Daar is iets in die eenvoud van 'n klein fiets op 'n grondpad

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Maar lyk my ek sal ander plan moet maak met my duct tape storie om die geskaaf van my skoene teen die raam te keer. Daai duct tape kry reeds riffels. Sal sien watse ander plan gemaak kan word.

View attachment 907919
Ek is maar n arm boemelaar... moes nog altyd 2de handse bikes koop...
Kan dit nie oor my hart kry om skuldig te wees vir al die letsels op die bike nie.
Lekker om te sê:" ek kry hom so..."
Ek het as plaas seun my eerste bikes gery.. sonder al die veiligheidsklere... nooit seergekry nie. Ek stem samet jou. Al die goed belemmer net die ervaring.
 
Nice thread @Dorsland. Ek doen ook gereeld die simplicity ding, veral as ek op my lonesome trips gaan en veral op Limpopo se grondpaaie en veral in die hoogsomer. Sal die beskermende klere wat gedra is vir die lang N1 agterop die fiets vasstrep en net met my rybroek, boots en t-shirt die paaie verken, natuurlik met die sweterige kletterpet.

Swartbergpas en die Karoo se eensame paaie en daai lang pad tussen Upington en Brandvlei was n groot bederf so half nakend.

Lekker man, sal natuurlik nooit fotos hier plaas nie want anders word n ou na die Wilddog Goelaks kampe en soutmyne verban oor die skrapse gekledey op n scoot, hoe durf jy!;)
 
Kyk, enige ou wat half kaalgat tussen Upington en Brandvlei op 'n fiets kan ry sonder om sy nerwe af te brand, kan maar krieket sonder 'n boks ook speel. :p Dankie @Frikadella. Enigste probleem is nou soek 'n kort ryboetse en lees resensies en watnog. Nou lees ek al die bloeddorstige stories van ouens wat hulle voete en enkels en tone en knieë afgeval het en 32 maande geneem het net om uit die bed uit op te staan om te gaan pee. Nou bedink ek weer my bravado van vroeër in die fred. :unsure:

My gevoel bly nogsteeds dat – soos ek ry – sal ek redelik veilig wees om met kort boetse te ry.
 
@Dorsland

Johan, hoe is die torque "uit die draaie" uit?
Okay, of moet mens hom maar bietjie opwen?
@Petri as ek so lees hoe jy ry dan is jy ook maar 'n redelike rustige ruiter. So kom ek wees eerlik, die 300 is nie 'n AT of 'n Dakar fiets nie. Bygesê het ek nooit eens die helfte van die potensiaal van my AT gebruik nie. Ek weeg sowat 97kg en ek het nog nie gevoel dat ek nou waaragtig 'n behoefte aan meer krag het nie. Hy is nie pap nie, glad nie. Hy trek baie lekker deur die ratte, het genoeg krag in 6de rat om bult op en bult af te loop. Saterdag het ek 'n redelike steilte tot amper bo in 6de uitgery (in my GD-6 2.8 ry ek hom in 4de rat uit). Ek is net bo amper voor die kruin, af 5de toe. Daar is geen sprake van jy moet sy nek omdraai om te ry nie. En lekker te ry!

Ek is eintlik verras oor hoe voldoende krag die fietsie het. Dis nou wel 100cc verskil maar daar is hoegenaamd geen vergelyking tussen die 300L en die Bushlander nie. Dis soos 'n hammer en 'n skroewedraaier.
 
Last edited:
Kyk, enige ou wat half kaalgat tussen Upington en Brandvlei op 'n fiets kan ry sonder om sy nerwe af te brand, kan maar krieket sonder 'n boks ook speel. :p Dankie @Frikadella. Enigste probleem is nou soek 'n kort ryboetse en lees resensies en watnog. Nou lees ek al die bloeddorstige stories van ouens wat hulle voete en enkels en tone en knieë afgeval het en 32 maande geneem het net om uit die bed uit op te staan om te gaan pee. Nou bedink ek weer my bravado van vroeër in die fred. :unsure:

My gevoel bly nogsteeds dat – soos ek ry – sal ek redelik veilig wees om met kort boetse te ry.
Tel Crocs as kort boetse, sal help in daai 40 plus temperature.
 
Nee maar die doen verkieslik sonder sokkies dat daai wit stuk been n slag son sien!! 😜 :p 💪

Vellies 1.jpg
 
Ek is ok van mening dat jy nie n ding nodig het wat 2 pornstars van mekaar kan aftrek nie, ek dink dis hoekom ek die 500 so geniet.

Meeste manne gebruik baie min van die perde wat hulle fietse uitstoot, behalwe die ouens hier wat regtig nou seriaas ry soos Hollywood-hulle in daai Kalahari sand of ander manne wat erg balega met die nodige skills wat ek nie het nie.

Om my op n Katoom 1290 te sit is dieselfde effek as Binladen agter n boeing se stange, iewers gaan daar n fan en n popo in die storie wees.
 
Sê jy wat sopas 'n T7 gekoop het. :p
 
Top