BOZBAVOK 2012 wat eintlik 2011 moes gewees het...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Pote

Pote
Joined
Nov 3, 2009
Messages
6,271
Reaction score
5
Location
Bellville Cape Town
Bike
BMW F800GS
Ek sal maar so klein ride report opsit van my bike trip wat ek so paar weke gelede gedoen het, Ek het probeer om ‘n lekker trip te beplan maar na soveel keer wat ek dit verander het was daar toe net een keuse oor gewees… klim op die blerrie bike en ry net, die plan sal kom!!

Dag 1

Saterdag die 6de sleep ek my een vriend Francois saam Karoo toe, die ou was nog nie by Stonehenge gewees nie ek besluit toe ek gaan wys hom so bietjie hoe staan sake daar. Dis nou na ons eers die arme papwiel van hom moes regmaak…

Reg papwiel gefix en ons vat die pad deur Wellington oor Bainskloof vir ‘n brekkie by Calabash

1.jpg


Vanaf Calabash ry ons na Op-Die-Berg en maak tenkies vol ook maar net betyds gewees aangesien die garage om 12h00 sluit vir die naweek, vandaar ry ons oor na Katbakkies waar ons vir my tjomme Nismark en Dust Rusty kry, sy was so mal oor Francois se Funduro dat hy haar met ‘n crowbar moes verwyder…

2.jpg


Die uitsig vanaf die top van Katbakkies

3.jpg


4.jpg


5.jpg


Die plan was gewees om ‘n lekker steak onder by Skitterykloof te braai, daar gekom was daar mense wat ook dieselfde plan gehad het en ons maar hulle kole oor geneem.

6.jpg


Toe ons weer sien verskyn Roefels en Asjas ook om saam te braai, blerrie goed vat toe sommer my bier af…

7.jpg


8.jpg


9.jpg


Klaar gebraai en soos uit gewoonte die volgende stop Tankwa Padstal op die R355 so 80km buite Ceres

10.jpg


11.jpg


Na die lekker kuier by die Padstal ry ek en Francois verder met die R355 na Stonehenge, seker so nog ‘n 70km vanaf die Padstal, Nismark en Dusty ry weer terug Ceres toe.

12.jpg


13.jpg


Die plek het ongelooflike pragtige oop vlaktes waar mens vir ure kan sit en staar oor niks, as mens lank genoeg hier sit kan mens seker die geweld in die Middel Ooste oplos?

14.jpg


15.jpg


16.jpg


17.jpg


Hier is die uitkyk punt met braai plek vir ‘n ongelooflike sunset oor die Tankwa, moet net nie op jaag nie anders mag jy dalk ander kant af donner…

18.jpg


19.jpg


20.jpg


21.jpg


Die paadjie na bo

22.jpg


23.jpg


Francois het intussen vir hom solank die lekker kamp plekkie gevind terwyl ek op na die heuwel fantasies gery het.

24.jpg


Ek het sommer die ou spot geneem

26.jpg


Pragtig…

25.jpg


Klaar kamp op geslaan en tyd vir so paar koue black labels, daarvan nog later te sien…

25.jpg


Henk se nuwe braai plek, net een word om dit te beskryf, awesome

29.jpg


Hier in die Tankwa sien mens snaakse goed jong…

28.jpg


En van te veel nonsens praat mis ek die sonsondergang

30.jpg


Ek soek ook so braai plek

33.jpg


32.jpg


Die paadjie terug na die tent het mooi sonkrag liggies

31.jpg


Steak en pap was op die menu gewees die aand, ek dink dit is al wat op die menu is.

34.jpg


Na ete het ons vir Bernard wat daai lekker pap maak gaan opsoek in die kroeg, later het daar nog so paar mense kom inloer…

35.jpg


Francois en Bernard

37.jpg


Die snuif masjien… hy praat met jou!!

P11106831024x768.jpg


Hehehehehe

36.jpg


Francois se ander stof scooter…

38.jpg


Ek het gesien hier gaan moeilikheid kom die aand en het probeer wegkom maar die battery was seker maar pap?

39.jpg


En toe die moeilikheid

40.jpg


41.jpg


Heelwat later die paadjie terug tent toe

42.jpg


Dissie Jo’Burg nie, hier kan jy nog jou fiets buite los…

43.jpg


So vir oulaas met die kamara gespeel die aand

44.jpg


Right aangesien ek die sonsondergang gemis het moes ek darm die son kom groet toe hy sy gesig kom wys

45.jpg


46.jpg


47.jpg


48.jpg


49.jpg


Die oggend het ek vir Francois gegroet en self vir die ou grote ook gaan koebaai se

50.jpg


Net gou vir oulaas gehoor hoe dit by die huis gaan

51.jpg


Tata

52.jpg


Van hier af sou ek vir nog ‘n week alleen op die pad wees, net klim op en ry. Die R355 oppad Tankwa Park toe.

53.jpg


54.jpg


55.jpg


56.jpg


57.jpg


58.jpg


Die begin van Gannaga pas, ek het Bernard steak packs gekoop om vir lunch darm bo by Gannaga te braai

59.jpg


Lekker ou stukkie pas om te ry

60.jpg


61.jpg


62.jpg


64.jpg


Lunch time!!!

65.jpg


Die uitsig hier is net iets om te beleef, veral so op jou eie

66.jpg


67.jpg


68.jpg


69.jpg


Nadat die ou steak sy plek onder in my pens gevind het was dit tyd om verder te ry, nou Middelpos toe en later Calvinia toe.

70.jpg


71.jpg


Die pad vanaf Middelpos na Calvinia

72.jpg


73.jpg


74.jpg


In Calvinia aangekom en gou vinnig op ‘n Sondag middag ‘n biertjie of 2/3/4… gaan geniet…

75.jpg


Ek het sommer beluit ek kamp in die karavaan park die aand, lekker rustig gewees.

77.jpg


76.jpg


Die son sak en die keer groet ek hom betyds

78.jpg


En vir oulaas nog so een night shot voor Klaasvakie sand in my oe kom skop het vir einde van dag 2.

79.jpg

 
Top