Harry the Buffalo
Race Dog
Die volgende dag so teen 4 uur is ons altwee wakker ??? Seker die honger pyne en ons besluit om oppie volgende trip ........nood kos saam te neem atch: atch: want dis nou die tweede keer wat ons n bloutjie loop.................eers was dit by die Back Packers in Augrabies en nou hier op Goudini :'( :'( So met die opstaan kom ek agter my maag issie te lekker nie maar skryf dit toe maar toe aan die min eet en min slaap.......dit sal toe later kom en my soos n POFADDER te byt > Die manne by BMW het ons vertel van Goudini moet ons die Slanghoek pad vat na Ceres en toe maak ons so. Baie mooi en regtig die moeite werd :thumleft: :thumleft: Op Ceres besluit ons toe om n gesonde breakfast te eet wat mens sommer stukke beter laat voel.