Daar is iets in die eenvoud van 'n klein fiets op 'n grondpad

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Het nou lekker saam gery, jy beskryf die klein dorpie op so 'n manier dat ek voel of ek daar was en soos vele ander sulke dorpies met die koffie winkel wat toe is en straathonde asook mense wat swaarkry... so Deja vu gevoel ! Ek sien die ou kerk word darem mooi geverf👍
 
Ek ry Fauresmith binne vir brandstof. Ek weet OVK se buite vulstasie maak 13h00 toe Saterdae. Sonder volgooi gaan ek dit nie weer huistoe maak nie. Dis amper nie eens die moeite werd om die pomp te start nie. Blikemmer, die fietsie is lig op brandstof. :oops:😁



View attachment 907922
Blikskottel:oops: So kan mens nog bekostig om ver te ry, of sommer net enige tyd

Maak my moontlike besluit om die XC (23km/L+) te verkoop en net die 950 (15km/L-) te hou nog moeiliker :cautious:
Op n 500km rit is dit R766 op die 950 teenoor R480 met die XC teenoor jou R329 😬
 
Hier vroeg in die winter, toe dit so baie matige weer nog was, het daar 'n paar ordentlike donderbuie uitgesak noord van my plaas af. Van hulle het ek sommer so gehoor hoe val die reën. Hier op die Bergrivier lê sulke berge fluitjiesriet soos die water hulle afgespoel het. Op plekke het hy die heinings ook weggespoel. Vandag kabbel die water lekker so oor die vlak spoelklippe hier vlak langs die driffie waar ek stilhou.

View attachment 907915
Herken daai driffie...
 
Ai, nog 'n vervalle en verlate pragtige Vrystaat plaasopstal. Die heimweë van sulke gesigte dreig om my beet te pak, daar in die flou winterson langs 'n turksvybos op 'n grondpad êrens in die Suid-Vrystaat. Op 'n Saterdagoggend.

View attachment 907931
Elke keer as ek so n lee plaas huis erens sien wil ek dit net restoureer - van daai huise kan nog weer mooi wees sonder om dit fancy te probeer maak. Ek stop baie keer, loop n draai om, of deur as dit oop is, en wonder oor wat alles deur die jare daar gebeur het.
Hartseer om te sien hoe baie plaas huise oral leeg en vervalle staan :cry:
 
Hierdie lyk vir my soos vlakvark alley. Ek ry stadiger en hou my oë oop. Ek is nie nou lus om my agterent sonder 'n spieël te sien nie.

View attachment 907914
Hulle hou ook van wegkruip in die gullies wat onder deur die pad loop... dan spring hulle daar uit en kies koers voor mens se voorwiel. Die Vlakvark Bash gaan mense die geleentheid gee om jou deel van die Vrystaat te leer ken.
 
Your use/writing of the Afrikaans language is something to truly behold. The purity of the language has been lost for a while now, and continues to dilute into near obscurity.......

Keep it alive Dorsland, en baie dankie!
 
Thanks Rob. I find it really sad how bastardised Afrikaans has become. Even how mistreated English is too. People no longer have the ability to string two words together, never mind spell them correctly. I am glad you enjoyed it and thanks for the compliment. I appreciate it. (y)
 
Dit was nou n gawe trippie en daai wêreld se paaie trek my beslis!! 👏

Sal darem gaaf wees as ons kon terug na die dae van over dressed uit die kooperasie se rakke vir bike ry(sien jy hoe bilingual is ek)?!! 😜 💪

XL600R..jpg
 
Nice Johan! 👍..... How are you finding the crf300?

.... These bikes grow on you and before you know it, you've done 300km!

Mooi man! 😜
Hell Tommy, that bike is growing on me like a fungus. OK, I have only done around 400km on it now so the novelty aspect is something I am aware of. It reminds me so much of my TT500 I had back then. I am on a mission to simplify things in life. You may have gathered that from my posts about the "getting dressed to go riding" scenario. Ja sure, the big bikes are lekker; mile eaters, all the comforts one can desire and all that. But you know what? I miss my young biking days and their simplicity. THAT is what was lekker about riding a bike back then. I think I am in a reverse middle-age crisis. :cool: Instead of going big or going home, I want to toss extraneous stuff out. Riding kit, printers, old cell phones, camping chairs for bike trips, 64 different types of water bottles, CamelBak disinfectants, the 25kg of tools of which I have never ever used any of on a bike trip.

I honestly want to get back to spur of the moment decisions to go riding: grab my jacket, helmet and gloves and just go ride. Maybe for an hour or 2, maybe for the morning, maybe for the day.
 
Dit was nou n gawe trippie en daai wêreld se paaie trek my beslis!! 👏

Sal darem gaaf wees as ons kon terug na die dae van over dressed uit die kooperasie se rakke vir bike ry(sien jy hoe bilingual is ek)?!! 😜 💪

View attachment 907948
Maar wat keer ons Chris? Dis soos versekering. Daai Santam manne praat ons skoon skeitbang oor iets wat DALK mag gebeur. Dan betaal ons letterlik dusiende Rande maandeliks vir ingeval.

Ja, daar is ouens wat met fietsry baie seer gekry het, selfs gedooi het. Ek praat dit nie weg nie. Daar is altyd die risiko daarvan dat iets kan gebeur. Dit weet jy self al té goed. Die lewe self is 'n risiko. So nou raak ek gatvol vir aantrek en uittrek elke slag as ek wil gaan ry. Vir ketting olie, banddruk nagaan, ABS afskakel, rider mode kies, traction control op vlak II skakel. Nou ry ek nie meer nie.

Dalk gaan julle vir my hardop lag as ek my gat êrens afval en sê; ja ou Dorsie, grootbek oor die ATGATT en daar sien jy jou gat. Dalk is dit so. Maar nou ry ek darem weer. Kleiner fiets, minder goeterjasies, korter afstande, meer genot.

Ek weet nie, dalk is dit sommer valse bravado. Maar dis hoe ek voel.
 
Blikskottel:oops: So kan mens nog bekostig om ver te ry, of sommer net enige tyd

Maak my moontlike besluit om die XC (23km/L+) te verkoop en net die 950 (15km/L-) te hou nog moeiliker :cautious:
Op n 500km rit is dit R766 op die 950 teenoor R480 met die XC teenoor jou R329 😬
Ek moet ook sê ek vat dit baie rustig André. Dink my gemiddelde spoed was so 67km/u gewees vanoggend. Daai brandstofverbruik sal verswak namate 'n ou vinniger ry. Kyk, die 300 is nie 'n langpad myleter nie. Ek ken myself as ek 'n paar dae met die fiets gaan ry op 'n trippie. As ek eers omgedraai het en ek moet op die plaas kom dan wil ek ry en tuiskom. Die 300 gaan 'n mens lam maak op daai stukke.

Maar ek moet bieg, dit was vanoggend lekker om met 'n R100 noot vir 'n vol tenk brandstof te betaal. :love::LOL:
 
Het nou lekker saam gery, jy beskryf die klein dorpie op so 'n manier dat ek voel of ek daar was en soos vele ander sulke dorpies met die koffie winkel wat toe is en straathonde asook mense wat swaarkry... so Deja vu gevoel ! Ek sien die ou kerk word darem mooi geverf👍
As mens nou ge-emigreer het @GRUNT en jy kom êrens en jy beskryf so 'n toneel, wie sal dit verstaan? Hier weet jy dadelik waarvan ek skryf, jy voel dit sommer so in jou binneste, dít wat ek beskryf. En dis lekker is dit nie? Dis wie en wat ons mense is. Dít kan niemand ooit van ons af wegneem nie.
 
Top