DAG 3
Nou ja alle goeie goed moet seker ‘n einde hê.
Dis ons laaste dag en ons roete terug sou basies dieselfde roete wees as waarmee ons gekom het, maar daar was 'n stokkie voor gesteek.
Ek het deur die nag een helse verkoue of infeksie of iets opgedoen en omtrent niks geslaap nie. Ek het die een pil na die ander gepop net om beter te voel, maar niks het gehelp nie.
Vroegoggend was ek maar deur die stort en ‘n beker koffie probeer afsluk. Intussen het ons so stuk stuk beginne pak, maar ek was gedaan en het net pap gevoel. Einde ten laaste was ons darem klaar gepak en ma vra/sê ons moet maar eerder die korter teerpad roete huistoe ry. Ek was redelik verlig en summier saamgestem, aangesien ek so verk@k gevoel het en aan die ander kant was erge reent voorspel vir ‘n groot deel van ons roete terug,
So 9:30 vat ons die pad nadat ek nog redelik onder die prop was van al die pille. Om als te kroon het die wind ‘n hond uit ‘n bos gewaai, en sommer direk van voor af.
Nou as ons teerpad ry, dan ry ek gewoontlik voor om pas aan te gee. Ek hou mooi pas en ons ry so gemiddeld 115km/h, ma bly agter my, so amper in my slipstream. So vorder ons fluks, Bedford verby, toe Adelaide, hier stop ons gou vir bene rek en nog so pil of wat.
Ons vat weer die pad na Fort Beaufort en ek kom agter ma ry nie meer in my slipstream nie, sy bly so effe verder terug as voorheen. Ons is deur Fort Beaufort na Alice. Nou sien ek ma raak verder agter, ek verminder so effe spoed maar sien sy hou net nie by nie. Ek stop soos ek Alice inkom en wag vir haar. Toe sy by my stop sê sy die m/fiets voel asof sy nie krag het nie, sy loop nie soos voorheen en nou dat sy tot ‘n stilstand kom toe voel sy die agterkant hop so effe. Ek kyk en sien die agterwiel is pap, toe ek verder kyk toe sien ek die valve is ook sommer weg.
Ons trek in by die petrolstasie hier by ons. Ek haal gou die agterwiel af en ma sien daar is ‘n “emergency tyre repair shop” aan die ander kant. Baie verlig vat ek die rim en nuuf tube na die "emergency" manne, hulle stoei maar kry darem die nuwe tube in.
Kort voor lank toe is die wiel weer op en daar gaat ons, die keer hou sy by en sy sit weer op my gat.
Ons het sonder verdere voorvalle darem veilig by die huis uitgekom, in een stuk by die huis aangekom, met baie wind en so effense reentjie op die pad.
So lyk ‘n tube wat ek skat ten minste 20km, pap gery is, ons moes ‘n tang gebruik om aan die tube te vat en uit te kry, hy was net te warm gewees om met die kaal hande te hanteer, hy het amper gekook daarbinne.
EDIT: Vergeet om te noem daai is 'n heavy duty tube.