Bosbef4k

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Manic

Grumpy Mutt
WD Vendor
Joined
May 24, 2007
Messages
23,287
Reaction score
8,128
Location
ORANIA
Bike
BMW (all models)
Ek wou nog altyd die roete gaan ry. Was eenkeer daar met die bike, toe wil hulle my nie laat ingaan nie.
Die die 4x4 roete wat deur Addo loop, hy begin by Kirkwood, en eindig by Darlington dam.

So vanoggend 09h00 staan ek voor die hek, ek betaal die man my R500, kry my permit en daar gaat ek.
Yskas agter die seat, so drinks en chow is genoeg. Eers ry ek stadig, soek die diere, na 45min en net 1 vlakvark besluit ek die diere ding gaan nie werk vir my vandag nie, nou geniet ek net die ry.

So ry ek en die vrou rustig en bekyk die dinge, die pad is mooi, dink so by myself 4x4 se gat man, enige ou sal hier ry met n gewone bakkie he he he.

Later word die pad bietjie rof, walle en slote en so begin ons op en af hop maar dis mos maar nou n 4x4 ding, so ons moun nie te erg nie. Dit was bitter warm, bakkie het gewys 33 grade.

Na so 2 ure op die roete draai dinge egter. Eweskielik sak ons binne in n rivier bed in, met wilde klippe. Nou gaan dinge slakke pas, op teen die walle, af teen die walle. Hier besef ek ok dis nou n 4x4 roete hier, en die gewone bakkie sal nie hier ry nie. Voel toe ook sommer beter oor my R500 wat ek moes betaal ha ha ha. Vrou begin naderhand bietjie moun, en wil weet hoe ver nog?

Ons kap dit uit teen n laaaaaang bult, en toe ek bo kom, staan daar n bord wat my vertel START OF THE 4X4 TRAIL. wtf?

Ek dink by myself, as die roete waar ons nou op was die gewone pad was, hoe gaan die 4x4 roete nou dan lyk?

Fotos doen niks justice hier nie. Die hellings waarteen jy op en af gaan is niks om oor te lag nie. Die views is egter amazing!!

As jy onder in die rivier staan, dan sien jy doer bo is n pad, netnou si jy daarbo, en kyk weer in jou moer in af onder waar jy netnou gestaan het.

Die Hilux het gewerk vandag, Low range 2de en 3de heelpad. Op een plek kom ons om so 180grade draai al in die rondte, en toe voor my sien ek die een helse freakin bult, reguit op, en hoog. VRou het nog try iets tune van omdraai toe gaat ek. Was die enigste plek waar ek self benoud geraak het. Die pad was offcamber en bakkie het begin gly na die afgrond se kant toe. Het hom met momentum gevang, maar het nogsteeds gevoel of ons nie bo gaan uitkom nie. En dit was n hele ent reguit op, nie net 40m nie.

Was 9uur in by Kirkwood, en het eers 15h30 by die dam uitgekom.

Aangesien bikes glad nie hier toegelaat word nie, sal ek dit aanbeveel vd ounes met n 4x4. Dis genuine iets om te gaan aanskou.

Die roete was n heel ruk op my Bucket list, en nou is hy afgetick.

Laat die pics maar praat, sommer met my se fone geneem.

Awesome RR.
Die pics laat mens dink dit was uit en uit die R500 werd :thumleft:

Jou skryfstyl beindruk ook.
 
DirtRebell said:
Awesome RR.
Die pics laat mens dink dit was uit en uit die R500 werd :thumleft:

Jou skryfstyl beindruk ook.

Eish, my skryfstyl suck eintlik.

Eerste 30min was ek upset oor die geld, maar hier waar ek nou sit, sal ek dit weer betaal en weer gaan ry  :thumleft:
 
Sommer hier in my agterplaas....mmm....en nie eens n pienk milkshake kom drink nie :eek:

Lekker RR manic! En ja, dis bitter mooi wereld daai! :thumleft:
 
Mooi pierre, ek will hom ook ry.lyk bedonnerd  :thumleft:
 
Dankie , lekker gelees !!

Awesome pics  :thumleft:
 
Dankie vir die deel.  :thumleft: 
Nog altyd gewonder hoe daai pad lyk.  Sien nou dis een bevange roete, sal moet plan maak.  :drif:
 
Dit lyk beslis vir my na R500 wat GOED spandeer is, dankbaar dat jy dit geniet en gedeel het. :thumleft: Gooi weer een GOU!
 
Manic said:
DirtRebell said:
Awesome RR.
Die pics laat mens dink dit was uit en uit die R500 werd :thumleft:

Jou skryfstyl beindruk ook.

Eish, my skryfstyl suck eintlik.

Eerste 30min was ek upset oor die geld, maar hier waar ek nou sit, sal ek dit weer betaal en weer gaan ry  :thumleft:

Is daar kampplek/ B&B daar binne manic?
 
Knucklhead said:

Daar is 4 sulke oor nag huise. Hulle staan ook nie saam nie, wyd en suid verspreid.
Party het gas, party het niks. Party slaap 4, party slaap 6.
Het maar so op pamflet gelees wat ek gekry het met ingaan slag. Hulle nie self gesien nie.

My vrou het ook gecomment, dat dit sal bevange wees om halfway oor te slaap.

Mens moet respek hê vir die mense wat daai paaie uitgelê en gebou het.

Is daai bakkie nou weer te koop?...jy hou mos nie rygoed lank nie. :deal: ;)
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Is daai bakkie nou weer te koop?...jy hou mos nie rygoed lank nie. :deal: ;)

Ek het hom nou maar eers 2 weke.

Maar maak n offer, als is altyd te koop hier by my  :lol8:  :imaposer:  :laughing4:
 
Nee wat ek sien sommer al die verf is alreeds af van die onderstel af :peepwall:
 
Dis fokkol, jy moes sien hoe traan my oe toe daai klip in rivier die bash plate slaan dat enamel van my tanne af breek.

Nou is sy virgin gebreek, nou kan hy GERY word  :imaposer:
 
Knucklhead said:
Mooi pierre, ek will hom ook ry.lyk bedonnerd  :thumleft:

Amarok sal dit nie maak nie  :peepwall:  :imaposer:  :imaposer:
 
Top