OK, danksy IDR gaan ons aan...
Wedwo se commuter: Puzey STX 200 Trail
Hitman se commuter: Bajaj XCD 125 DTS-Si
Almal wat van die plan hoor, vra dieselfde vraag: “Sal die Bajaj dit maak?”, waarop ek antwoord: “Sal maar sien hoe vêr ons kom – as hy kan werk toe en terug, moet hy kan Kaap toe en terug”. Dan het ek sommer vir Ewin McGreggor aangehaal: “It is an adventure, after all”
Ons ry deur Rocklands en klim voor die Van Stadens Pas op die N2. Gou-gou bereik ek my “cruise” spoed van 75km/h… gaan ‘n lang dag wees!!
Af van N2 en op R62 na Kareedouw, waar ons ons 1ste stop maak: koffie by die “Dutchman”.
Sal gou moet terug om ‘n pannekoekie te probeer…mmm!
Laat ons weg wees – ‘n misreëntjie hang in die lug – lekker koel vir die eerste dag.
Wat meer kan mens vra.
Vir sulke natuur moet ‘n mens beslis stop en bewonder:
…en skielik gaan die sluise oop
In die tyd wat dit my vat om oor die straat te hol en reënbaadtjie aan te trek, is alles sop nat. Ek trek maar aan – wie weet wat lê nog voor?
Mooi wêreld hier lanks die R62. Wie is so gelukkig om hier te woon??
So bietjie petrol vir die Puzey. Bajaj is nie baie dors nie – die dat sy magie (tenkie) ook maar klein is: 10 liter. Ook nie juis haastig nie – dit gaan seker hand-aan-hand??
Aan tot by Avontuur. Vloed skade, reën en mis… what to do?? Stoot maar aan – dis mos ‘n avontuur en ons issie bang nie.
Net om daai draai is dit net mis en modder – vergeet maar van kloof sien, wonder eerder oor wat drie meter af in die pad aangaan?? Ek stel voor ons los die vir ‘n ander dag wanneer ons kan sien waarvoor ons gekom het. Ons draai om: Oudshoorn hier kom ons!
Dis koud, die wind is sleg en my klere is nog nat onder my reënpak: hierdie magneet trek my nader! Ons drink heerlike warm koffie en geniet sommer ‘n quiche en ‘n muffin.
Die pad hier verby (N9) is mooi en ry baie lekker, en die natuur is ongelooflik mooi!
Oudshoorn is net te ver om ‘n kans te vat, so gee maar R50 se petrol.
Ons is in die Paradys – “Grootvoël Paradys”. Dit is 17h00 - waar slaap ons vanaand??
Kamp is opgeslaan, nou kan ons rus!
So, sommer op dag 1 verander die plan, maar ons is aanpasbaar. Solank die wiele rol is alles reg!!
Ek bel gou my neef op Gouda, ene Vaalbaas, en reël vir ‘n oorslaap Sondag-aand – dis nou ‘n gawe meevallertjie!
Ons eet ‘n burger en chips in die hoofstraat en kom kruip toe maar in – dit was ‘n lang dag.