Tietiesbaai-kamp-trip

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Tawwejan

Pack Dog
Joined
Aug 17, 2011
Messages
253
Reaction score
0
Location
Somerset Wes
Bike
BMW (all models)
Ek en my pel, Willie was 4 jaar terug baie arm, maar ons wou graag op 'n groot biketrip gaan. Al wat ons kon bekostig was die 1996 DR200 wat Willie  vir R14000 gekoop het, en my BAJAJ Avenger 180 DSTi ( Digital Spark Timing ignition, nogal ), wat ek vir R9000 aangeskaf het.

{Bajaj besit die grootste aandeel in KTM..... maar dis al ooreenkoms wat daardie cruiser-scooter met 'n off road bike het.}

Ons pak toe die trip aan Vrydag na werk.Tente, check. Slaapsak, check. Rooster en glas, check. Ok, gooi.

Dit is vanaf Somerset wes, Hopefield, en dan stop en Vredenburg vir drank, vleis, ys en hout. Dit het maar stadig gegaan. Ons het so 100km/h "gecruise", maar vir ons bikes was dit redelik op die limit.... 110 was oordoen.

By Tietiesbaai se hek aangekom en daar wil hulle ons nie inlaat nie. Meneer dis mos 'n reservaat.... Huh ? Wat ? "Nee man, dis 'n kampplek! Nee meneer, ons laat nie motorfietse hier toe nie." Nee, watse kak is dit die, ons sal net tot hier voor ry en tent opslaan, ons gaan mos nie in die duine ry nie."

"Nou goed dan, Meneer" - en ons is in. Reguit kampplek toe, dop uit, tentjies op, vuur aan ! Lekker kamp ons toe, en kuier lekker met die bure, want hulle het koffie, en so aan... geriewe soos... borde... en 'n braaitang en ander onnodige luukshede soos toiletpapier en so aan.

Volgende oggend het ons ietsie by Paternoster gaan eet. Op die Caledonia-pad tussen Veldrif en Hopefield is die  afdraai na my pa se plaas. Die pad loop dan deur die Sandveld  tot in Moorreesburg / Koringberg. Die pad is 'n slegte grondpad vol dik sand. Dit was nogal 'n challenge om met die oorlaaide cruiser, met 'n 17 duim voorwiel, met Indiese sleeks op, in die sand te ry.  Vir die DR was dit makliker, maar Willie is nie sand gewoond nie.

Middag het ons by die Bergrivier gestop, so 'n km voor die plaas om bietjie af te koel in die rivier.

Daarna het ons aangesit vir 'n lekker Sondag middagete. Skaapboud, rys, aartappels en patat.  Dit  smaak mos net beter op die plaas...

Na die ete het ons weer die moordende langpad aangedurf teen die limit ( 110km/h ). By die huis, nadat ons die ergste "needles & pins" uit ons hande gevryf het, het ons belowe om vir ons groter bikes te koop.

Willie het intussen 50jaar oud geword, besluit dis tyd om te trou; sy DR verkoop, en 'n SWB Pajero gekry. Ek is kort daarna afgedank, het 'n XT660R van my pensioengeld gekoop ( die res op eiendom uitgemors ), en daarna 'n Suzuki DR650, en 'n Honda XR650 Dominator en is nou weer op 'n Yamaha XT660R.

As ek so na die foto's kyk, dan besef ek... jy het nie baie geld, of 'n groot bike nodig om 'n trip te geniet nie, net baie tyd, goeie vriende, en 'n lekker pad. Ek kan nou amper verstaan hoe iemand 'n Afrika trip kan aanpak met iets soos 'n Royal Enfield. Ek sal nog eendag oud genoeg wees om so iets te kan doen, en wardeer.
Maar vir NOU probeer ek nog "rear wheel steering" en "power slides" op die XT. :ricky:
 
Dit is so waar.
En n ou se beste memories van trips en vakansies lank gelede is daardie wat n challenge was, vir watter rede ookal.
 
Foto's volg.
 

Attachments

  • Des 2010-Jan2011 133.JPG
    Des 2010-Jan2011 133.JPG
    271.7 KB
  • Des 2010-Jan2011 133.JPG
    Des 2010-Jan2011 133.JPG
    271.7 KB
  • Des 2010-Jan2011 143.JPG
    Des 2010-Jan2011 143.JPG
    251.9 KB
  • Des 2010-Jan2011 113.JPG
    Des 2010-Jan2011 113.JPG
    143.8 KB
  • Des 2010-Jan2011 117.JPG
    Des 2010-Jan2011 117.JPG
    147.1 KB
Baie waar, mens sien meer raak met die kleiner fietse. Al is jy hoe rustige mens, as jy op 'n 990 klim wil jy net jaag :)

Sent from my GT-I9300 using Tapatalk
 
Baie nice. Eks spyt ek het so baie tyd gemors met pad fietse en die tye waar ek uit gehou het vir 'die ideale bike'. Ek kon al baie meer toere intussen gedoen het
 
Bie lekker! Ek wil ook nog eendag daar kam, maak altyd n draai daar as ek in die Weskaap kom. Ek het n ou friend wat daar in Columbine se vuurtoring werk. Moet egter se, n padfiets het my nog nooit laat omdraai voor n grondpad wat ek wou ry nie, nie eers n 1050 Sprint nie. Daai Sprint het lekker gedraf op die grond! Kan nie dieselfde se van my Z750 nie, was senuweeagtig soos hel maar ek het die reel toegepas van 'when in doubt, open up!" en dit het gewerk  :laughing4:
 
Wyse woorde daar, ek glo ook al hoe meer dit is lekkerder om n klein bike hard te ry as n groot bike versigtig te ry. Ek ry deesdae bietjie met my vrou se 125XR rond en geniet my gate uit, alhoewel ek daai throttle meer soos n aan/af setup werk, is dit steeds vet pret.

Klink na n lekker trippie! dankie dat julle gedeel het!
 
Top