Ons het op Kroonstad weer volgemaak en koffie gevat en toe deurgedruk tot by Menlyn waar ons gegroet het en elkeen sy eie paadjie huistoe geneem het. Te gou ,te min, nog tyd nodig, nog plekke om te sien, nog bike om te ry....flits deur my gedagtes terwyl ek vir oulaas volmaak en die laaste 160km huistoe moet aandurf, alleen.... :'(
17:15 stop ek by die huis, moeg, warm, effe teleurgesteld, want daar was nie sneeu nie, maar baie tevrede, en baie bly om mamma te sien....Dit was 5 lang dae, 3325km afgelê, omtrent 550km daarvan grondpad, paaie wat beplan was en nie gery was nie (moet weer gaan om Ouberg of Moordenaarskaroo te gaan ry), vrienskappe wat weer opgevlam en versterk was, grappe vertel, liedjies gesing, gelag en ernstig gewees, nuwe plekke gesien en paaie gery....Dankbaar....
Mossie het die Maandag sy fiets op Laingsburg gaan haal en ongelukkig het sy pannier se deksel losgekom en afgewaai oppad huistoe, somewhere...Hy moet nog die sensor soek en vervang en ek hoop dis al wat fout is.
En so lyk ons as ons veilig by die huis kom....