Riemvasmaak - n Celebrity en n sixpack.
Op die pad na Riemvasmaak moet jy maar wakker wees,veral as n konfooi 4x4's jou onder stof kom jaag.Die laaste stuk ,is n genadige teerpad en ons stop by n padstal voor die dorp.Norbit Coetzee,van Voetspore- faam kom verwelkom ons op die stoep.Johan Badenhorst het hom glo gehelp om die plekkie staan te maak.Terwyl ons n koel Fanta afsluk,borrel die man oor met stories.Stories, vertel met hangebare ,lag en n tipiese Nama-aksent.Die man het al meer plekke besoek as die normale sterfling.
Ons sien nie n plek om n paar biere aan te skaf nie en sak maar die paar km. af na die kampplek.Die 4x4's is al daar en almal baljaar in die warm bron se piepklein badjie - 40 grade ten spyt! Ek en Wim soek skaduwee onder n yl doringboom.Later kom die mans terug en skakel die voertuie solank aan.Die vroue en kinders kom later aangetrippel oor die warm gruis en spring in die voorafverkoelde kajuite.Dis in skrille kontras met die twee sterwende siele onder die boom.Die 4x4 -stofwolk vedwyn oor die berg- "been there,done that" en dis net die stilte en die hitte wat oorbly.Vir die eerste keer in dae verbreek Wim sy stilswye vanself:Hy gaan n sixpack soek op Riemvasmaak en toe's hy weer daai berg uit.n Uur later is hy terug met 6 quarts Hansa.Hulle hou glo nie die kleiner formaat aan nie en Irene(sy vrou) het gese,bier sal goed wees vir ons.Net die eerste een is nog vaagweg koud,maar daarna gaan dit hoofsaaklik oor ons gesondheid en geloof in Irene.
Toe die skadu oorskuif,gaan sit ons in die lou water en kyk hoe arend,bosduif en bobbejaan die kranse deel vir die nag.