Dorsland
Bachelor Dog
- Joined
- Apr 15, 2012
- Messages
- 12,894
- Reaction score
- 5,077
- Location
- Nie van hier nie
- Bike
- Honda CRF 300L
subie said:Dorsland said:Ek kry altyd so 'n verskriklike heimweë en verlange as ek sulke mooi verwaarloosde opstalle teekom. Ek dink altyd aan die harde werk wat dit geverg het om so iets uit die wildernis op te bou, hier is kinders groot gemaak, 'n bestaan gevoer, brood gebak en 'n harde bestaan uit die grond uit geboer.
En nou staan dit en stadigaan tot niet gaan. Die drome en hope van die pioniers slegs in die vrek dennebome en gehawende omheinings te sien.
Baie hartseer vir my. Ons volk se geskiedenis is met hartseer en weëmoed gevul.
Presies my gedagtes as ek die verlate opstalle so op die ver vlaktes kry. Hartseer en waar is die mense nou. Sit hul dalk oorsee aan die anderkant van die aardbol, leef hul dalk hul laaste jare alleen in n ouetehuis uit en kan van hulle nog onthou die menswees en lewe by die verlate opstal. :'(
My hoop is eintlik dat hulle êrens hier op hul grond begrawe is Subie. Ek kan nie dink hoe dit vir hulle moet wees in 'n ouetehuis nie, veral deesdae op die kleiner dorpies. En vandag se blinkspoggerige kinders laat hulle ook nie in die stad van stryk bring nie deur 'n oumens in 'n tehuis nie.
Ek het so 'n paar jaar terug op die EC Bash daar in die Baviaanskloof op die murasie van 'n ou plaas afgekom. Nogal 'n klomp fotos geneem met die gedagte om 'n storie oor my gevoeltes terwyl ek daar in die doodse stilte rondgestap het, te skryf. Al die brokstukke van 'n leeftyd was daar rondgesaai. Soos jy vra: waar is daai mense?
Van stof tot stof.
"Die mens - soos die gras is sy dae; soos 'n blom van die veld, so bloei hy." Psalm 103: 15