Daar is geen haas in die Karoo nie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
2StrokeDan said:
Ek het al eintlik persoonlik self n haas in die Karoo gesien.

Mag wel so wees maar hy was seker nie haastig gewees nie?  :imaposer:
 
[member=8876]2StrokeDan[/member]  jy weet mos wat is die verskil tussen "gratis" en "verniet"?

Sipho het gratis skoolgegaan maar dit was als verniet.

Nouja, dis die verskil tussen "haas" en "haas".  :lol8:
 
Dorsland said:

:imaposer: :imaposer: Ek hou van jou voorbeeld...... :thumleft:
 
.  Dít met die wete dat daar mense is soos [member=15312]Rooi Wolf[/member] wat in 'n hotelkamer in die vreemde vasgekeer is.  Dis donners onmenslik man!

Is jy letterlik in 'n hotelkamer vasgekeer Rooi Wolf?  Wie betaal dit?  :eek7:

Sit in Malaysia, wat min of meer dieselfde lockdown reëls as SA het. In week 3 in, van wag in hotel vir vlug. Was al 2 x keer oppad lughawe toe met bevestigte vlugte, net om op die nippertjie nuus te kry dat SA regering vlug gekanselleer het.

Ons kliënt het die "Force Majeure" kaart gespeel, so i.p.v. kliënt wat gewoonlik reis kostes dek, moet die klein maatskapy vir wie ek werk, nou sy hand baie diep in eie sak druk.
 
Dorsland said:
Nie té lank nie en ek is vir 'n ent op die Middelburg - Richmondpad.  Dis nogal lekker oop en stowwerig.  Ek hou mos erg daarvan as ek so in my spieël kyk en daar trek so 'n laaaaaaaaaang stofwolk agter my uit.  :biggrin:  Maar mens kan sien die paaie word omtrent glad nie meer onderhou nie.  Op draaie is daar nogal erge sinkplaat en ek moet wakker wees vir die slaggate in die grondpad wat die fiets se vurk so nou en dan behoorlik laat werk.  Die AT is lekker stabiel en gedra hom soos 'n Boerperd, koersvas.

Julle kan vir julself maar uitwerk watse toneelspel hom in hierdie kiekie afgespeel het.  Daai enkele verdwaalde Croc lê seker 15km van die naaste opstal, dorpe nog baie verder as dit.  Dis waaragtig tussen êrens en nêrens.  Daai man moes hom nugter gestap (of gekruip) het van daar af.  Dis moer ver na enige plek toe.  Veral as jy omval erg gesuip is.

Noodeloos om te sê gister was Vrydag gewees.  :biggrin:

Dis seker waar Ets die Kudu geslaat het.  :biggrin:
 
Hinksding said:

:laughing4: :laughing4: :lol8: ;)
 
Dorsland, jy maak diep gevoelens in n man wakker met jou praat, en jou verstaan en waardering van die Karoo en vorige generasies. Jy sal dat ek more opklim en n wye draai hier van die Kaap af ry, oor my neef se plaas buite Sutherland, ver familie buite Beaufort, Graaff-Reinet oor De Aar toe, om oral by plaas vriende te gaan groet en n slag weer diep asem te haal
Klink my jy verstaan nog die wereld reg
 
MildlyWild said:

Dankie [member=26458]MildlyWild[/member], ek voel dikwels dat my verstaan van die wêreld eintlik nie meer deesdae inpas nie.  Dinge is op hul kop jong. Bo is onder en dag is nag.  Dis tye soos dié dat 'n goeie fondasie belangrik is.  Die veld en die ooptes is my toevlug, daar werk dinge nog soos dit moet.

As jy wel besluit om daai rit te doen (wat ek natuurlik baie sterk sou aanbeveel  :biggrin:) dan kom stop jy hier.  Ons gastehuisie is oop. Ek sê so.  Goewerment se hele moer.
 
Ek sal met jou gesels voor die tyd 👍🏻. Waar is julle?
 
Dorsland said:
[member=8876]2StrokeDan[/member]  jy weet mos wat is die verskil tussen "gratis" en "verniet"?

Sipho het gratis skoolgegaan maar dit was als verniet.

Nouja, dis die verskil tussen "haas" en "haas".  :lol8:

:imaposer: :imaposer: :imaposer:
 
Lekker saamgery, ek hou daarvan om te stop en veld in te loop wanneer in die karoo!
Ek gaan sit sommer net en ruik die bossies en lug.
Ek kry dit nie reg om nie te stop en regdeur te ry nie, veral as daar Springbokke in die veld is.
Tyd en sommer al die sorge val weg as mens so in die veld is.
Toe ek laas Loxton na Oos London en terug is moes ek maar gereeld stop om seker te maak dat die Unimog nie dalk 'n Landrover olielek of dalk klippie in die band gekry het nie. :peepwall: :imaposer: :thumleft:
 
Rooi Wolf said:
.  Dít met die wete dat daar mense is soos [member=15312]Rooi Wolf[/member] wat in 'n hotelkamer in die vreemde vasgekeer is.  Dis donners onmenslik man!

Is jy letterlik in 'n hotelkamer vasgekeer Rooi Wolf?  Wie betaal dit?  :eek7:

Sit in Malaysia, wat min of meer dieselfde lockdown reëls as SA het. In week 3 in, van wag in hotel vir vlug. Was al 2 x keer oppad lughawe toe met bevestigte vlugte, net om op die nippertjie nuus te kry dat SA regering vlug gekanselleer het.

Ons kliënt het die "Force Majeure" kaart gespeel, so i.p.v. kliënt wat gewoonlik reis kostes dek, moet die klein maatskapy vir wie ek werk, nou sy hand baie diep in eie sak druk.

Mens kan dit eintlik nie glo nie, dat daar sulke vlakke van onbeholpenheid bestaan nie.  Ek dink aan jou [member=15312]Rooi Wolf[/member].  Hou moed my maat.  Moeilik ek weet.
 
Oubones said:
Lekker saamgery, ek hou daarvan om te stop en veld in te loop wanneer in die karoo!
Ek gaan sit sommer net en ruik die bossies en lug.
Ek kry dit nie reg om nie te stop en regdeur te ry nie, veral as daar Springbokke in die veld is.
Tyd en sommer al die sorge val weg as mens so in die veld is.
Toe ek laas Loxton na Oos London en terug is moes ek maar gereeld stop om seker te maak dat die Unimog nie dalk 'n Landrover olielek of dalk klippie in die band gekry het nie. :peepwall: :imaposer: :thumleft:

Dis al manier om langpad te ry [member=20511]Oubones[/member].  Die rit is dan mos deel van die ervaring en avontuur.  Maat van myne baie jare gelede het altyd gesien hoe vinnig hy van Johannesburg tot innie Kaap kon ry. Maak vir my nie sin nie maar elke ou vir sy eie ding.
 
Dorsland said:
Ek bring seker 2 ure of wat daar deur, sommer met niks besig.

Snaaksgenoeg is dit die gedeelte van jou plasing waaroor ek die meeste jaloers is. Laast keer wat ek so ervaring gehad het, was hoog op n duin teen die weskus met sterk wind wat klammigheid en sand op my gewaai het (ek geniet daai wind).

Dankie vir die deel  :thumleft:
 
GRRRRRR!!!!!.....jy ry voor my dorpshuis se stoep verby :angryfire: sonder om my te sê.......en ek was daar.

Ek dink ek sal jou moet kom sien die week en dit uitsort :biggrin:

ajax said:

Ajax, Dorsland het geweet Middelburg boere sit op hul stoepe en  :sip:

Groete  :imaposer:
 
Nou waar is jy Ajax? Kom sort dit uit hier man.  Bring net 'n masker saam.  :imaposer: :imaposer: :imaposer:
 
4 Kays said:
ajax said:
GRRRRRR!!!!!.....jy ry voor my dorpshuis se stoep verby :angryfire: sonder om my te sê.......en ek was daar.

Ek dink ek sal jou moet kom sien die week en dit uitsort :biggrin:

Ajax, Dorsland het geweet Middelburg boere sit op hul stoepe en  :sip:

Groete  :imaposer:

Ek dink ek het hom gesien met die Middelburg inry maar hy het nie gegroet nie toe hou ek maar verby  :peepwall: :lol8:
 
Top