Steytlerville dag rit'tjie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Difflock

Race Dog
Joined
Jul 27, 2012
Messages
1,598
Reaction score
64
Location
Kirkwood
Bike
Yamaha Super Tenere
Hallo Wilde Honde, wat n lekker trippie vandag Steytlerville(Old Car Show) toe,  6:45 vanoggend hier weg, ander span by Kirkwood opgetel en n moerse lekker breakfast by Kleinpoort Padstal. Daar het 3 Honde besluit om nie die teerpad te vat nie maar soos mens met n Dual purpose bike doen en grondpad ry, moerse lekker, vandaar eerste pad reg en reguit tot t aansluitng en reguit Stytlerville toe. Hier is n paar foto's van die motors en dan n paar foto's van die trippie huistoe.

Die trippie huis toe was so paar km uit Steytlerville op die Wolwefontein pad en links, eerste pad dan regs deur die Kamferspoort, vergeet van hoe lyk Zuurberg pas nou, die een is so 3 dubbel slegte en baie baie tegnies chaps, moerse lekker met KLIPPE en SAND in hoof letters, check die foto's. Enjoy Honde!!! Sal nog foto's op sit.
 

Attachments

  • 2012_10_06_IMG_2537.JPG
    2012_10_06_IMG_2537.JPG
    64.1 KB
  • 2012_10_06_IMG_2544.JPG
    2012_10_06_IMG_2544.JPG
    61.5 KB
  • 2012_10_06_IMG_2546.JPG
    2012_10_06_IMG_2546.JPG
    57.9 KB
  • 2012_10_06_IMG_2556.JPG
    2012_10_06_IMG_2556.JPG
    59.1 KB
  • 2012_10_06_IMG_2558.JPG
    2012_10_06_IMG_2558.JPG
    64.5 KB
  • 2012_10_06_IMG_2560.JPG
    2012_10_06_IMG_2560.JPG
    68.5 KB
  • 2012_10_06_IMG_2562.JPG
    2012_10_06_IMG_2562.JPG
    67.3 KB
  • 2012_10_06_IMG_2564.JPG
    2012_10_06_IMG_2564.JPG
    73.4 KB
  • 2012_10_06_IMG_2565.JPG
    2012_10_06_IMG_2565.JPG
    67.9 KB
  • 2012_10_06_IMG_2567.JPG
    2012_10_06_IMG_2567.JPG
    59.1 KB
Nog foto's van die Poort'tjie! Die pad was geskraap, alle klippe is los, as n mens op n afdraande sukkel en nie oor die klippe kan kom nie dan weet jy dus n uitdaging. Dit was vir my n helse leerskool, so geniet, sand en al en nie te vergeet van die 20 hekke wat ook mens moet oop maak!
 

Attachments

  • 2012_10_06_IMG_2575.JPG
    2012_10_06_IMG_2575.JPG
    47.8 KB
  • 2012_10_06_IMG_2570.JPG
    2012_10_06_IMG_2570.JPG
    61 KB
  • 2012_10_06_IMG_2571.JPG
    2012_10_06_IMG_2571.JPG
    56.3 KB
  • 2012_10_06_IMG_2572.JPG
    2012_10_06_IMG_2572.JPG
    60.4 KB
  • 2012_10_06_IMG_2578.JPG
    2012_10_06_IMG_2578.JPG
    48.3 KB
  • 2012_10_06_IMG_3096.JPG
    2012_10_06_IMG_3096.JPG
    63.9 KB
Ek kan sien waarom die fotos Mrs Difflock oorreed het om saam te kom na TR.  :thumleft:
 
Nou weet jy hoekom, kan nie wag om al die PE Honde te ontmoet nie!!! :biggrin:
 
Vis Arend, dit is darem ook n mooi deel van die land daai, ek het groot geword in Q-town, Fort-Beaufort, Chathcart, Stutterheim ook op Thomas river, het mense in die Grafplaas daar. So die gedeelte by Steylerville is nou weer op n ander manier mooi.
 
Ai man maar dit lyk mooi daar , weet nie hoe ek daai klippe sou hanteer nie maar ek sal erens moet begin leer , hoe ver was jou trippie ?
 
Daam maar erg styl op party plekke, weet nie hoe die bikes regop bly nie  >:D

Nice trippie daai  :thumleft:
 
You WUSS
You should have gone through Grootrivierpoort from Elands river.
We did it 3 weeks ago in the rain
Thats why Ive grown this strange aversion to MUD
 
ek ry nogal baie in dioe area, beduie asb vir my die poortjie se directions..thanks..was daar op steytlerville ook, mar onglukkig meeste van dier karshow gemiss. went via the poort...eish
 
Manne die roete is so 70km, ry van Steylerville op die Wolwefontein pad, net deur die Noorspoort +- 5km 1st pad links en weer vir n paar km weer links, vir +- 14km draai 1ste pad regs in die Kamferspoort in, man wat die pad so uitdagiend maak is dat dit geskraap is en daai man seker sy leerlings lisensie gekry het op n grader!!! Kom ek sê julle, daai pad wil jy nie aan durf wanneer dit 35 garde is die dag nie, dit was 21 grade en ons het gesweet deur daai klippe, sand en berge. Wanneer jy deur die poort is maak die wereld oop en dan kom die hekke, voor split , die pad, hou regs indien jy weer op die Steytlerville/Wowefontien wil uitkom, 27km van alby kante in die middel, voor die teerpad kom jy aan jou regterkant verby Mount Steward. Indien jy links sou gaan by die split kom jy uit by Klipplaat. Wanneer die pad aan gedurf word moet jy nie haas nie, geduld aan die dag lê!!! Enjoy!
 
Ek het op pad Bash toe deur Steytlerville gery en ook 'n koue daar by die hotel gevat.  Dit is een van die mooiste en skoonste dorpies in die Karoo.  'n Plek om op trots te wees.
 
LMG jy kan dit weer sê, pragtig skoon daar! :thumleft:
 
Ek hoor Boetie se julle het so gesweet op Mias se pad,voormiddag is beter.Kan nie glo so baie ysterperde in die Vallei deesdae ek en Arno ry more Clocolan toe vir die BMW Eco.
 
Top