Who said The Hell can't be done with a sidecar?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Maar dan weet ons...sidecar ouens is nie baie slim nie....hulle hou van stoei met n bike partykeer🤣
Issie snaaksie, my tanne is los geskud van die laaste twee dae se 720 kms op die sidecar!!!!En my regter bicep is verrek!! 😬 Dis als Karoo Rider se skuld!!😜
:p
 
Issie snaaksie, my tanne is los geskud van die laaste twee dae se 720 kms op die sidecar!!!!En my regter bicep is verrek!! 😬 Dis als Karoo Rider se skuld!!😜
:p
Moet se, sidecar ry is baie veeleisend as jy bietjie verder van die pad af gaan as die gewone grondpaaie. Dit raak baie interessant en verg heelwat konsentrasie wanneer dinge begin rof raak. Ek het bv die Hel gedoen met my 690 en dit was geen uitdaging nie. Met die sidecar was dit anders. Baie minder hp en nm as die 690 en baie meer gewig om saam te sleep teen die opdraendes. Engine braking tydens die afdraendes was meer sielkundig van hulp as wat dit in die praktyk gehelp het. Die Ural het heeltyd probeer weghardloop. Ek wil vorentoe die treinspoor volg langs die Weskus noorde toe. Dink dit kan ook pret wees.
 
Die Ural het heeltyd probeer weghardloop.

Daai weg hardloop bultaf het my al laat kners op my tannde!! 😬
🙈
 
Vertel ons eendag hoe dit gaan op n steil afdraande snot glad modder pad.
Jy leer gou tuck and roll😉
 
  • Wow
Reactions: TVB
Foto gevind
431858-21d1cdfd19a415aac4bba6d191ba0ff2.jpeg
 
Jis, dit lyk of dit lekker was. Baie dankie vir die deel. Moenie dat enige persoon jou afraai om pret met jou sidecar te hê nie. Ons sin het ons net talle ure se genot verskaf en as ons ooit op 'n ouderdom kom wat ons nie meer bike kan ry nie, sal die sidecar nogsteeds sorg dat ons miggies op die tande kry. O, en herhinder vir Junior dat die een in die sidecar word 'n monkey genoem. 🤪
Baie lekker en veilige myle vir julle en julle sidecar. Ons een se naam is Karretjie. 😁
 
Knap gedaan!

Alhoewel, as n gebore Rus, was die Ural seker nooit regtig uit sy gemaksone nie.....

P.S. Daai pad van Laingsburg wat by Floriskraaldam uitkom, glo ek is einste die.........hekke-pad!
 
DIE HEL MET 'N SYSPAN - BEESBOER SE STORIE
(Swartbergpas, Die Hel in die Gamkaskloofvallei, Floriskraaldam en Seweweekspoortpas - Januarie 2024)


Dit is 4 Januarie ongeveer 07H30. Die tyd het aangebreek vir die groot avontuur met die ou girlie (Ural met syspan)
View attachment 872275

Almal wat van hierdie plan gehoor het, het my ten sterkste afgeraai. Dit is volgens hulle ‘n mal plan. Die redes was uiteenlopend. Jy is al 67 jaar oud, veels te oud vir dit. Die Ural sal dit nooit maak nie. Dit gaan jou in die steek laat. Die pad in en uit die Hel is te erg en ‘n motorfiets met syspan sal dit nooit kan doen nie.

Ek wou ‘n sirkelroete doen wat die hele Swartbergpas insluit, onder in die Gamtoosvallei by die Hel in een van die ou oorspronklike huise gaan slaap. Die volgende dag weer uitry en deur Prins Albert gaan. Links draai, en die grondpad vat met die baie hekke tot by die Floriskraal dam en deur die Seweweekspoortpas terug ry na Mosselbaai. Ek was ‘n hele paar jaar terug op ‘n 3 maande solo grondpad “soul searching” toer wat hierdie gedeelte ingesluit het met die KTM690. Dit was van Pretoria deur al die provinsies tot weer terug wat sover moontlik grondpad ingesluit het. Toe ek die Ural koop en die geskiedenis lees van wat met dit gedoen was in die 2de wereldoorlog het ek besluit ek wil die Hel gaan doen. Indien die leser belangstel in wat met hierdie toer gebeur het, lees gerus verder.

Ek is nou nie ‘n skrywer nie dus sal die foto’s maar die meeste praatwerk moet doen.

Ek en Junior (ook nie meer regtig junior nie want hy het sopas eerste jaar BSC Landbou klaar gemaak) val in die pad uit Hartenbos. Vat die pad na Oudtshoorn oor Robinsonpas. Maak vol in Oudtshoorn en ry uit verby die Kangogrotte. Net daarna draai ons links en begin die Swartberg avontuur.
View attachment 872277

Dit is waar die avontuur begin! Na ‘n paar kilo’s begin die grondpad verby Kobus se Gat. Die begin van die Swartberg pas is prentjie mooi.
View attachment 872278

View attachment 872279

View attachment 872280

Die afdraai na die Hel.
View attachment 872281

Hierdie padteken moes reeds vir Junior laat besef het hy is in vir ‘n ding. Ignorance is bliss!
View attachment 872282

Piepie stop.
View attachment 872283

Die pad daar in die verte hou vol beloftes in!
View attachment 872284

Die pad is nog mooi! Min wetende wat wag nog vir ons vorentoe…

En toe begin dit interessant raak. Drie wiele, net een wat trek. Elkeen wil in sy eie rigting gaan. Geen reeling langs die pad, berg een kant, afgrond aan die ander.
View attachment 872285

Een van 3 waterkruisings oor die pad.
View attachment 872286

View attachment 872287

View attachment 872288

View attachment 872289

View attachment 872290

Nog water.
View attachment 872291

View attachment 872292

Een van die plekke waar die Ural steeks geraak het en dwars gespring het. Die geheim was om nie die pas te probeer jaag nie. Net genoeg spoed om oor die klippe te kom maar nie so min dat die fiets stol nie. Stol teen veral die terugkom aan die begin sal baie interessant raak want dit is baie steil op en die fiets se remme sluit terwyl jy agteruit gly selfs teen die fiets se motor wringkrag. Tussen ons 2 was ons meer as 200kg met seker, ten minste, so verdere 50kg aan kamptoerusting, klere, tools en spares. Die ou girlie se torque was plek plek maar min en moes ons die koppelaar oorwerk om die toere hoog genoeg te hou.
View attachment 872293

View attachment 872294

Die regering doen geen onderhoud op die pad nie. Hulle het onttrek van Gamkaskloof vallei. Die museum is toe. Nog ‘n deel van ons geskiedenis wat tot niet gaan. Ek glo nie die mense wat daar bly gaan die pad in stand kan hou nie. Dit is alreeds baie verspoel en plek plek sal dringend aandag moet kry.

Slegs die enkele huisies in privaat besit word nog onderhou.

Ons het darem lekker ge-eet met komplimente van die eetplek by die ingang. Baie aangename mense. Die huisie waarin ons gebly het behoort dan ook aan hulle.

Terwyl ons afgery het, het ek nogal gewonder of daar al voorheen motorfiets met syspanne daar was. Ongelukkig was ons nie die eerste nie. Ons was blykbaar die vierde in die 21 jaar wat die vrou van die restaurant al daar bly. Ons was egter die eerstes wat alleen sonder ander of ‘n hulpvoertuig die tog aangepak het.
View attachment 872295

View attachment 872296

View attachment 872297

View attachment 872299

Die Swartbergpas verder tot by Prins Albert was sonder enige voorvalle. Dit bly maar pragtig!
View attachment 872300

In Prince Albert moes ons eers die agterrem weer opstel, brandstof gooi voor ons verder is. Op die pad na Laingsburg is daar ‘n grondpad wat tussen die plase deur vleg en uiteindelik by Floriskraaldam uitkom. Ons het baie hekke moes oop en toemaak. Ek het probeer tel hoeveel maar naderhand by ‘n Zuma getal uitgekom en moet opgegee om verder te tel! Die pad het deur verskeie plase, onder andere, wildsplase gevleg. Ons het heelwat wild gesien. Meestal wildebeeste.
View attachment 872301

View attachment 872302

Daarna het ons links gedraai op die pad tussen Laingsburg en Ladismith. Die Seweweekspoortpas is baie besonders. Die hoe berge en kranse rondom jou, hier reg langs die pad is indrukwekkend. My foon se kamera kon dit nie vasvang nie.
View attachment 872303

Ons het langs die pad, die laaste van ons ekstra brandstof ingegooi om Ladismith te kon haal. Daar aangekom, volgemaak, iets ge-eet en toe Riversend om terug huistoe.

Vir die wat dink ‘n Ural is onbetroubaar. Laat dit ‘n les wees. Die ou girlie het foutloos prestreer met geen breekkasies of skade nie. Dit is egter baie belangrik om seker te maak dat die fiets goed deurgegaan word vir enige los boute en goed gediens is voor die tyd. Moenie die speke, wielrollaers, ens. vergeet nie.

Nog ‘n epiese ervaring kom tot ‘n einde!
Dankie vir die deel @Beesboer , lekker RR, jou verslag het lekker memories teruggebring.

Daai Urals is sterker as wat jy dink, dalk nie baie spoed nie, maar hulle is virseker sterk en het goeie torque in sy laer ratte. Dis nice om te sien jy kon dit doen met "junior". (y)

Ons het selwers Swarbergpas en die Hel gedoen in 2015, ek, die vrou en ons kuiken, en dit met die 1200BMW met syspan. Soos jy, was ek ook redelik bekommerd gewees oor daai stukkie pad. Ek het nie geweet of daai BMW se clutch dit teen daai steil hellings met al die gewig gaan maak nie. Ek was eintlik heel verbaas gewees dat ons dit redelik maklik baasgeraak het en sonder enige voorval. Inteendeel, dit het my net meer vertroue gegee oor waar oral ek met die sidekar kon ry. Sedertien het ons baie myle afgelê met die "karretjie", onder andere Namibia toe en ons het die Kalahari duine ook al aangepak.
Sonder om jou RR te hi-jack, hier is ons RR van die Hel sou jy belangstel.

https://wilddog.net.za/threads/dece...their-daugter-and-the-karretjie.165758/page-2
Geniet daai Ural en hoop hy neem jou nog op baie lekker avonture. Gebruik hom waarvoor hy gemaak is. 💪
 
Jis ek eht nou lekker gelees hieraan, wat 'n lekker avontuur! Dankie vir die deel, en die uitstekende fotos!
 
Hel, maar die pad lyk maar sleg op plekke. Ek sal beslis met my 1290 my gat daar sien van alle hoeke af.
 
  • Haha
Reactions: Ri
Jis ek eht nou lekker gelees hieraan, wat 'n lekker avontuur! Dankie vir die deel, en die uitstekende fotos!
Ons het baie meer foto’s geneem (107) maar dit sou dir RR te lank gemaak het. Kyk net wat die gesukkel was om die een te gelaai het. Sal ek probeer om nog ‘n paar te laai?
 
Ons het baie meer foto’s geneem (107) maar dit sou dir RR te lank gemaak het. Kyk net wat die gesukkel was om die een te gelaai het. Sal ek probeer om nog ‘n paar te laai?
Ja nee, gooi maar!

Die bestaande fotos, waat die pad so rof klipperig is... is die die pad af na hel se ingang? Of die pad verder daarna na die huisie waar julle gebly het? Ek vra want dit lyk ook redelik bebos, en ek onthou nie sulke bosserigheid vanaf swartberg pas tot by hel se ingang nie.
 
Wat 'n lekker trippie en iets baie spesiaal om dit nog as 'n pa en seun trip ook te gedoen het.

Welgedaan en baie dankie vir die deel.
 
Ja nee, gooi maar!

Die bestaande fotos, waat die pad so rof klipperig is... is die die pad af na hel se ingang? Of die pad verder daarna na die huisie waar julle gebly het? Ek vra want dit lyk ook redelik bebos, en ek onthou nie sulke bosserigheid vanaf swartberg pas tot by hel se ingang nie.
Hulle het blykbaar goeie reen gehad wat die pad baie gespoel het. Daar was plek plek baie jong boompies/bosse op die roete wat nie daar was destyds met my 690 ekskursie nie. Die een klip foto’s was onder. Ek kon nie neem waar dit so klipperig was teen die pas nie. Die rig het momentum nodig gehad en ek moes fokus want, soos genoem, elje wiel wou sy eie rigting neem! 😳😳😂😂
 
Ja nee, gooi maar!

Die bestaande fotos, waat die pad so rof klipperig is... is die die pad af na hel se ingang? Of die pad verder daarna na die huisie waar julle gebly het? Ek vra want dit lyk ook redelik bebos, en ek onthou nie sulke bosserigheid vanaf swartberg pas tot by hel se ingang nie.
Ons was al paar keer op daai pad af na die Hel, daar is so entjie na die afdraai van Swartbergpas pad so stuk wat bebos en partykeer baie klipperig is, afhangende van hoe hy instand gehou word.

Hell klip.jpg


@Beesboer, as jy vashak met die foto's laai, stuur vir my dan laai ek vir jou, 'n RR kan nie te veel foto's hê nie. ;)
 
Top