DEUR DIE TANKWA NA VERNEUKPAN

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
met eish said:
Lekker trip ! Jy besig puik Afrikaans ! Laaste ou wat so geskryf het was my pa. Julle ouens is yl gesaai
Heeltemal korrek, my buurman mag maar.
Mooi so Janneman, ek geniet jou styl van skryf en wag al meer as 'n week lank vir die een.
En jy neem al hoe mooier kiekies. :thumleft:
 
Dankie KR dit is nou regtig n baie mooi verslag en besondere mooi fotos.
Die hond laat my dink aan n hond wat ons eenkeer by Ruacana se Hippo Pools kamplek gekry het. Hy het ook daar aan gekom en saam ge eet toe ons braai, hy het daarna die hele nag tussen die twee voertuie geslaap en na ontbyt die volgende more het hy gegroet en het verterk.
Weereens dankie vir die deel en mooi verslag en fotos, jy het n besondere lekker lees skryf styl en oog vir mooi fotos.
 
Vir n rukkie bespeur ek al n krieweling vir n trippie en toe ek hoor KR het twee weke vakansie begin planne bymekaarkom
en email's vlie heen en weer.
Trip word n week uitgestel maar hy gebeur.

Ek slaap sommer die aand voor die vertrek by KR om tyd te spaar en as ons al die roetes sou ry wat as moontlikes bespreek
is rondom die vuur sou ons baie lank weg wees en heel moontlik sou KR se kinders nie hoërskool haal want daar sou nie
geld wees nie!! :eek7:

IMG_2069_zpsd151c86c.jpg


Om tyd te spaar ry ons heelwat teer en die kameras rus n bietjie. Hierdie een oppad Oubergpas toe.

IMG_2070_zpscbf284c7.jpg


Oubergpas is een van die NoordKaap se mooi(ste) uitsigte(is daar so n woord?) Wind waai geniepsig en die stofie sukkel
om die koue water gekook te kry.

IMG_2074_zps901625db.jpg


Ganaggapas volg en ja hy is al baie gewys hier op WDs maar hy bly mooi en lekker om te ry. :thumleft:

IMG_2075_zps41e9c1ad.jpg


IMG_2076_zpsef097937.jpg


KR vertoef bietjie laer af om foto's te neem en sien die enigste bossie blomme.

IMG_2077_zps94d9db91.jpg


Bo op die kruin wag ek die swart vark in.

IMG_2078_zps5d56da42.jpg


Na die kruin van Ganaggapas is die pad vir so 10+km sleg diep modderspore(gelukkig droog) en as jy in een is bly jy daar!!!!
Ek het nog n nare modderonderosie vars in my geheue ;) :deal: :biggrin:

Ek het n plan om by n mooi ou verlate huis te slaap maar langs die pad verneem ons hy is afgebreek. Jare terug was ek op die huis
se stoep en ek het myself belowe ek gaan my tent op die stoep kom opslaan. Ek het selfs die geskiedenis van die huis uitge-
vind. Hy is in 1952 met n wolboom gebou maar in 1954 raak die eienaar siek en moes hy Calvinia toe trek. Sedertdien het
niemand in hom gewoon. Dis was n pragtige plek. :(

Ons kampplek vir die aand was asof hy bespreek was. Stil, doodstil met n stroompie wat hoorbaar onder in n klofie loop
en nie een mouter die heel nag. Ons was nog besig om te besluit of dit die regte plek is toe is my bedmaat al daar!!!

IMG_2079_zpsd6f70a5a.jpg


Ek het al gewonder of ek hom nie moet loop haal nie.

IMG_2088_zps9292fb26.jpg


Na ons als afgepak het vertel KR my hy het vleis!!!!!!!!!!! Kyk dit klop darem enige blikkieskos. Was dit nie vir hierdie
lekker vuurtjie nie was ons al saam met die hoenders in die vere.

IMG_2091_zps0eeaa049.jpg


En wie kan nou nie so n gesiggie n warm slaapplek gee nie? Ja die muishond wat hy twee weke gelede gevang het se
klankie was met ons maar hy het heelnag my voete warm gehou en hy wou net nie opstaan die volgende oggend!!

IMG_2092_zps20748dd3.jpg


Die ou lyk sommer depressief omdat hy nie meer in die tent mag lê die volgende oggend.

IMG_2097_zps0bb61d8c.jpg


Die was n blêrrie koue nag maar die dag het belowend lekker gelyk. Af met die klofie oor Jupiter's Drift  ;) en n draai gemaak
by n nie tuis vriend. Calvinia vir petrol en nog n koffietjie. Kort voor lank ry ons die grote Klipwerf binne en ek dink aan Breekbeen
wat hier rond groot geword het. Ons hou aan noord ry tot ons oos draai Brandvlei toe en laatmiddag kom ons op die pan aan.

Hierdie twee fietse het al n been of twee saam gekou. :thumleft:

IMG_2100_zps12a8bc62.jpg


Die ou donkie het stadig maar seker onder my vel ingekruip.

IMG_2102_zps50f7e661.jpg


KR het drie dinge op sy "bucketlist" gedoen op die trip en ek kon sien die pan vat die koek. Hy kon net nie genoeg kry van die
plek. Is nogal lekker om te sien hoe n mens se rymaat dinge geniet en ervaar. Ongelukkig kan mens net op n klein gedeelte
van die 48 000 ha pan ry maar dis genoeg om mens se lus te bevredig.

Brandvlei se enigste slaghuis kan julle maar ondersteun selfs die wors ook en ek is nie eens n worsfan. Omdat dit vrek
koud word op die pan gee KR my laataand n beker soetwyn. Hy gaan nog n drinker van my maak!!!! :eek7: :imaposer:

IMG_2109_zps9804065c.jpg


Omdat ek weet die wind kan erg waai op die pan het ons "binne" gekamp maar daar het niks wind gewaai nie. Die volgende
oggend toe ons opstaan toe roer hy al. Ek sê vir KR vandag waai hy ons linkerskouer plat en dit was ook so :biggrin:

IMG_2110_zps1cc24ae6.jpg


Ons vat kaart en hy wys links af Williston toe. Ons ry n plat leê stuk aarde binnie waar ons geen rygoed of mense sien.
Baie pragtige leê plaashuise en baie skape en die pad se toestand amper heelpad mooi.

IMG_2112_zps36facf32.jpg


Itsie vir die tande en vir Jmol. :thumleft:

IMG_2113_zpsf59137fe.jpg


Williston se Mall se toebies is moer lekker en hul koffie ook. Mug'n'Bean julle kan maar kom leer. :deal: Vir n rukkie skuil ons
uit die wind.

IMG_2114_zps0e087c88.jpg


Ons vat die grondpad Sutherland toe vir n ent en draai linksaf op n pad wat ek al lankal wou ry en hy was mooi soos ek
gehoop het.

IMG_2120_zps85fe4970.jpg


Net hier deel KR sy laaste Beachie met my.....................................gawe klong en toe word ons mos vir die tweede keer
vandat ons saamry gevra of ons pa en seun is!!!!!!!!!!!!!!! :imaposer:
My vrou het uitgewerk ek moes 15 gewees het toe ek KR reggekry het!!! :imaposer:

IMG_2121_zpsadb3794d.jpg


Ek hou van sulke paaie. :thumleft:

IMG_2123_zpsf2d5446c.jpg


By Elmar en Lizaan aangekom slaan ons kamp op op die gras en ek het alweer n aanhanger!!!
Elmar met sy XT 350 en die hondjie maak n 1000 skaap op n dag bymekaar as hulle moet.

IMG_2124_zpsda5c01a7.jpg


Ons kuier lank en laat en hoor baie interessante goed soos dat 1995 die kloof voor Elmar se huis in vloed was en verskeie
opgaardamme het gebreek. Al die water saam met ander riviere het uiteindelik ingevloei op Verneukpan!!
Vleis was daar baie en geselskap lekker. :thumleft:

Elmar en Lizaan ry die volgende dag saam met ons Laingsburg toe. Net voor ons albei klaar opgepak het kry ons altwee n
geskenkie. N Alluminium beker met AL3 Merino's se logo op!!!!!!!!!!!!!! So as iemand dalk n stoetram soek ek het die nommer ;)
Ongelooflik hoe koffie warm bly in die beker :deal:
Baie dankie dat ons by julle kon kom plak :thumleft:

IMG_2133_zpscc0c1b7d.jpg


Dis baie duidelik Elmar ry baie tussen bosse en slote want hy ry die 1200 soos n popspeelding :eek7:

IMG_2130_zpsfb2d6d79.jpg


Laat middag is ek weereens veilig by die huis. Stokflou van min slaap maar tevrede en n ander mens met baie nuwe
memories waarmee ek die ander inwoners van Huis Herfsblaar eendag kan verveel. >:D

KR dankie vir jou hulp en geselskap en belowe my as ek n storie vertel wat jy al by my gehoor het stop my asb!!!!!!! :imaposer:

Tot die volgende een wat se saadjie al geplant is.............. ;)
 
Lekker lekker lekker! Jis man ek is sommer lus om NOU my fiets te pak en more te ry.  En hoe vaal en dor sou ons lewens nie wees nie sonder 'n dankbare ou brak soos daai een wat kom afsaal het daar by julle.  En klop oppie skouer ChrisL dat hy sommer innie tent by jou slaap  :thumleft:

Eintlik moet ek nie sulke RRs lees nie want ek sien dit kan tot onverantwoordelikheid lei  ;D
 
Dankie vd kiekie vd Windpomp en die storie..  Soos Dorsland se - julle maak 'n man lus vir ry.

Se net vroeer vandag vir Ou Bees ek dink ek moet weer 'n hond aanskaf . . . . .  .

Sy't my net so onderlangs geloer  ;D
 
Baie, baie nice RR.

Chris, ek dink jy moet maar vir Rooiwalhond gaan haal as hy nie baas het nie.
 
Veldbrand said:
met eish said:
Lekker trip ! Jy besig puik Afrikaans ! Laaste ou wat so geskryf het was my pa. Julle ouens is yl gesaai
Heeltemal korrek, my buurman mag maar.
Mooi so Janneman, ek geniet jou styl van skryf en wag al meer as 'n week lank vir die een.
En jy neem al hoe mooier kiekies. :thumleft:

Dankie Buurman, en ook al die ander Honne se komplimente, ons druk maar net die knoppies, hetsy op die kamera of sleutelbord, en hopelik kom daar iets bruikbaars daar uit!  :thumleft:
 
Vettie said:
Baie, baie nice RR.

Chris, ek dink jy moet maar vir Rooiwalhond gaan haal as hy nie baas het nie.

As Amanda dit lees ry hulle NOU soontoe...  Nee wat daar naby was 'n plaaswerf, en toe dit begin roer daar met 'n trekker en bakkie het Rooiwalhond die stuk ingesit om darem net te gaan groet daar, maar ek vermoed hulle het nie op daardie stadium enige droëwors by hulle gehad nie, toe kom die ou later maar weer terug na ons toe!
 
Soos te verwagte 'n lekker RR met super foto's.

Na die maklike manier waar op daai hond toegang tot Chris se tent gekry het,
wonder ek nou net wat van die vier dames op Verneukpan geword het.  :pot:




 
Flatout said:
Soos te verwagte 'n lekker RR met super foto's.

Na die maklike manier wat daai hond toegang tot Chris se tent gekry het,
wonder ek nou net wat van die vier dames op Verneukpan geword het.   :pot:

:imaposer: :imaposer: :imaposer: Nogal gewonder wanneer iemand iets gaan sê daaroor...  Maar wees verseker dat ons onsself soos ware jintelmans gedra het!!! :deal: 
 
Hi en dankie weereens vir 'n wonderlike RR. :)

Dit wil mens net laat ry!!!
 
Great RR and a wonderful story line from both KR and Chris. Your photos are great and this has inspired me to use my 50SX and take photos to jack up my skills, even if goggas in my garden.
 
    Nou vir wat staan Chris dan so handjies-gevou daar by die klok of hy sou wag vir n pick-up?Mooi manne,julle haal sommer die byt uit die winter met die report.
 
Nog 'n mooi een manne
 
Pragtig!

Ek moes dit nou nie voor werk gelees het nie — daar is 'n goeie kans dat my fiets se voorwiel eerder Noord draai wanneer ek vanoggend die motorhuis uit ry.
 
Die trip se video:
(Soos gewoonlik is die Youtube kwaliteit maar nie te wonderlik nie, die HD weergawe hier by die huis lyk darem beter  ;D)

[flash=800,500]https://www.youtube.com/v/VOGy9GaHjjA[/flash]


PS:  Sopas ook iets geleer: as mens op die Youtube-ikoon hier amper heel regs onder klik om dit in Youtube self te kyk, klik dan op die "ratjie" en stel op "480" by die quality.  Lyk dan heelwat beter.

 

Attachments

  • IMG_0074.JPG
    IMG_0074.JPG
    30.9 KB
Hi Jan

Dankie vir die moeite om die video vir ons te laai.  Pragtig die Karoo en jou video!

Lekker ry
 
Top