Ses maande gelede nooi ek vir Wim saam op n trip deur die Noord-kaap en suide van Namibia.Gebore op Stilfontein,is hy n man van min woorde.Ons praat nie veel meer oor die trip nie,maar Saterdag ,9 Januarie,vertrek ons vanaf n reenerige Montagu.By die Tankwa Padstal is dit alreeds aansienlik warmer en teen Gannaga-pas,raak dit aan 40 grade.My ekstra petrol het langs die pad afgeval en die kan begin lek.By die uitkykpunt bo-op Gannaga maak ek die kan leeg en groet hom op Middelpos. Saterdagmiddag en Middelpos bak roerloos in die son.Dis droog en die Calvinia-pad laat dink my aan die Pofadder/Onseepkans riller.Ons slaan ons tente by Kleinplasie, buite Calvinia, op.Die plek is skitterskoon en ons kamp vir net meer as die prys van n sak hout.