dual
Race Dog
Vrydag, kliënt buite die dorp vinnige taak om af te handel, naby Highlands en so bietjie tyd op hande, spring toe op die motorfiets, voltooi takie en ry Highlands en The Valley paaie, die verkeer nogal erg en ek wonder hoekom so baie voertuie op 'n Vrydag vroeg middag die grondpaaie sal aandurf, ontmoet nuwe vriend ook op Tenere, net op die teerpad van The Valley, ry 'n jaagduiwel 'n valkie se vlerk morsaf, hou net aan ry, ek stop, die valkie leef nog, maar sonder sy vlerk, wens ek kon hom vang en van se lyding verlos, by die N2 kry ek druk verkeer, die oorsaak, 'n ongelooflike lelike ongeluk by High Rising omgewing, voel skoon naar toe ek sien hoe die brandweer die pad skoonspuit, ry Houwhoek toe en vind die kerk en kerkhof langs die spoor, sluk 'n koue af en terug Hermanus toe