Baie lekker RR sover oom Harry. Kannie wag vir die res nie.........gooi :thumleft:
Al die pad van Upington tot onder op "Lampiesbaai" is my wereld.
Ek het vir 'n oomblik na my asem gesnak toe ek die pic van die gemmer kieterkat sien van Gharies.
Ek het 'n liefling kat gehad (my skaduwee) wat die 2 de week in Jan spoorloos verdwyn het, en ek se jou daai kat lyk op die dukte van 'n kat se holhaar nes myne
Net gou nog ietsie met jou deel: In 97 toe ek aan "kompers" voorgestel was, gaan werk 'n goeie vriend van my in Holland vir so 4 maande. Met 'n moerske gespook set ons toe e-mail op sodat ons mekaar op hoogte kan hou. Saans na werk sit en skryf ek toe so met die een vinger vir hom mails van so 10 sinnetjies met natuurlik ietsie wat op die ys le. Elke 3 de sin se ek eers hy moet wag, want ek moet gaan "refill". Hy wou toe later weet hoekom suip ek so baie en vinnig. Wat hy nie geweet het op daai stadium nie, is dat dit seker 3 doppe geneem het om 10 sinne te tik.
Nou weet ek hoe hy moes voel............
eepwall: