net daar ontmoet ek seker een van die interessantste mense wat jy jouself kan indink. Dr Jacques Koning. Rowwe bliksem met ’n paar uit tande en tatoeëermerke. Maar terselfdertyd ’n diep mens met ’n ryk algemene kennis en ’n diep liefde vir Kenhardt en die Noord Kaapse mense.
Hy nooi my sommer daar en dan om in April saam met hom te kom na Verneukpan. Twee weke later is hy self betrokke in ’n yslike motorfietsongeluk. Hy was dood verklaar op die toneel, maar toe hulle hom by Montana hospitaal aanbring merk hulle tog tekens van lewe en resussiteer hom. Hy het nog ’n paar keer by die dood gaan draai en toe ek hom weer sien was hy ’n maer, “shadow of his former self”. En toe slaan COVID. Hy bied aan om al die COVID pasiënte te neem om die siekte te leer ken. Ons April trip is beslis af, maar nou word daar beplan vir September. Groter en beter. Dit sou bekend staan as die Star sand Dust tour.
Ek ry self ’n BMW G 310 GS en ek besluit dat ek met hom sal ry. Ek wou seker iets bewys, maar toe Zontes hoor van die trip het hulle my hulle 310-T aangebied. Wie is ek nou om dit van die hand te wys? Ek het al met baie lof van hierdie fiets gepraat, maar nou sal ons sien of hy hierdie tipe toer en afstande sal kan bemeester.
Een van my gereelde avontuur vrinne, Willem, sê hy kom ook saam. Met ons vertrekdatum vas, val ek Willem Maandag 21 September in die pad. Verskeie groepe vertrek uit alle uithoeke van die land om eindelik in Kenhardt bymekaar te kom. Ek en Willem het gery tot op Kathu en na so paar oproepe ’n slaapplek gekry. Dis ’n vrek vervelige pad en ons het maar hier en daar gestop op plekke soos Biesiesvlei en Sannieshof en heerlik met die locals gesels.