Swartland Zig-Zag - die Weetbix groei mooi!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lem

Grey Hound
Joined
Jan 20, 2010
Messages
5,320
Reaction score
17
Location
Bellville, Cape Town
Bike
BMW R1200GS
Dagse

Ek was vir die afgelope paar naweke bevoorreg om baie te kon gaan bike ry, maar daar le 'n paar double bookings voor so ek moes die meeste maak van hierdie een terwyl die weer so mooi is. Die afgelope week was ook vir my sielsuitputtend, en ek moes uitkom, wegkom, om weer die batterye te herlaai.

Ek & DCR wou gaan 'n draai ry & ek het die Swartland as roete voorgestel. Jy kan heeldag speel, en dis eintlik maar op ons voorstoepe, vir diegene aan hierdie kant van die boereworsgordyn. Met die onlangse aankoop van sy F800GSA wil hy begin grondpadervaring opbou, en die Swartland se paaie is 'n goeie plek om die confidence te wen....mits hulle droog is.  

Dit sou omtrent vir my 'n herontmoeting wees, want meeste van die paaie het ek meer as 5 jaar gelede laas gery.  

Ons het bitter lekker gery, so daar is min fotos geneem, maar ek sal die dag se roete hieronder gou verduidelik.

Ons is omstreeks 07h30 by my huisie weg in Malmesbury se rigting via Klipheuwel. Die eerste 40km teer het verbygeflits, en ons kon die grondpad ys breek deur op Joubertskloof (10km voor Malmesbury) regs te draai. Hier het ons nie 'n foto geneem nie, so ons het maar aangestoot na Maamsbuggie.

Bo in die dorp, net so na die Toyota garage draai jy regs, en na so 1km raak hierdie pad grondpad, wat tot in Moorresburg loop.

Dit bly maar een van my gunstelinge daai. Na so 15km kry ek lus vir afklim, net om elke geur van hierdie helder oggend in te asem. Daar is leliker plekke op die aarde waar jy kan stop.  
 

Attachments

  • WP_20140816_002.jpg
    WP_20140816_002.jpg
    62 KB
  • WP_20140816_003.jpg
    WP_20140816_003.jpg
    72.8 KB
  • WP_20140816_004.jpg
    WP_20140816_004.jpg
    55.7 KB
Met die lente wat nou so op die drumpel staan is die wêreld darem maar mooi Lem.  Lekker om sulke Kaapse draaie te ry, dankie vir die deel.  :thumleft:
 
Die eerste koppie koffie van die oggend het daai tyd al ver terug gele, en ons moes aanstoot vir Moorreesburg. Die dammetjie was ommenby halfpad tussen Maamsbuggie & Mooggeesbug. Soos ons die kruising van die Riebeeck teerpad nader is die padskraper besig van voor af....in 'n baie nat area. Hier moes ons bietjie konsentreer, veral ek met my anakee voorwiel.

Ons kruis toe die Riebeeck teerpad, en die laaste 20odd km is die Biesiesvlei pad. Was een van die mooiste, helderste dele van die hele oggend. Deurie dors moes ons net weer stop.

Na 'n cappuchino op Moorreesburg het ons noord gedraai by die sportgronde, en ons is in Koringberg se rigting. As jy deur Koringberg ry, kom jy weer uit op die N7, en van hier af het ons regs gedraai oppad na Die Brug/Misverstand dam.

Het nog nooit voorheen ingedraai na die dam toe nie, maar is baie bly ons het gister so gemaak.    

Hierna is ons oor Die Brug. So paar honderd meter anderkant hom draai jy regs in Porterville se rigting, en jy kry weer na 'n kort entjie 'n T-aansluiting wat Porterville toe loop.

Hierdie stuk is 'n ware gravel highway. Mens kan beslis hier laat loop, maar die omgewing is so mooi, ek het maar die naald onder 100 gehou, net om nie alles te mis nie.

Hongerpyne het geknaag, so ons het deurgedruk na Porterville vir 'n Gourmet Burger met bacon, peppadew, kaas....    
 

Attachments

  • WP_20140816_006.jpg
    WP_20140816_006.jpg
    62.3 KB
  • WP_20140816_008.jpg
    WP_20140816_008.jpg
    89.4 KB
  • WP_20140816_009.jpg
    WP_20140816_009.jpg
    75.1 KB
  • WP_20140816_010.jpg
    WP_20140816_010.jpg
    70.4 KB
  • WP_20140816_013.jpg
    WP_20140816_013.jpg
    86.2 KB
  • WP_20140816_015.jpg
    WP_20140816_015.jpg
    79.4 KB
  • WP_20140816_016.jpg
    WP_20140816_016.jpg
    88.1 KB
  • WP_20140816_017.jpg
    WP_20140816_017.jpg
    46.4 KB
Vanaf Porterville was ek noggie lus om Suidwaarts te draai nie.

Tyd vir die Dasklippas.

Om by hom te kom, ry jy noord vir so 5km, en jy kry 'n grondpad na regs, na die berg se kant toe. Seker nog so 5km uit op hom ook, en jy kry die afdraai na die Dasklippas. Die pas is geteer. Ons het opgery en gestop by een van die paragliding/hanggliding platforms wat daar op die pas is.

Die uitsigte is ongelooflik. My fotos doen dit nie justice nie.

Jy sien die Piekenierskloofpas, die Versveldpas (waaroor daar elders op die forum tans 'n mooi write-up  is), Eendekuil, Piketberg, Koringberg & die twee Riebeecks. Ons praat hier van 'n scope van omtrent 100km. Dit is eenvoudig asemrowend.

Die tyd het begin aanstap en van hier af is ons suidwaarts. Het weer deur Porterville gery, en na so 25 km, waar hulle tans besig is om die Gouda Windplaas te bou kry jy die grondpad na Moorreesburg.

Weereens kruis ons die Bergrivier oor nog 'n fantastiese brug. Soos ons afklim vir fotos neem, roep iemand van onder brug uit. Een van die local is besig om vis te vang in die rivier. Wens ek kan vir julle die babers wys wat daai manne uitgetrek het. Minstens 60cm elk  :eek:

So paar kilometres na die brug kry jy n vurk, wat links draai na Riebeeck Wes. Ek dink hierdie is die pad waarop Fixer sy ongeluk gehad het. Het al vergeet hoe mooi die pad is. In Riebeeck Wes aangekom, en DCR wil graag die porseleinbergpad ry, tussen Hermon & Wellington.

Ons het toe so gemaak. Na 'n laaste afklim vir water by Du Vlei padstal het ons Porseleinberg/Haaskraal pad gery, en toe sommer deurgedruk tot by my huis.

Dit is beslis een van die beste dagroetes wat ek al ooit gedoen het, en daars soveel meer om te ontdek.

Dankie aan my riding buddy, DCR  :thumleft: Dit is lekker om saam met jou te ry, ou maat.

Dankie BMW vir julle lekker touring bikes. Na 370 km was die petroltenk noggie leeg nie, en ek ook nie moeg nie.

En dankie vir ons Hemelse Vader wat dit vir alles vir ons moontlik maak  :thumleft:







 
 

Attachments

  • WP_20140816_023.jpg
    WP_20140816_023.jpg
    67.2 KB
  • WP_20140816_024.jpg
    WP_20140816_024.jpg
    143.9 KB
  • WP_20140816_025.jpg
    WP_20140816_025.jpg
    81.2 KB
  • WP_20140816_026.jpg
    WP_20140816_026.jpg
    112.9 KB
@ Lem

Met jou lekker vertelling en mooi foto`s voel dit vir my asof ek saam gery het  :thumleft:

Ek sou wat wou gee om `n klein tentjie by daai dam op te slaan en so `n naggie daar oor te bly. 8)

Dit was nou `n lekker ride report - Dankie.

:ricky:
 
Swannie 685 said:
@ Lem

Met jou lekker vertelling en mooi foto`s voel dit vir my asof ek saam gery het  :thumleft:

Ek sou wat wou gee om `n klein tentjie by daai dam op te slaan en so `n naggie daar oor te bly. 8)

Dit was nou `n lekker ride report - Dankie.

:ricky:

Plesier Swannie  :thumleft: Daai area kan geniet word deur die manne wat jaag, asook die manne wat rustig ry vir die scenery. As jy ooit jou tyd wil vat, gaan slaan jou tentjie op by Vaalbaas se workshop op Gouda, of by Waterval Laatson by Porterville. Ek weet ook dat die Moorreesburg vissermanne graag by Misverstand dam gaan tent opslaan. By Koringberg is Die Ark Kampeerterrein. Spotgoedkoop en mooi. Bo-op Dasklippas is Beaverlac kampterrein. Dis alles eintlik lekker naby aan die Kaap, en is beslis die moeite werd om jou tyd op te vat.
 
Dorsland said:
Met die lente wat nou so op die drumpel staan is die wêreld darem maar mooi Lem.  Lekker om sulke Kaapse draaie te ry, dankie vir die deel.  :thumleft:

ja kyk, die Groot Karoo daar op en om jou plaas is ook seker besig om 'n ander kleur en helderheid te kry. Hier in die Kaap is die heel mooiste dae hierdie sonnige laat wintersdae  :thumleft:

Hier het ons die gesegde....dat mense wat op sulke dae nie bike ry nie...het nie 'n bike nie 
 
Sjoe, maar ek het lekker gery gister! Lem het my geneem op paaie waar ek nog nooit was nie (dis 'n skande, ek weet) en ek was stomgeslaan oor hoe mooi die wêreld nou lyk in daardie omgewing. Die paaie was ook baie goed, maar op so lekker masjien soos die 800gsa is enige grondpad mos maar kinderspeletjies. Die Mitas E-07 bande is ook nie sleg nie.

Nou ja, ek skryf nou nie so mooi soos Louis nie en moet nog leer om meer fotos te neem, so hier volg die paar wat ek wel het. Vluit-vluit, my storie is uit.


Die vlei anderkant Malmesbury waar ons gestop het:
swartland_vlei.jpg


Volgende jaar se kos in wording:
swartland_landerye.jpg


Louis dink hy is 'n meerkat:
swartland_meerkat1.jpg

swartland_meerkat2.jpg


Op by die pas met 'n pragtige uitsig van bo. Die fotos kan die nie eers amper vasvang nie:
swartland_bergpas.jpg


swartland_panorama.JPG


Hier is die roete wat ons gery het:
swartland_kaart.jpg
 
Dewald...jy moet volgende keer net jou selfoon se lens skoonvee  :imaposer:
vat sommer daai mister min lap in jou topboks.
ek het nou al amper n gat in my laptop se screen gedruk, maar die swart kolletjie links bo wil nie weg nie. Soos daai luis op Manic se avatar.

Aan die manne wat die Swartland ken....daar by Koringberg draai n pad af met n bord wat lees: "Swartrug"

Is dit die pad na Broodkraal? En gaan hy ook iewers oor die Bergrivier? Volgende keer wil ek vanaf Versveldpas 'n foto neem, en soek 'n beter manier om in Piketberg aan te kom as die N7. 

 
Haha, ja, ek sien nou die foon was bietjie vuil. Sal gou kyk of ek die fotos kan regmaak in Photoshop.

Die GPS track is aangeheg vir die wat belangstel.
 

Attachments

  • swartland dagtrip.GDB
    78.6 KB
Ai, ek is nie meer wat ek was met Photoshop nie, maar die fotos behoort darem nou sonder die ergste vuil merke te wees.
 
DCR said:
Ai, ek is nie meer wat ek was met Photoshop nie, maar die fotos behoort darem nou sonder die ergste vuil merke te wees.

jip, daai dooie vlieg is weg :thumleft:
 
Eish, dis tyd dat ons aftree.  Hopenlik sal ons dan meer tyd hê om oral te kan rondry.

Dankie vir 'n mooi rr en fotos.  Dit is omtrent 'n mooi omgewing. 
 
Mev Vis Arend said:
Eish, dis tyd dat ons aftree.  Hopenlik sal ons dan meer tyd hê om oral te kan rondry.

Dankie vir 'n mooi rr en fotos.  Dit is omtrent 'n mooi omgewing. 

en as julle aftree...kom Kaap toe met die karretjie...hiers baie Wimpys  :thumleft:
 
Top