Daar is iets in die eenvoud van 'n klein fiets op 'n grondpad

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Neewat. Ek is klaar daarmee. Nou, vandag.

What happens happens en basta daarmee.

… mr se kop moet hom nou nie los nie … safety first … Suza het op 60 km neer gekletter op die grondpad en haar “goeters” het haar gat gered … Christa gaan jou nie jammer kry as jy seerkry nie … 😂 bly om te sien jy like haar, hoe rooier hoe mooier …
 
Jis Johan, daai lyk nou lekker! Ek het ook planne in my agterkop wat n ligte fietsie en plaaspaaie insluit, maar dit sal eers volgende jaar beginne uitwerk. Nou maak jy my ongeduldig! 😂
 
Maar wat keer ons Chris? Dis soos versekering. Daai Santam manne praat ons skoon skeitbang oor iets wat DALK mag gebeur. Dan betaal ons letterlik dusiende Rande maandeliks vir ingeval.

Ja, daar is ouens wat met fietsry baie seer gekry het, selfs gedooi het. Ek praat dit nie weg nie. Daar is altyd die risiko daarvan dat iets kan gebeur. Dit weet jy self al té goed. Die lewe self is 'n risiko. So nou raak ek gatvol vir aantrek en uittrek elke slag as ek wil gaan ry. Vir ketting olie, banddruk nagaan, ABS afskakel, rider mode kies, traction control op vlak II skakel. Nou ry ek nie meer nie.

Dalk gaan julle vir my hardop lag as ek my gat êrens afval en sê; ja ou Dorsie, grootbek oor die ATGATT en daar sien jy jou gat. Dalk is dit so. Maar nou ry ek darem weer. Kleiner fiets, minder goeterjasies, korter afstande, meer genot.

Ek weet nie, dalk is dit sommer valse bravado. Maar dis hoe ek voel.
More Mater

Hoor en stem 200% saam met jou.
Mens beginne worry of jy alles ingepak het.....waarvan jy 99% nie die afgelope 4 jaar gebruik het nie, never mind vandag.
Lekker TR die, thanks!!!
 
Maar lyk my ek sal ander plan moet maak met my duct tape storie om die geskaaf van my skoene teen die raam te keer. Daai duct tape kry reeds riffels. Sal sien watse ander plan gemaak kan word.

View attachment 907919
Sny 'n stuk van 'n plastiek drom in die regte vorn en plak dit met daai dun double sided tape vas. Behoort die ding te doen.
 
More Mater

Hoor en stem 200% saam met jou.
Mens beginne worry of jy alles ingepak het.....waarvan jy 99% nie die afgelope 4 jaar gebruik het nie, never mind vandag.
Lekker TR die, thanks!!!
Dis net so Petri. Ons is as 'n volk mos bekend vir planmaak. Lyk my nou is ons plan om iets van als saam te ry en aan te trek, net vir ingeval.

Ons kla oor fietse wat té swaar is. Dan trek ons nog 10kg se ry uitrustings aan, bout 2kg se GPS, foonmonteer megêfters en USB sockets op die fiets en pak 5kg se gereedskap agterkop.
 
Soos ek sê, dis nog vroeë dae met die kleiner fiets @roxenz. Mens gaan beslis nie 'n multi dag toer oor lang afstande so maklik en vinnig met hom kan aflê nie soos met die AT. Maar hy sal dit beslis kan doen. Teen 'n rustiger pas wat vir my meer genotvol is. Ek is nie meer bekommerd dat ek nie alleen dit fiets weer orent kan optel as hy omval nie. Hy draai makliker om (U-draai), stoor makliker uit die stoor, deur 'n hek, af van die systander. Ek kom makliker in die saal.

Ek geniet hom baie tot dusver.
 
Dorsland ek vra sommer nou al asseblief 'n getekende eksemplaar van jou boek wat jy gaan uitbring na vore. Dankie
Baie dankie @Karoo Rider . Vir my is dit die ding van fietsry. Hy laat skiet bietjie die knope in my kop. Dan skryf ek lekker. Ek is bly as jy dit geniet :)

Dis my onderhandelingshefboom met my vrou as ek fiets koop. Sy sê dikwels vir my; man, gaan ry net bietjie dat jy weer kan mens word. ;)
 
Maar wat keer ons Chris? Dis soos versekering. Daai Santam manne praat ons skoon skeitbang oor iets wat DALK mag gebeur. Dan betaal ons letterlik dusiende Rande maandeliks vir ingeval.

Ja, daar is ouens wat met fietsry baie seer gekry het, selfs gedooi het. Ek praat dit nie weg nie. Daar is altyd die risiko daarvan dat iets kan gebeur. Dit weet jy self al té goed. Die lewe self is 'n risiko. So nou raak ek gatvol vir aantrek en uittrek elke slag as ek wil gaan ry. Vir ketting olie, banddruk nagaan, ABS afskakel, rider mode kies, traction control op vlak II skakel. Nou ry ek nie meer nie.

Dalk gaan julle vir my hardop lag as ek my gat êrens afval en sê; ja ou Dorsie, grootbek oor die ATGATT en daar sien jy jou gat. Dalk is dit so. Maar nou ry ek darem weer. Kleiner fiets, minder goeterjasies, korter afstande, meer genot.

Ek weet nie, dalk is dit sommer valse bravado. Maar dis hoe ek voel.
Dit maak vir my heeltemal sin - ek was ook nog nooit een vir die meeste/nuutste/beste fieterjasies nie - koop amper alles 2de hands ook. Ek wil nie eintlik n bike ry wat ek voel ek moet na elke rit se val/omval/skraap eers n versekerings eis insit om die fiets weer tot nat nuwe kondisie te laat herstel nie. Ook nie my toerusting nie.

(On)gelukkig hou ek van vêr, alleen en klein agterpaadjies ry, en sommer my tent erens opslaan, so dan het mens maar n paar goedjies nodig vir n bietjie gerief en gereedskap en goeters vir die wis en onwis, maar ek hou dit maar basies.

Almal is mos maar anders - sommige manne het n nuwe 890R met al die verstellings en dinge nodig om vir die dag die goeie grondpad Oases toe en terug te ry, en as dit hulle boksie vol maak is dit reg so.
Ek wil my goedjies inpak en vir n paar dae gaan weg raak op die agter paaie - alleen of saam met 1 of 2 pelle - ok, ek het nou eintlik net 1 vriend en my pa wat nog ry.

Geniet die eenvoud - die wereld is hopeloos te besig, deurmekaar, duur en ingewikkeld
 
Oom dors. Ek het lekker saam gery. Daar is iets aan die klein fietsies.. ek het gewoond geraak an my 990.. nou die dag op die plaas met dai xr190 weer besef enige iets ry... sonder all die jaste en helmets en op die plaas is net lekkerder. Omdraai in tweespoor is net so maklik. Sand het ook nie 100de perde nodig nie. As hy klein en lig is dan ry hy ook daar.. ek geniet my grootfiets met al die gear aan.. maar op so iets is mens meer vry... buite.
20240629_143849.jpg
IMG-20210809-WA0004.jpeg
 
Top