Vinnige Weskus Wegbreek

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Matewis

Race Dog
Joined
Sep 23, 2013
Messages
2,500
Reaction score
149
Location
Soneike, Kuilsrivier
Bike
BMW R1150GS Adventure
2016 het begin met suur by die soet. Nuwe jaar, nuwe begin, nuwe voornemens. Vriend van ons groep het laasjaar sy pa aan die dood afgestaan. En begin hierdie jaar sy ma. Dit het my net weer laat besef dat mens elke dag voluit moet leef. En die mense rondom jou moet laat weet jy is lief vir hulle.
Ons het so lekker mal Whatsapp groep en die manne is erger as 2 swerms versamelvoëls net voor die son sak. So kon ons uiteindelik Sondag die 3de die grootste klomp van die groep bymekaarkry vir ‘n bietjie bike-ry. As mens in ag neem dat die verste man van Iran af kom wil dit gedoen wees.
Ons het afgespreek om mekaar 7:00 by die Slent/Malmesbury kruis te kry. Wikkels het my sommer by die huis kom haal en ons het vandaar gery na die ontmoetingsplek toe. Hierdie roete van ons is beplan om net teer te wees sodat ons die vrouens kan saamry.
Met die aankoms het daar al ‘n mooi klomp mense vergader. Ons het gegroet en ek het vir Heinie, Verné, en Johan ontmoet. Heinie al geruime tyd op ons groep maar nog nooit ontmoet nie. Die gewone gesigte was ook daar.
7:00 het gekom, 7:00 het gegaan. Iemand was laat. Kanarie en Leoné. 6:47 het die boodskap deurgekom. Ons ry nou. Nou van waar hy bly vat dit seker goed 10min om net uit die dorp te kom. 7:28 het hulle arriveer. Sy verskoning was daar ‘n gogga in Leoné se helmet ingevlieg het. Hy het van nature paar klappe op sy kopdop gekry en moes toe haastig ankers aanslaan sodat mamma die gogga uit haar helmet kan verwyder.
Volgende stop was Malmesbury vir koffie. My vrou se wange was so 1 bar aangesien sy nog nie haar oggend koffie gehad het nie. Oom Ewert het toe sommer besluit ons stop daar en het so stilletjies vir Chantelle laat hoor sy tong maak ook stof-wolke in sy mond.
Malmesbury Wimpy was ‘n vinnige stop vir koffie en toe val ons weer in die pad.

9lg0t3.jpg

Hy was net so groot!!
j0zimg.jpg

w9emps.jpg


Van hier het ons gery rigting Hopefield. Vir my wat by indirek by Boerdery betrokke is was dit nogal skokkend om te sien hoe droog dit werklik is. Die temperatuur het sommer vroegdag begin klim en ons almal het geweet ons is in vir ‘n ding.
Ons het langs die wind-turbines gestop vir ‘n vinnige foto. Mens besef nie hoe groot die goed is tot jy eers by hulle staan nie.

142ebvc.jpg

16i5e09.jpg

2uny6pf.jpg

 
Van hier het ek bietjie sweeper gespeel aangesien ek nog die heeltyd voor gery het. Die voorste 3 manne het reguit gehou Vredenburg toe en ons moes by Hopefield eintlik afdraai Velddrif toe. Hulle het gelukkig gesien die manne draai af en het gou omgedraai. Ons het vinnig regroup en vandaar die ore gedraai Velddrif toe.
In Velddrif het die manne wat nie BMW’s ry nie (lees swaar op petrol) hulle tenke gevul.

35a0umw.jpg

14m5d9i.jpg


Ons het hier vir Alan gebel en hy het gese hy is so 15min weg. Daar is besluit om gou ‘n draai by die hawe by Laaiplek te gaan ry aangesien ek laas mooi fotos daar geneem het. Net voordat ek die hawe inry trek hier ‘n 1200GS langs my in. Ou waai vir my. Eers click ek nie wie dit is nie en toe gaan die lightbulb aan, dis Alan!! Ons het mooi gestop op die hawe en toe het Alan vir Heksie aan ons voorgestel.

169f3wx.jpg

2znwrut.jpg


 
2ceqmh.jpg

2dca4ur.jpg

t8q0y8.jpg


‘n Allesoorheersende dors het ons oorval en daar is besluit om Teyana’s te besoek om hierdie dors te les.
Hier het ons vriendelike diens gekry asook ‘n lekker koue bier. Met die hitte het die missters ook geloop en die fyn druppels op ons voorkoppe was ‘n welkome ontvlugting van die dag se hitte. Leana (Heksie) het sommer lekker maklik ingepas en het opgemerk dat sy nou verstaan hoekom Alan ‘n liefdesverhouding met sy foon het. Dis nadat sy die eerste paar kwinkslae waargeneem het.

k4be35.jpg

Hulle bly darem maar mooi vir my

eb79s9.jpg

icqrk4.jpg

Ek en Gerhard

209lmv5.jpg

eulegg.jpg

fukvn.jpg

2uoqsqt.jpg


Die pad het nog lank voor ons uitgestrek en na die bier het ons terstond in die pad geval. Gerhard en sy pillion het ‘n pakkie gaan optel in Vredenburg. Ons het teerpad opgerol St Helenabaai toe. Ek was nog nooit hier nie so wou bitter graag die ekstra paar kilos ry en die plek gaan besoek. En was ek nie aangenaam verras nie.  Dit lyk soos die tipe plek waar jy net jou tent langs die see wil gaan opslaan, die sand is jou voorstoep, die rotse jou muur. Vuurtjie wat brand en ‘n lekker Kaptein en Coke. Ek wil verseker nog weer teruggaan vir ‘n naweek. En die area bietjie verken. Ons het deurgery tot by Britannia baai.


 
nwitzl.jpg

16gz9yd.jpg

mjmlq0.jpg

316tglv.jpg

2lthle8.jpg

s29quc.jpg

x54lqq.jpg


Ons is terug Vredenburg toe en vandaar deur na Paternoster. Nou hierdie plekkie is vir my nogal spesiaal. Hier het ek die eerste keer ‘n Captain Morgan en Coke gedrink. In die sogenaamde Panty-bar. Ons het al ‘n keer of 3 by Tietiesbaai saam met my pa’le gaan kamp. En was dit nie lekker nie. Alle kosse is voorberei op die vuur of op gas. Kreef is sommer daar in die baai geduik en verder is daar vis gevang en sommer net gekuier.

1z34ilf.jpg

9sqt7n.jpg

9r398n.jpg
 
Ek en my vroutjie het op die stoep gestaan toe julle deur St Helena baai is . Ons het ongelukkig kuier mense gehad anders het ons julle agterna gesit.
Daar is n lekker sand pad al teen die see af van St Helena na Paternoster asook n grond pad oor die bult .
:biggrin:
 
Plaas jy se die menae jy gaan net gou n draai ry.

Vir die res van die dag. Ja nee ek wil nog teruggaan en daai paaie gaan ry. Het die een oor die bult gesien.

Sent from my Z3
 
Is n wegbreuk en wegbreek dieselfde ding :peepwall: ;) >:D :pot:
 
Dit was so lekker om julle hier te sien verby ry, ons was regtig lus en join julle. Soos julle se hierdie is n plekkie wat jy somer tent op wil sit en net rustig langs die see wees. As jul weer die kant toe kom, laat weet ons en dan maak jul n draai vir koffie of dop. Dan wys ons julle die mooiste paaie en plekkies hier  :pot:
 
16m12sm.jpg

m92450.jpg

2r3knjb.jpg

208toc7.jpg


Heinie en Verné se mae het begin raas en hulle het solank koers gekies Juffroushoogte toe. Ons het Gerhard laat weet ons gaan nou ry. Intussen het Nico Nel ook kom oë wys en ietsie vir die keel genuttig. Daar was omtrent ‘n bedrywigheid rondom die hotel aangesien die weer bitter lekker was en almal nog in die vakansie luim was.
Ons het opgesaal en is vandaar deur Vredenburg na Juffroushoogte Gasteplaas en Restaurant. Hulle staan bekend vir hulle Moerse Burger en chips. En Moerse is hy beslis. Kanarie aka 46 het ‘n Dubbel Moerse burger en chips geeet. Die 46 kan ek nie hier verduidelik nie vir veiligheidsredes en aangesien my medies nie 2 weke in die ICU gaan betaal nie.
Die burgers was diep lekker. Van die mense het ‘n Nibble platter geeet en ek moet se dit het ook bitter lekker gelyk. Heinie-hulle het ander verpligtinge gehad en het bietjie vroeer vertrek. Die res van ons het die dag gerek tot op sy einde.

2dj52dy.jpg

b4cfgh.jpg

30jtri9.jpg

1jt2m1.jpg

2akjn6t.jpg

miggv6.jpg

Klomp vreed/tsame mense
29bg769.jpg

mw6wau.jpg

32zntoi.jpg

350l1rm.jpg

Kanarie aka 46 met sy MOERSE dubbel Burger
14ifx5g.jpg


Met die maage vol was dit tyd om die terugtog aan te pak. Ons sou almal weer vergader by die Engen op die Weskuspad aangesien ek daar wou volmaak. BMW mos lig op petrol. Ons het daar bymekaar gekom en ek het Witvos gou vol petrol gestamp. 17.97km/l met pillion en wind. Hier het ons vir Alan en Leana(Heksie) gegroet. Ons het so stukkie weskuspad gery tot by Yzerfontein en daar weggedraai Darling to aangesien ons die hele ent pad tot daar met die wind reg van voor gery het. die 15km Darling toe het die wind ons hel gegee skuins regs van voor. En die temperatuur het drasties die hoogte in geskiet. Wikkels se sy fiets het 36 grade gewys. Net buite Darling het ons gou gestop om net asem te skep en het vandaar gery na Malmesbury. Hier het ons mekaar gegroet aangesien oom Ewert N7 langs terug sou gaan, Kanarie met die agterpad Paarl toe, en ek, Wikkels en Gerhard tot by die Mikpunt pad sou ry.
Vandaar het ons maar redelik die perde losgemaak en ek en Wikkels het mekaar sommer so oppad gegroet.
Weereens ‘n baie lekker trippie saam met ‘n awesome klomp mense. Meer as een van die mense wat saamwas het dieselfde opmerking gemaak.
Dis lekker om mens te wees. Jy moet net ‘n lekker mens wees.

dwb5ef.jpg


2a5yvxe.jpg
 
Top