Enter Narnia

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dusty Rusty

Grey Hound
Joined
Sep 20, 2010
Messages
5,807
Reaction score
0
Location
Bellville
Bike
Honda XR250 Tornado
Op enige oomblik kan die Wit Heks haar  verskyning maak. 

Die  gespierde wit  koets-perde kom op die horizon te voorskyn  en begin die sneeubedekte landskap met ‘n haastige gallop oorsteek.  Die vrou  op die swierige slee-koets se lang blonde hare  dwarrel  punt-in-die-wind agter haar aan terwyl die koets oor die sneeuvelde voortklief. 
Die skaduwees van die perde val oor die verdwaaste  man en vrou en kom tot stilstand terwyl Jadis die leisiels behendig intrek. 

Net betyds, anders  sou hulle  soos platvertrapte gemmerkoekmannetjies in die sneeu gele het.    Die Wit Heks staar die twee uit die hoogte uit aan.    Kil, berekened.  Met ‘n skelm glinster in die oog,  net soos die van ‘n luisslang  voordat dit op sy prooi afpyl. 

Ek knip my oe verbysterend terwyl die koue deur my dik handskoene my hande begin brand.  Shit!    Turkish Delights en warm sjokolande sou darm nou vorentoe smaak!   

Dis,  hoe my eerste sneeu ervaring  vir my gevoel het.  Asof ek een van C.J. Lewis se karakters uit  Narnia was.    Ek’t  myself bevind in ‘n wonderlike, vreemde, geheime wereld van prag.  Ek noem dit, my “Enter Narnia’’ ervaring.  Alhoewel ons nie met die motorfietse gery het op daardie dag nie, wil  ek dit tog graag met julle deel.  Daar’s immers  nog Wilddogs wat nog nooit sneeu ervaar het nie! 
Die  sneeu het  so onverwags gekom soos ons naweekplanne. 

Laat die Saterdagmiddag is ek en Nismark na Ceres toe om by sy ouers te gaan kuier.  Die winter het sy dik grys mantel uitgehaal en  reen, koue, hael en ysreen  oor die Kaap kom uitskud.  Later daardie aand het Wind huil-huil in Ceres aangekom en  kwaad aan vensterrame  getorring  om by huise te probeer inbreek.   
 
Terwyl ek kop-onder-die-doewy in my bed gele het, het ek verwag dat Wind enige oomblik ‘n tak van die  ou okkerneutboom  sou afskeur en dit met ‘n harde knal,  op die grond sal smyt.    Klaas Merrie moes saam met die koue  die huis binnegesluip het, want so tussen deur die remoer van  befoeterde lugstrome,  het ek snaakse goed begin droom.

Op ‘n stadium, so tussen slaap-en- wakker  het ek met moeite my oe oop forseer om deur skefies te loer na wat my probeer wakker maak.  Dit was Nismark.  Ek onthou ek het iets gemompel in die lyn van: “Ek moet terug gaan droom toe.  Hy wil ontsnap uit die dieretuin. “    Hoe ek my deur- die- slaap- lyf in die tv kamer  gekry het,  weet ek  nie.  Maar toe die  kaffiene eers deur my are begin vloei, was ek amper weer mens.

Na ‘n stomende stort, toe ek kaalvoet  kombuis toe trippel vir nog  koffie,  vra Nismark op sy ernsige manier :  “Wil jy gaan sneeu kyk?”
Sy pa, Oom Nelson,  het van die boere in die dorp gekry en hulle die oom vertel dat dit sneeu by Matroosberg. 

Wil ek gaan sneeu kyk?

Wat!?

Sneeu!

Bogger koffie en  hare droog blaas, ons  gaan NOU sneeu kyk!  Dit was seker die vinnigste wat die Nelson familie my ooit gesien klaarmaak het.    Tannie Elsie het vir my haar gumboots, handskoene en ‘n warm wintersbaadtjie geleen terwyl Nismark mussies vir ons  gekry het.    Ek het  kompleet soos ‘n bakvissie gevoel wie  oppad was na ‘n Justin Bieber konsert!
 
Die pad Matroosberg toe was nat en stil.  Die uitsig van groen plaaswereld  was omraam met groot  grys- en-wit pofwolke.    Net voor Swaarmoed pas,  het ons die eerste teken van “’sneeu” in die pad gesien.  Dit was ys.  Seker so halwe baksteen bymekaar geskraap.  Soos ‘n spoorsnyer het ek uitgekyk vir nog tekens van sneeu.  Maar niks. 

Hoe verder ons met die pad gery het hoe meer vog was daar in die lug.  Hier en daar het blertse  sneeu teen rotswalle  gele.


 

Attachments

  • IMG-20130602-00043.jpg
    IMG-20130602-00043.jpg
    143.2 KB
  • IMG-20130602-00040.jpg
    IMG-20130602-00040.jpg
    100.2 KB
Soos wat ons verder gery het, het die sneeuspatsels meer en meer begin raak.    Dit het amper gelyk asof iemand  die hele berg  besprinkel het met versiersuiker.   
 

Attachments

  • IMG-20130602-00047.jpg
    IMG-20130602-00047.jpg
    80.8 KB
  • IMG-20130602-00044.jpg
    IMG-20130602-00044.jpg
    119.1 KB
Die sneeu moes deur die vroe oggend ure al saggies afgedwarrel het aarde toe en op die bome en bosse tot ruste gekom het.    Hoe hoer ons teen die pas opgery het,  hoe dikker het die sneeu en mis geraak. 
 

Attachments

  • IMG-20130602-00049.jpg
    IMG-20130602-00049.jpg
    147 KB
  • IMG-20130602-00054.jpg
    IMG-20130602-00054.jpg
    96.7 KB
Nismark het in sy kinderjare hier op ‘n plaas  grootgeraak , so sneeu is vir hom geen vreemde verskynsel nie. 

Op een geleentheid, vertel sy ma, toe hy nog  vier jaar oud was,  het hy een maal in  sneeu vasgesit.

Hy’t  buite in die sneeu gaan speel en op ‘n manier in  diep, los sneeu  beland.  Hoe  meer hy gewoel het om daar uit te kom;  hoe meer het hy homself  vasgewikkel.    Tannie Elsie-hulle het later  ‘n benoude “Pa!  Pa-a-a-a-a!” vanuit die huis gehoor.  “P-a-a-aaaa! Bggging die gaaaaf, ek sit vas in die sneeu!” 
 
Met elke ysdruppeltjie wat teen die voorruit van die bakkie geplons het,  het die opwinding al hoe  meer in my  gekriewel.    Die klein bietjie “versiersuiker” wat eers net hier- en- daar langs die pad gestrooi was,  het stelselmatig  dikker en digter  geraak totdat die landskap in ‘n  spierwit sprokieswereld verander het. 
 

Attachments

  • IMG-20130602-00056.jpg
    IMG-20130602-00056.jpg
    201.2 KB
  • IMG-20130602-00055.jpg
    IMG-20130602-00055.jpg
    195.3 KB
  • IMG-20130602-00059.jpg
    IMG-20130602-00059.jpg
    169.2 KB
Dit het gelyk asof dit wil- wil begin  reen,  maar dit was glad nie soos die  Kaapse sousreen waaraan ons  gewoond is nie. 
 

Attachments

  • IMG-20130602-00058.jpg
    IMG-20130602-00058.jpg
    125.4 KB
  • IMG-20130602-00060.jpg
    IMG-20130602-00060.jpg
    98.5 KB
Ons het verby twee of drie  CT-registrasie  voertuie gery wat  langs die pad geparkeer was om ook die yskoue winter wonder te aanskou.

Net duskant die Bloubank afdraai moes ons omdraai omdat  die openbare teerpad tot ‘n einde gekom het.

‘n Pappery van modder- en- ys bandmerke het gewys dat  nog mense dieselfde gedagte as ons gehad het.  Om te kyk waar die sneeu die dikste is.  
 

Attachments

  • IMG-20130602-00063.jpg
    IMG-20130602-00063.jpg
    159 KB
Nismark het vir my gevra waar  hy moet parkeer,  maar ek was so verwonderd met hierdie nuwe, vreemde mooi dat ek regtig nie omgegee het waar hy stop nie, ek wou net uit die bakkie klim!

Langs ‘n oop plaashek het die bakkie tot stilstand gekom.  Geen ander  motor of bakkie was in sig nie.Die sprokieswereld, so ver soos  wat die oog kon sien, was vir die oomblik net ons sin.
 

Attachments

  • IMG-20130602-00070.jpg
    IMG-20130602-00070.jpg
    90.2 KB
  • IMG-20130602-00073.jpg
    IMG-20130602-00073.jpg
    160.9 KB
  • IMG-20130602-00075.jpg
    IMG-20130602-00075.jpg
    158.7 KB
  • IMG-20130602-00077.jpg
    IMG-20130602-00077.jpg
    128.3 KB
  • IMG-20130602-00079.jpg
    IMG-20130602-00079.jpg
    136.5 KB
Die bakkie se voorruit sowel as bakseiltjie het  ‘n landingstrook geraak vir die spierwit ysbolletjies. 
 

Attachments

  • IMG-20130602-00085.jpg
    IMG-20130602-00085.jpg
    121.4 KB
  • IMG-20130602-00064.jpg
    IMG-20130602-00064.jpg
    141.6 KB
  • IMG-20130602-00084.jpg
    IMG-20130602-00084.jpg
    103.5 KB
Toe ek die deur oopmaak en my eerste voet buite die bakkie sit was dit asof ek ‘n papnat klap kry!    Van duskant  die bakkie het Nismark  vir my geroep:  “Dis nie sneeu nie! Dis  ysreen!”   

Dit was asof iemand besluit het om sy yskas se vrieshokkie te ontvries en die ys wat hy met sy hande uitgekrap het,  op die grond te gooi.    Ek was in vervoering oor alles.  Dit was soooooo ‘n bekoorlike prentjie. 
 

Attachments

  • IMG-20130602-00083.jpg
    IMG-20130602-00083.jpg
    201.2 KB
Die ysreen het soos klein bytjies,  ons velle met  yskoue stekies geprik. 

Die wind het dit skuins aangedra uit die wolke uit, wat mens se sig beperk het in daardie  rigting.  As jy die wereld regs van jou wou bespied moes jy jou oe erg op skrefies trek.    Nismark moes pa speel en my help om in sy ma se baadtjie aan te trek want die handskoene het my lomp gelaat.

Ek het my so vergaap aan die onbekende gesig voor my,  dat ek glad nie opgelet het hoe mens die dubbele ritssluier moet toerits nie.
 

Attachments

  • IMG-20130602-00086.jpg
    IMG-20130602-00086.jpg
    139.5 KB
  • IMG-20130602-00087.jpg
    IMG-20130602-00087.jpg
    163.9 KB
Alles was doodstil.  Dit was net ons, die ysreen en miljoene der miljoene sneeuvlokkies  op die grond.  Ons was in ‘n tydlose wereld van mistiek.

Ek het deur  die hek geloop, weg van die pad af.    Die gumboots het  hard op die sagte sneeu te lande gekom en ek kon voel hoe die sagte tekstuur hard raak onder die skoensool as mens jou voete op dit draai in ‘n halwe sirkel.  Ek het gevoel soos ‘n Kaylitha kind wie vir die eerste keer op tienjarige ouderdom ‘n  groot spookasem  gekry het en nie geweet het wat dit is, of,  wat  om daarmee te maak het. 

Ek wou net die betowerende oomblik vir so lank as moontlik inadem. 

Die gumboot voetspore was vir my mooi.  Waar elke voetspoor gele het was daar ‘n perfek uitgeholde  modder afdruksel in die middel.  Die deursnee laag van sneeu,  en modderafronding op die bodem was perfek geskei. 
 

Attachments

  • IMG-20130602-00091.jpg
    IMG-20130602-00091.jpg
    85.3 KB
Terwyl Nismark nog ‘n entjie agter my was,  het ek vir hom ‘n sneeubriefie geskryf, voordat ek, met ‘n baie lawwe dans, verder deur die sneeu gehop het. 
 

Attachments

  • IMG-20130602-00088.jpg
    IMG-20130602-00088.jpg
    78.5 KB
  • IMG-20130602-00090.jpg
    IMG-20130602-00090.jpg
    88.6 KB
Dis ‘n natuurlike instink om aan die sneeu te WIL vat.   

Ek het afgebuk en van die sneeu in my hande bymekaar geskraap.  Anders as die tekstuur van deeg waarmee jy iets sou bak,  bly  ys nie sag as mens dit  vorm nie.  Dit raak kliphard sodra mens dit saampers, wat dan meer die vorm van mens se handholte  aanneem.  Om ronde bolletjies te rol vir ‘n sneeuman,  is nie so maklik soos wat dit op tv lyk nie!  Ek het eintlik gewonder hoe seer dit sou gooi,  want dit was beslis hard! 

Terwyl ek onhandig aan die sneeu affere probeer vorm gee het,  het  Nismark vertel hoe hulle as kinders sneeuballe gerol het.  Jy maak  ‘n sneeubolletjie met jou hande, plaas dit op die grond en  rol dit dan met ‘n hupstootjie verder.  Dan sneeubal die bolletjie as ware en raak al hoe groter en groter. 
Nou in die movies,  gooi mense mekaar mos altyd met sneeu.  Toe die bolletjie rol  my begin verveel het  ek besluit om te kyk wat Nismark gaan maak as ek hom takel met ‘n klont sneeu.  “Doef!” Maak die sneeuklont ‘n sagte plofgeluid teen  Nismark.  Hy  het my net een kyk gegee en toe kry ek van my eie medisyne! 

Die koue was egter meer geniepsig as wat mens sou dink en ‘n minuut of wat daarna het ons hande  gebrandpyn van klonte saampers.  En Nismark het nie handskoene aangehad nie! Eina! 
 

Attachments

  • IMG-20130602-00095.jpg
    IMG-20130602-00095.jpg
    127.7 KB
  • IMG-20130602-00097.jpg
    IMG-20130602-00097.jpg
    138.9 KB
  • IMG-20130602-00100.jpg
    IMG-20130602-00100.jpg
    192.2 KB
  • IMG-20130602-00101.jpg
    IMG-20130602-00101.jpg
    116.1 KB
  • IMG-20130602-00102.jpg
    IMG-20130602-00102.jpg
    131.7 KB
At last. Die mense sal wonder van watter sneeu jy praat.

Jy sal moet verduidelik dat report omtrent n maand laat is..

:pot: :pot:

Nou kan jy die verneuk pan trip se report begin. :peepwall:
 
Hando said:
At last. Die mense sal wonder van watter sneeu jy praat.

Jy sal moet verduidelik dat report omtrent n maand laat is..

:pot: :pot:

Nou kan jy die verneuk pan trip se report begin. :peepwall:

Gistraand toe ek daai laptop oopslaan, toe spring Liefde sowaar al weer op my skoot!  :biggrin:
 
Stofdonkie said:
At last!

Gooi, ek't hoeka min werk.

:happy1:

Hallo Stoffies!  Jy en Nismark moet op julle boy's trip gaan sodat ek die groooot Birthday Bash report ook kan begin en klaarkry.  ;)
 
Nice,,dis lekker om dit te sien laat my terug dink aan my Lesotho besoek n hele paar jaar terug... :thumleft:
 
Met  brandende hande en loopneusies het ons terug gehol bakkie toe om uit die koue te ontsnap .  

Nismark het die bakkie aangeskakel en die lugversorger se verwarmer aangesit.  Ons het ons yskoue dom vingers in die  verwarmer se lugstroom gesit sodat dit weer kan lewe kry.  In die begin het dit ook so bietjie gebrand!  Die snoesigheid van die hitte was heerlik en so besluit  ons toe om verder af te ry met die pas  terwyl ons ons verlekker in die hitte.    
 
Meer motors het in die teenoorgestelde rigting verby ons begin ry.   En toe gebeur dit.  Die ysreen het anderste begin raak.  Wat nou begin val het was meer donsig, sag, groter.  
 

Attachments

  • IMG-20130602-00104.jpg
    IMG-20130602-00104.jpg
    94 KB
  • IMG-20130602-00105.jpg
    IMG-20130602-00105.jpg
    124.1 KB
  • IMG-20130602-00106.jpg
    IMG-20130602-00106.jpg
    97.2 KB
  • IMG-20130602-00108.jpg
    IMG-20130602-00108.jpg
    109.7 KB
Top