Veldbrand en Karoo Rider ry 'n draai: Anysberg & Witteberge

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Karoo Rider

Race Dog
Joined
Sep 1, 2012
Messages
1,898
Reaction score
1,035
Location
Ladismith WC
Bike
Honda CRF-1100L Africa Twin
Vrydagaand nooi Veldbrand dat ons die volgende dag darem weer 'n ietsie gaan ry 'n slag, en so skop verrigtinge die Saterdagoggend om 08:30 af te Koedoeskloof.  Ek't vlugtig 'n paar roete-opsies op Google Maps bymekaargetrek en daar word besluit om deur die Anysberg Reservaat weswaarts te ry en dan met die Witteberge pad weer terug huiswaarts.  

Met 'n lid wat homself twee dae tevore breekribbes in Anysberg se sand geval het is ek maar eers skrikkerig, maar die eerste deel verloop mooi met die twee GSA's se suspensie wat omtrent moet bontstaan oor die klippe en deur die driffies.  Die koeligheid in die lug is welkom onder die baadjies, jy vorder selde bo 3de rat en op 'n warm dag sal klamblaaie jou voorland wees hier.

My GPS het vermoedelik 'n los konneksie by die Hella plug en kom net sporadies aan en af, so by die kantoor en kamparea aangekom vra ons eers aanwysings by die vriendelike veldwagters.  Skaars daar weg toe kom ons die sand gedeelte teë met motorfiets spore wat swaai-swaai daar deurloop.  Raait... staan op, effens terug, en hou hom hoog in 2de rat.  Met so een wilde kopskud dog ek amper dis nou so, maar met 'n verdere oordraai trek die fiets reguit en ek's anderkant uit.  Veldbrand volg kort agterna en ry skynbaar moeitevry daardeur met die stewige 1150 GSA.

'n Ent verder moet ek rem vir 'n gemsbok wat die pad kruis, en merk terselfdertyd op dat Veldbrand gestop het.  'n Smiley in sy rim laat die wiel byna onmiddelik afblaas wanneer hy 'n klip tref, maar na 'n gasbom en kompressor pomp hy hom ekstra hard sodat hy seël, en ons is weer voort.  Die res van die pad loop deur ongelooflike mooi kliprandjies en droë gruisdriffies, later selfs verby ou stasiegeboutjies van die destydse Makadas.  'n Vurk in die pad kan jou na of Montagu of Touwsrivier neem - ons kies laasgenoemde en die pad begin neig noordwaarts soos plase en huise begin meer word.  Kort voor ons by die hek van die reservaat uitgaan loop 'n trop wilde volstruise en springbokke sommer so deurmekaar, en met die fietse se gedreun raak die lot aan die hardloop - reg tussen my en Veldbrand deur, soveel so dat hy byna vir ons iets vir die pot saamgebring het!

By die "grootpad" aangekom vorder ons nou vinniger en bereik 'n wyle later vir Touwsrivier, waar ek eers 'n verkeerde afdraai vat tussen ou stasiegeboue deur.  Later wel op die besige N1 waar ons na sowat 30km weer na regs afdraai by die Witteberge bord.  Hier tref ons seker een van die mees onderskatte grondpaaie aan, dis 'n ongelooflike mooi vallei en die padoppervlak is van daai "6de rat en so hard as wat daai ding kan loop" tipe paaie.  Bulte, driffies en draaie en jy wens dat die pad nooit sal ophou nie.

Aan die oostekant van die vallei lig 'n steil gekerfde pad jou uit tot bo-op 'n plato, maar sak kort daarna weer af tot waar jy by die teerpad weer aansluit.  Hier draai ons links en 'n paar kilo's verder ontsmet ons ons stofaangepakte kele in die Laingsburg Hotel.  Na lekker gesels en innerlikes versterk is dit huiswaarts keer, en die grondpad vat ons later weer verby die Anysberg indraai van vroeër die dag.  Nou's dit terug op ons spoor, deur die Klein Swartberg en Outol passies totdat Van Zylsdamme se groen lusernlande op linkerhand ons terug verwelkom na 'n perfekte dag.

Hierdie is regtig 'n "must do" roete, so ruim volgende keer 'n ekstra dag in wanneer jy by Koedoeskloof oorbly, en gaan ry dit. :thumleft:

Kaart en paar foto's:
(Sien foto name vir beskrywing)
 

Attachments

  • 1 - Outol Pas.jpg
    1 - Outol Pas.jpg
    136.7 KB
  • 9 - Witteberge pad.jpg
    9 - Witteberge pad.jpg
    134.3 KB
  • 8 - Witteberge pad.jpg
    8 - Witteberge pad.jpg
    140.5 KB
  • 7 - Witteberge pad.jpg
    7 - Witteberge pad.jpg
    107.9 KB
  • 6 - Anysberg Reservaat - Naby die vurk by die Touwsrivier.jpg
    6 - Anysberg Reservaat - Naby die vurk by die Touwsrivier.jpg
    153.2 KB
  • 5 - Papwiel weens 'n (ou) smiley.jpg
    5 - Papwiel weens 'n (ou) smiley.jpg
    160.5 KB
  • 4 - Anysberg Reservaat.jpg
    4 - Anysberg Reservaat.jpg
    127.2 KB
  • 3 - Anysberg Reservaat - Inkomende wolke.jpg
    3 - Anysberg Reservaat - Inkomende wolke.jpg
    137.3 KB
  • 2 - Anysberg Reservaat - Inry vanaf oostekant.jpg
    2 - Anysberg Reservaat - Inry vanaf oostekant.jpg
    153.7 KB
  • Roetekaart - Anysberg & Witteberge.JPG
    Roetekaart - Anysberg & Witteberge.JPG
    196.6 KB
Nog foto's:
 

Attachments

  • 10 - Witteberge pad.jpg
    10 - Witteberge pad.jpg
    145.9 KB
  • 11 - Witteberge pad.jpg
    11 - Witteberge pad.jpg
    133.7 KB
  • 12 - Witteberge pad, Towerkop en Klein Swartberge in agtergrond.jpg
    12 - Witteberge pad, Towerkop en Klein Swartberge in agtergrond.jpg
    163.5 KB
  • 13 - Witteberge pad.jpg
    13 - Witteberge pad.jpg
    145.5 KB
  • 14 - Die bromponies.jpg
    14 - Die bromponies.jpg
    148.7 KB
Thanks vir 'n moerse lekker dag Jan.
Dis porn vir die siel.
Bly ons het dit gedoen en die sangoma sal seker in sy eie muti verstik as hy weet waarop hy uitgemis het....
Selfs ek wie skytbang is vir ou fyngemaalde rotse verstaan nie waar daai manne Donderdag so gesloeg het nie want daar was regtig nie baie of diep sand in Anysberg gewees nie. Maar op die bietjie wat daar was sou selfs HSK, Cocky en Le Orange Rapide baie trots gewees het op my. :biggrin:
Die Vark se keel is beslis skoon na die Witteberg pad....lekker gegooi.
Ons maak weer so. :thumleft:
Het net die twee om by te las.
 

Attachments

  • 20130323_125502.jpg
    20130323_125502.jpg
    139.9 KB
  • 20130323_120555.jpg
    20130323_120555.jpg
    118.6 KB
Net toe ek my gat draai toe gaan ry julle hom :biggrin:
Ek skryf dit op :deal:
 
Veldbrand, dit was inderdaad besonder genietbaar. Ou Sangoma sal 'n bitter pil moet sluk as hy weet hoe lekker ons gery het. (vir die wat gewonder het, ons plaaslike apteker wou saamry met sy GS1200, maar toe sy dinge nie uitwerk nie is hy eers "Kruiedokter" en later "Sangoma" gedoop...).

ChrisL, dit was werklik onbeplan, as Mutti-man saamgery het sou ons net Montagu toe gery het via Oubergpas, maar toe dinge anders uitwerk besluit ons toe op die Witteberge pad. And while we're at it, sommer via Anysberg.  Maar glo my, daai pad wil ek nog 'n duisend keer ry, so as jy mos nou weer kom... :deal:
 
Julle moenie net kyk nie, ons moet gaan ry! 
Ek dink nog altyd 'n Dwarsbar Bash is onafwendbaar in die nabye toekoms.  Dan gaan ry ons dié tipe paaie in die dag en sit om daai nuwe vuurmaakplek in die aand...
 
Karoo Rider said:
Julle moenie net kyk nie, ons moet gaan ry! 
Ek dink nog altyd 'n Dwarsbar Bash is onafwendbaar in die nabye toekoms.  Dan gaan ry ons dié tipe paaie in die dag en sit om daai nuwe vuurmaakplek in die aand...

Nou praat jy :3some: :3some: :thumleft:
 
DirtCopper said:
Lyk vir my veltie sukkel nog steed met daai voorwiel! :snorting: :snorting:

Ek dink ouens met lebben-fifties ry aspris met smileys sodat hulle ook iets kan saampraat as die manne kla oor hul fietse wat probleme gee...
 
DirtCopper said:
Karoo Rider said:
Julle moenie net kyk nie, ons moet gaan ry! 
Ek dink nog altyd 'n Dwarsbar Bash is onafwendbaar in die nabye toekoms.  Dan gaan ry ons dié tipe paaie in die dag en sit om daai nuwe vuurmaakplek in die aand...

Nou praat jy :3some: :3some: :thumleft:
Nou ja toe, hou op dreig en loer.
Dan moet ons dalk 'n drinkskrum doen om 'n emmer ys en so 'n klein omgesellige gatskuur/sameswyn uitpluis.... gou, voor ons moeg raak.
 
Gelukkige bliksems!! Dankie vir die deel!  :thumleft:
 

Latest posts

Top