Ben 10 Eco Challenge 17 - 21 Mrt 2022 - Dag 1

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Difflock

Race Dog
Joined
Jul 27, 2012
Messages
1,598
Reaction score
64
Location
Kirkwood
Bike
Yamaha Super Tenere
Naand WD's ek weet nie of almal ook op WD's se facebook blad is so wil graag ons Ben 10 - Eco Challenge 17 - 21 Mrt 2022 trippy met julle deel.
Waar moet ek begin, ons het dit presies 2jr gelede aangedurf maar kon net 9 van die 10 passe vermag, Bastervoetpad was die een wat oorgeslaan moes word agv die locals wat ons afgeraai het weens die baie reën en verspoelde pad toestande.
Dit was voor "Covic19" en ons het Ben Mcdhui ook gery - daai tyd nie soos die keer Bottle Nek Pas.

Verlede jr top ek oor of ek weer die Ben 10 Eco Challenge wil doen of eerder Sani Pas deur Lesotho, Katse Dam en Vrystaat uit. My liefde vir Rhodes area het my keuse vergemaklik en man jy raak vasgevang in die landskap, so toe besluit ek Januarie dus weer tyd om vir n span die area te gaan wys en dat hul met hul eie oë die berge moet aanskou.

So het ek 2 mnde voor die tyd gehoor wie op is vir die uitdaaging / challenge om die Ben 10 Passe te vermag, van die ridders was greutig en ander onseker.
Wanneer datum vasgemaak is moet ons dit aandurf, come hell or high water. Jy kan nie die weer bestel nie, as die Liewe Vader besluit dit reën dan sous dit.
N week voor die tyd was my een oog op 2 verskillende weer apps, daar was lig in die donker tonnel van hoop op mooi of beter weer vir die trip. Vra n local, wanneer is dit n goeie tyd van die jaar om die passe aan te durf en as dit nie reën dan grins with skepticism hy vir jou 'EC Guy" Alfred.
Wel n maand voor die tyd toe is amper al die verblyf plekke op Rhodes vol bespreek agv twee groot geleenthede, n jong boer trou en Reitz Reunie, gelukkig plek in die gym gekry by Hilton "Alpine Swift Tails" waar ons later op gegradeer is n week voor die tyd na kamers agv n kanselasie.
Wel so vlieg die weke verby, ek laat maak vir ons t-shirts en ons sou 10 ridders gewees het, so week voor die tyd gebeur die onvoorsiende met 2 ridders (werks & familie verband terug slae) so is ons dan net 8 ridders.
Twee manne join ons van Benoni Gauteng (Johan & Riaan) waarvan Johan familie is van Boetie Whittle op die span, hulle ry al Woensdag uit Benoni en slaap die aand op Bloemfontein om weer die volgende dag deur te ry na Mountain Shadows Hotel.
So breuk die groot dag aan, die vorige aand word daar min geslaap agv die opgewondenheid van die trip.

Dag 1 - 17 Mrt, Donderdag weg getrek uit Kirkwood Engen 07:30 - R336 - Addo - R342 - Paterson N2 - Komgha River Pass - Howisons Poort - Grahamstown (Makanda) - Great Fisgriver Pass - Peddie - Keiskamma River Pass - King Williams Town - Kwabuso - Amazibula - Umgwali - Bolo - Kenzantoni - KwaDukatole - Tsomo - Emangweni - Kwaaimans Pass - Cala - Cala Pass - Elliot - Barkley Pass - (Overnight at the Mountain Shadows Hotel) 17:00
510km
Ridders van die dag : Pierre "Diffy", Chris, Boetie, Dups, Christo en Jacques.

Ek gaan laat die video greep die praat werk doen, hoop julle ry lekker saam en geniet die landskappe

 
Nou waar is die res? :cool:
Laat jy my nou lag, dus oppad, vat net bietjie tyd om als in 4K op youtube te laai bv 20min vat 12ure en Dag 2 wat Bottle Nek en Bastervoetpad Pass insluit gaan seker 24uur neem want dit was die hoogte punt van die hele trippy met die meeste video materiaal agv baie intresante dinge. Julle sal maar moet wag en sien, glo my fit gaan die moeite werd wees.
 
Soos die video die storie vertel wil ek ook net bylas van die manne se ondervinding en ervaarings. Daar was n uitsteekende samesyne van "the word go" almal het die dag geniet, ons het redelik baie gestop langs die pad om die natuur, landskappe en met mekaar te deel die stuk pad wat gery was vandat ons laaste gestop het ook deeglik bespreek wat wie gesien en ervaar het.

By Msh "Mountain Shadows Hotel" aangekom laat middag het ons vir Johan en Riaan daar gekry wat van Benoni via Bloemfontein oorslaap het. Ria "owner" het ons kamers uitgewys waarna ons ridders die dag se stof afgewas het om n koue lemmenatjie "paar biere" te nuttig en te deel oor die dag se roete so ook die volgende dag se passe wat gery gaan word.

Na n heerlike aandete "ox tail" en kuier slat ons die dekke "bed" vir n snooze.
 
A & A or (Andre and Allen) adv biker buddies on the dirt road:
Ons ontmoet vir Andre en Allen met aankoms by MSH en van die begin besluit hulle, ons ry saam die span môre Bottle Nek en Bastervoetpad Pas.
Wel ons het baie lekker saam die twee manne gekuier die aand en ook die volgende dag op die roete en glo ons sal defnitief in kontak bly vir toekomstige trippies.
Dankie chaps vir julle same syn en kammeraadskap, julle twee is werk voorbeelde vir die jonger geslag.
Ps: Julle het defnitief die regte wapens "motorfietse DR650 Suzuki &Honda XR650" gehad vir Bastervoetpad Pas, julle het soos wafferse motocross ridders daai pad oor geseil. Well done 👏.
 

Attachments

  • IMG-20220410-WA0063.jpg
    IMG-20220410-WA0063.jpg
    110.5 KB


Ben 10 - Eco Challenge
Dag 2: 18 Mrt 2022 Friday
Ons word die oggend gegroet met n beautiful sonopkoms, blou hemel na effens koelerige aandtjie en nie reën, nie dat ons enigsins reën weg wens maar jy het n paar dae na baie reën sonskyn nodig om dié passe te ry.

Ons pak die ysterperde met n opgewondenheid en stap af vir ontbyt waar Ria en haar span n heerlike spread voorberei het, gedurende ontbyt word daar weer gesels oor die dag se roete (passe vir die dag Bottel Nek, Bastervoetpad, Otto du Plessis en Joubert's Pass), weers toestande, volg afstand, kommenikasie ens.

Pssst daar was baie butterflies in die binneste van die ridders se harte "Jy kon in van die manne se oë sien" die afwagting het aangebreek, die Monster van alle berg passe Bastervoetpad and it did not disappoint us.

Julle moet verstaan ons is nie Advance Skill Ridders, ons is "your usual Joe", onfiks, werkende, deeltydse Advontuur stofpad ridders.

Ek gaan dat die video die praat werk doen, dus 48 min so sit tyd uit wanneer jy rustig is om dit te kyk anders "fast forward" jy net om deur te kom.

NB: Die meeste video materiaal is van Bastervoetpad Pas want dit het die langste tyd "6 en halfuur aan 36km" geneem, Johan Smith Photographer het probeer om van almal "Ridders" video materiaal te wys by elke hindernis. So party gedeeltes gaan bietjie lank wees op daai spesifieke hindernis, wees geduldig.
 
Epic! Julle ouens mag maar hoor, hats off to elke clutch, diff en suspension component daar...
Bleddie mooi manne!
 
Lekker gekyk. Jy nuwe naam moet Frans Marx wees :)

Ek sien daardie 4x4 het selfs 'n difflock :unsure:;)
 
Top