Botswana en Namibië Julie 2015

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Ian in Great Brak River said:
Wow, dit was 'n toer met 'n bietjie van alles vir julle.

Dankie vir die geleentheid om saam te ry op 'n goeie RR.

8)

Baie dankie Ian en dankie vir die lees!
 
Baie lekker klaar gelees Ewaldt, hoop ons sien julle weer binnekort oppi pad!!!
 
OOOOMS said:
Baie lekker klaar gelees Ewaldt, hoop ons sien julle weer binnekort oppi pad!!!

Dankie Ooooms, hoop ook my wiele is gou weer onder my! Ek verlang na my bike! Dankie vir die saam lees en die aanmoediging!
 
Die oorspronklike plan...

Attachments

  • Total Route.png
    Total Route.png
    107.2 KB
EwaldSchmidt said:
Die ander het ook nie almal heel tuis gekom nie...
Op die dag tussen Kang en Lichtenburg het Johan se agter skokbreker heeltemal gedisintegreer. Hulle het ook baie genade gehad deur nie te val nie. 'n Treklorrie het tot hulle redding gekom en hulle Johannesburg toe gevat.  Johan se hele skokbrekerstelsel word tans oorgebou...

In daardie tyd het Francois 'n agterwiel puncture gehad wat nie langs die pad reggemaak kon word nie. Hy het toe Johan se agterwiel geleen vir die res van die toer...

Dit lyk asof net Richard se fiets dit heel anderkant uit gemaak het... 'n GS met oor die 120 000 km op...

Toe ons die toer begin reël het, wou ons vreeslik graag 'n back-up voertuig met 'n sleepwa gehad het. Maar niemand wou saam nie... Later het ons gesê: "Wat kan nou verkeerd loop? Ons ry mos BMW..."

Met genade het ons almal heel tuis gekom. En een van die dae is die BMW's ook weer reg... die banksaldo gaan nog so ruk vat om te herstel...

Net twee van die Bikes het by Manfred se gastehuis in Lichtenburg uitgekom... dalk moet ons 'n reunie ride hou soontoe...

"Toe ons die toer begin reël het, wou ons vreeslik graag 'n back-up voertuig met 'n sleepwa gehad het. Maar niemand wou saam nie..."
Julle het nie gevra nie.
 
Klein Torkar said:

Ag sorry man, ek dog jy was al LANKAL gevra... sou baie lekker gewees het om julle saam te he!
 
Met groot dankbaarheid teenoor Genesis115 en Welsch en Chris en Mark daar by Dream Adventure Motorcycles kan ek vandag sê: My Varkie is weer heel en tuis! 

Dit was so lekker om hom gister te gaan haal... Dankie vir almal wat gehelp het in die proses!

Attachments

  • 2015-07-29 14.19.34.jpg
    2015-07-29 14.19.34.jpg
    166.2 KB
Kwaai, bly om te sien hys weer oppi pad!!!

....jy seker ook....ken die gevoel  :(
 
EwaldSchmidt said:
Met groot dankbaarheid teenoor Genesis115 en Welsch en Chris en Mark daar by Dream Adventure Motorcycles kan ek vandag sê: My Varkie is weer heel en tuis! 

Dit was so lekker om hom gister te gaan haal... Dankie vir almal wat gehelp het in die proses!
Lekker
 
Dis mos waaroor so 'n trip gaan, Ewald.  Dit gaan nie net oor die toer nie, maar oor die avontuur rondom die toer.  Dis hoekom ons "adventure riders" genoem word.

Lekker saam gereis en saam seer oor die breek, saam bly oor die hulp en die genade!!  As julle weer gaan, gaan ons saam!!! 
 
Dankie Ewald
Dit was nou 'n lekker rr gewees. Bly om te sien jou fiets is weer reg. Volgende keer moet julle bietjie langer kuier
Se groet aan die res van die span as jy hulle sien
 
Top