Swaziland in 3 dae

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Mudbugger

Puppy
Joined
Nov 9, 2008
Messages
20
Reaction score
0
Location
Oos Transvaal
Bike
BMW R1200GS
Hierdie is nou nie soseer extreme DS nie. Ons het net drie dae gaan rondry in Swaziland om dit te verken.

Swaziland kuier

Ons was n paar vriende wat al n tydjie praat oor n trippie wat ons wil doen. Ek myself en my vrou, my vriend Ouboet en sy vrou, sy Kleinboet wat groter as hy is en sy vrou en hulle se Kleinsus. Alhoewel sommiges al sulke trippies gedoen het was dit vir ander n nuwe ding gewees. Ons het ook besluit dat die vrouens saamgaan. So loop die plan toe dat ons vir drie dae lank in Swaziland gaan rondry.

Dag 1
In by Jeppes Reef / Matsamo grenspos, verby Maguga dam, glasfabriek naby Mbabane, slaap by Sondzela backpacker.

Die 650 gepak, gediens en reg vir die trippie.
tn_IMG_8241-1.jpg


Petrol ingooi
tn_IMG_8246.jpg


By Jeppes Reef was die Suid Afrikaanse beampte wat die strokies kollekteer uiters ongeskik gewees. Gewoonlik gee mens die papier wat gestempel is deur die doane beamptes vir hom, hy kontroleer jou registrasie en aantal persone en jy kan ry. Hy het elke motorfietsbestuurder geforseer om weer al die dokumentasie uit te haal en te wys voor hy ons deurgelaat het. Die persone aan die Swaziland kant was baie vriendeliker.

Die SA kant, Jeppes Reef
tn_IMG_8247.jpg


Die Swazi kant, Matsamo
tn_IMG_8250.jpg


Ons het lekker gery tot bo op die berg by Tsintsaba kunswinkels en daar n “teetjie” gedrink. Toe is dit verby Piggs Peak en afgedraai Maguga dam toe. Wat ‘n lekker stukkie pad om te ry.

Bo op die berg is daar hutjies opgerig vir toekomstige curio verkopers maar nou beset die bokke dit maar.
tn_IMG_8256.jpg


Ons rek ook bene.
tn_IMG_8258.jpg


Net na die bene rek sien ons n afdraai na rotskuns toe. Min wetende dis hele klompie kilometers durf Kleinsus op die superbike en Ouboet met sy cruiser die pad ook aan. Ons het nie kans gesien om 20 minute lank met biker boots te loop om die tekeninge te gaan kyk nie. Toe rek ons maar net weer bene voor ons terugkom. Dis wel ongelooflik mooi daar.

My fiets
tn_Akkedis650GS.jpg


Ouboet se fiets.
tn_Virago.jpg


Oppad terug ry ons verby n gebreekte trekker en waar ek moet verbygaan is die pad baie sleg. So ampertjies of ek en mammie het n dishonourable dismount gemaak.

Die dam
tn_MaGuga.jpg


n Ladies oomblik
tn_IMG_8273.jpg


By Ngwenya glas het ek nie juis veel fotos geneem nie, hulle was besig met uitbreidings. Ons het wel ietsie gedrink en ook die tuisgemaakte sjokoladefabriekie ondersteun. Hulle bied ook n glasie gesmelte sjokolade aan wat jy met n strootjie drink teen n prys.

Vandaar is ons deur Mbabane na die Sondzela backpackers in die Mlilwane wildtuin. Al voorwaarde is jy mag nie die hoofhek gebruik nie en ook net tot by die backpackers ry met jou motorfiets. Gladnie in die wildtuin rondry nie. Daar is verskeie opsies by die backpackers beskikbaar, selfs klein rondaweltjies. Aandete word bedien teen R40-00 per kop. Dis genoeg om n groot man vol te kry. Ons aandete was bees stew met rys, pampoen, koolslaai en n mengelslaai. Uiters vriendelike personeel.

Die Sondzela bacpakers huisie wat ons in gebly het.
tn_IMG_8304.jpg



Dag 2
Ry af verby Hlathikulo tot by Nhlangano en terug Malkerns en Sondzela toe.

Ons is daar weg en deur tot by Matsapa waar ons afgedraai het Hlathikhulo toe. Op hierdie pad ry jy verby die Bikers Ranch waar hulle jaarliks die Swazi Rally hou.

n Houtbrug oor die rivier. Die pilare is van klip gebou.
tn_IMG_8287.jpg


Klim op julle.
tn_IMG_8291.jpg


Oppad Hlathikhulo toe is daar die Nkonyeni Golf Landgoed. Ons het bietjie oggendete / middagete daar genuttig. Beslis die moeite werd gewees.

Nkonyoni Golf Landgoed
tn_IMG_8276.jpg


T-off met wyn.
tn_WynbyGolfklub.jpg


Wat wil ek he?
tn_IMG_8280.jpg


Die weer steek lelik op en ons is nie voorbereid nie.
tn_IMG_8293.jpg


Dis die lekkerste pas teen die berg uit. Hy split in twee bane, een vir op en een vir af. Baie lekker draaie, net te kort.
Omdraai bo op die berg. Die reen gaan ons vang en het ook.
tn_IMG_8295.jpg


Wat kyk jy?
tn_IMG_8296.jpg


Oppad terug wou ons fotos by n bruggie gaan neem. Daar was n klein insidentjie waar iemand n tuimel gedoen het. Gelukkig was daar geen erge skade aan persoon of fiets nie en albei was steeds padvaardig.

Die reen het ons bietjie gejaag en toe ons terug in die Ezulwini vallei petrol ingooi besluit ons om by die Pick n Pay te gaan wyn en muskietgoet koop. Ons drink toe sommer ietsie warms soos rooiwyn om die nattigheid te verjaag by die Quatermans Restaurant. Wyn is vinnig, koffie vat n halfuur om te maak.
Ons sien ons gaan aandete mis by die backpackers en gaan eet aandete by die Malandelas restaurant langs House on Fire. Dit was baie lekker. Aangesien ons nat was het ons almal vir n voorgereg groentesop ge-eet. Niemand was spyt nie, nie eers ek nie. Eintlik is sop vir oumense, siekmense en mense met tandpyn. Daai aand was dit vir nat, koue mense ook.

On het die stukkie modderpad tot by die backpackers in die donker aangepak. Ons was bietjie uitgeput na n lang dag.


Dag 3

Ons het die kersfabriek besoek. Daar het ons ietsie ligs ge-eet vir ontbyt. Baie lekker gewees.

Die restaurant by die kersfabriek.
tn_IMG_8330.jpg


Die fietse
tn_IMG_8328.jpg


Toe jy klein was jou poefdoek, nou jou kopdoek.
tn_IMG_8323.jpg


Kleinboet.
tn_IMG_8319.jpg


Rasta en Ouboet.
tn_IMG_8329.jpg


Hierna het ek nie weer my kamera uitgehaal nie, dit was oral reen en ek is te lief vir hom om hom so te wil laat verniel.

Ons het by Tambankulo Estates ietsie gaan drink, besoek die klub gerus. Vir 7 mense was ons rekening R41-00. 5 Koeldranke en n bier of 2. Steak, eiers en skyfies kos R45-00 maar ons was ietwat haastig om die mense wat ver ry op die pad te kry.

Plek plek het ons reen gekry maar is is sonder verdere voorvalle by die huis.
 
Lekker RR, Mudbugger. Dankie vir die fotos, nou moet ek plan maak om Swaziland toe te gaan.

Die poefdoek comment was baie goed!
 
Lekker trippie
Lyk asof julle dit baie geniet het. Swaziland is 'n baie lekker "veilige" bestemming

Dit was baie interresant om die verskeidenheid fietse op een toer te sien.
 
Plothond said:
Lekker trippie
Lyk asof julle dit baie geniet het. Swaziland is 'n baie lekker "veilige" bestemming

Dit was baie interresant om die verskeidenheid fietse op een toer te sien.

Is nogal so. Ons het dit baie geniet en ons ken mekaar al jare. Wel die ander drie behoort, hulle is broers en suster.
Ek wil nog die grondpad ding gaan doen. Gaan dit binnekort ook reel. Ek het gedeeltes al met die 4x4 explore, dis baie, baie mooi in die berge.
 
Swaziland seems like the place to visit, every RR about the place has shown some beautiful riding areas.

Thanks for sharing  :thumleft:
 
Lekker rustige en gemaklike RR! Great MB, dit was nice, ek ga ook nog Swazi toe, 1 vd dae! :thumleft:
 
We can reccomend Swaziland to everybody, the people are friendly and tourists welcome everywhere. They realise that it's their income and will do anything to please you. Children are also welcome everywhere, they love them and say it's part of their culture. We go there a lot as a family too, not only on bikes.
 
Top