2 Broers en 'n Kaap toer

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

sakkewasser

Puppy
Joined
Dec 25, 2013
Messages
28
Reaction score
0
Location
Jeffreysbay
Bike
BMW R1200GS Adventure
Ja ja okay ek weet dis 'n jaar laat, no harassment needed please :p
Ek wens ek kon die 1000 foto's opsit maar ek sal die 10 bestes vat om my broer (krater) en my se roadtrip van 7 dae te beskryf, of pleinweg : DIT WAS AMAZING.

Kuier by vriende, 'n hartseer val, boetes, poue voer om te lok vir aandete :imaposer: (darm nie gebeur nie), en boonop 'n kans vir 2 broers om die kaap te sien.

Okay Dag 1 het ons uit Humansdorp vertrek en die ou Humansdorp pad gevat  langs die N2 tot by Nature's valley waar ons die mooi pas afgery het see se kant toe. Nature's valley is maar mooi. Van waar ons weer op die N2 geklim het Knysna ens tot in Hartenbos waar ons oornag het by vriende.
Dag 2 was die interesante, mooi, hartseer, damn seer, maar een van die beste dae van die trip. Die vorige aand het ons die passe geprint (ja ons het kaarte gebruik soos manne) en die volgende oggend was ons voor die son op. Gedose met koffie klap ons in die rigting van die beroemde Swartberg Pas, om die passe aan te durf wat voorle. Eerstens die teerpad gevat tot die son begin loer het vir ons en ons eers moes stop om ons gevoel in die hande terug te kry en foto's te neem. Toe kry ons die swartberg pas, en ja, dit is 'n pas om te beleef. Met die regte spasiering tussen ons op die grondpad het ons hom ingevaar al die pad VERBY die Hel... Bo die berg kry ons een van die wat nie weet 'n enjin in 'n fiets is beter as pedale nie wat vir ons se nee ons is so paar kilometer verby Hel. Terug draai toe kry ons die DANGEROUS ROAD padteken toe weet ons ons is nou op die regte plek.
So halfpad in die fantastiese pas, ek't dit selfs op my Go Pro  :laughing4: .... Moer ek neer. Sit jou ABS af en moenie oor los middelmanne ry nie, dit het my kop vir so oomblik verlaat. Na ek gehuil het oor my fiets(binnekant), 'n vriendeike motoris my gehelp het en ouboet terugkom en ook help, toe gaan ons voort tot in die Hel. Van daar af het ons terggery en die pad gevat oppad na Montegu pas toe. Geswelde voet en 'n vinnige besoek by die dokter wat nie die res van die rit aanbeveel nie ( ja right) gaan ons terug Hartenbos toe vir die aand. Was 'n laaaaaang dag.

Dag 3 het daar baie kilometers vir ons voorgele en ek kan nie al die passe onthou nie maar die rigting is daar. Van Hartenbos het ons eers 'n ent op die N2 gery tot ons afgedraai het (ons het gehoor van 'n farry!!!!) Farry is naby Malgas oppad Cape L'agulhas toe. Nadat ons die Suidelike punt van SA gesien het toe klap ons grondpaaie Hermanus toe en van daar af Kaap toe ( Ouma toe!!). Voet swel en swel.... :'(

Dag 4 Het ons nie veel getrip nie weens die voet en maar die Kaap ingeneem.

Dag 5 kon ons net nie meer stilsit nie en ons vaar toe die Kaap in vir 'n trip around Cape town and Cape point. Paar berge op en om die Kaap keer ons toe terug na die warm liefde van ouma toe (mooi foto waar sy ook wil saamry  :biggrin: ).

Dag 6 toe laai ons weer en ons was weer op die pad in die rigting van Hugeunot tonnel waar 'n paar bobbejane ons gejaag het. Deur die tonnel le toe die mooiste weer en pad vir ons voor,ons was dors ons het gehoor van 'n Klipdrift fabriek!!!!!!! (of iets) waar ons die winkel ingevaar het vir die aand se knertsie  :lol8: en 'n lekker lunch en 'n branna (Lekkerste Nacho's OOIT). Van daar toe ry ons Ronnie's Sex shop toe om te sien waaroor al die hoohaa gaan,jip dit was baie interesant om te sien en baie nice mense. Van daar is ons Warmwaterbeg toe waar ons vir ons 'n karavaan gekry het vir die aand. Toe ek vanaf my fiets afklim toe besluit mnr voet ( wat teen die tyd o swart/pers kleur het ) nee hy wil nie saamwerk nie en ek en fiets gaan grond toe. Nou ek weet nie waar ek die krag kry nie MAAR FIETS MOER NIE TWEE KEER NEER OP EEN TRIP NIE, en ek hou die fiets tot ouboet my  help en ek weer asem kon haal. Warmwaterberg het als, jy koop vleis daar en jy braai,3 swembaddens met verskillende water temperature, plek se naam se die temperatuur, en selfs 'n romeinse bad...Die swembaddens en romeinse bad sal nooit weer dieselfde wees nie.

Dag 7 het ons weer ons ysterperde opgesaal en in die rigting van Oudshoorn gevaar oppad Langkloof toe. By die George/Uniondale afdraai moes ons in die teenoorgestelde rigting ry vie petrol wat ons 'n goeie 2 ure gekos het toe ry ons terug en ons bereik die langkloof. Joubertina, Kareedouw, N2 en toe ja HUIS.

3200km, 'n Desember met 'n seer voet (ek't toe eers extrale geneem ens,was darm ok), foto's van 'n goeie trip en 2 broers wat die Kaap gesien het, LEKKER!
 

Attachments

  • 2.jpg
    2.jpg
    174.4 KB · Views: 272
  • 3.jpg
    3.jpg
    135 KB · Views: 273
  • 4.jpg
    4.jpg
    186.3 KB · Views: 268
  • 5.jpg
    5.jpg
    111.5 KB · Views: 270
  • 6.jpg
    6.jpg
    110.4 KB · Views: 268
  • 7.jpg
    7.jpg
    108.1 KB · Views: 266
  • 8.jpg
    8.jpg
    192.5 KB · Views: 258
  • 9.jpg
    9.jpg
    93.9 KB · Views: 264
  • 10.jpg
    10.jpg
    118.7 KB · Views: 260
  • 1.jpg
    1.jpg
    197.3 KB · Views: 277
Top