TrailBlazer
Race Dog
- Joined
- May 3, 2007
- Messages
- 3,147
- Reaction score
- 1,102
- Location
- Port Elizabeth
- Bike
- Honda XL650V Transalp
Dankie Johan dat ek kon saamry... mooi gedoen!
McSack said:Mos gese...one of the most beautiful parts of our country to ride a bike ... and what a lekker bike to be doing it on.
Thanks for sharing your trip Dors.
If not for this lockdown nonsense, [member=20652]Psycho Porra[/member] , [member=14352]dieseldawie[/member] and myself would've been riding along there tomorrow
Sent from my BV9500 using Tapatalk
Did you have to remind me[emoji24]McSack said:Mos gese...one of the most beautiful parts of our country to ride a bike ... and what a lekker bike to be doing it on.
Thanks for sharing your trip Dors.
If not for this lockdown nonsense, @Psycho Porra , @dieseldawie and myself would've been riding along there tomorrow
Sent from my BV9500 using Tapatalk
Start onmiddelik, ma op luier is daar iets nie reg nie. Indien ek oopmaak sluk hy eers voor revs optel. Backfire ook op toemaak. Bo 2000 normaal. Het noual die onderste plugs omgeruil nous hy erger. ;DDorsland said:Ai Chris, dis 'n neukery. Draai die enjin maar willie vattie? Elektries? Of morsdood?
ChrisL - DUSTRIDERS said:Start onmiddelik, ma op luier is daar iets nie reg nie. Indien ek oopmaak sluk hy eers voor revs optel. Backfire ook op toemaak. Bo 2000 normaal. Het noual die onderste plugs omgeruil nous hy erger. ;DDorsland said:Ai Chris, dis 'n neukery. Draai die enjin maar willie vattie? Elektries? Of morsdood?
Dink ek gaan nuwe vonkproppe insit en dan kyk.
Eintlik kort die bike net bietjie Nam stof!!
Ek ken julle manne nie, maar lees net van al julle Karoo trips. Was ook al n paar keer daar met my KLR. Ek wens ek kon ook nou so daar sit en net die Karoo waardeer. Veral nou met die lockdown op ons. Dewet.Dorsland said:Dit raak al laatoggend en nóu raak ek honger. Ek ry aan opsoek na 'n afgeleë plekkie waar ek kan afsaal en uitspan. Oor 'n bultjie sien ek 'n windpomp nie ver van die pad af nie. Die tweespoorpadtjie loop deur die boer se kamp so ek hoop maar hy sal nie té moerig met my wees as ek in die ou Climax se skadu gaan teemaak nie.
My vrou het vir my hoendermayo toebies gemaak, my stofie en teegoed is ingepak, ek was sommer spoggerig en my kampstoeltjie ook ingepak. Ek kon seker vir my 'n tjoppie of 6 ingepak het maar ek het 'n heilige ontsag vir vuur en al dié gras laat my sommer benoud dink aan hoe vinnig 'n veldbrand kan ontstaan.
So tussen die teemaak en toebies eet moet ek kortkort my stoel skuif dat hy in die skadu bly. Dit raak nogal lekker warm, 'n gawe 25ºC.
Snaaks, op my eie plaas as my vrou vir ons so 'n veldontbyt pak dan is ek nooit eintlik geheel op my gemak nie. Ek sien altyd 'n werk wat gedoen moet word as ons so in die veld is. Kyk na die veld se kondisie, stap rond en kyk heinings, krale en so aan.
Hier, op 'n ander boer se plaas sien ek nie sy lekkende suipkrip en sinkdam raak nie, die windpomp se briek wat skort, die skaapmis in die lekbakke nie. Dis maar hoe dit is, hy sal seker volgende week kom aandag gee. Vir my is ek doodtevrede. Ek hou die veldvoëltjies dop soos hulle om die waterpoel baljaar en gons. Ek kyk die enkele springkaan wat nog hier en daar ronddwaal, die miskruiers. Ek het vrede.
Ek bring seker 2 ure of wat daar deur, sommer met niks besig.
DewetR said:Ek ken julle manne nie, maar lees net van al julle Karoo trips. Was ook al n paar keer daar met my KLR. Ek wens ek kon ook nou so daar sit en net die Karoo waardeer. Veral nou met die lockdown op ons. Dewet.
Sent from my PRA-LA1 using Tapatalk
Enter your email address to join: