Die hel toe en terug

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

DisasterRelief

Pack Dog
Joined
Oct 25, 2015
Messages
123
Reaction score
2
Bike
Yamaha XT 660 Z
Dag 1.
Ek en Mervyn trek weg 7 uur die oggend, Vrydag 20 Mei, van sy huis af in Bellville. Ons ry altwee Yamaha XT660Z Teneres. Ons is nog maar altwee nuut in die bike ry wereld en hierdie is ons tweede lang trip, en my eerste ride report. Merk op die lekker touring screen op my rooi bike...

Die plan:

Dag 1: Belville – Sutherland
Dag 2: Sutherland – Die Hel
Dag 3: Die Hel – Maatjiesfontein
Dag 4: Maatjiesfontein – Terug kaap toe

Dis nog donker en ons dodge traffic tot ons die N1 slaan. Stop gou vinnig vir petrol op die N1 en vat toe die agter Paarl pad, deur Wellington en Bainskloof pas oppad Ceres toe. In Ceres stop ons gou by Wimpy vir ontbyt en petrol en sleep R356 toe. Die grond pad is lekker en ons stoot hard want daar is nog ‘n lang dag wat voor lê.

Die eerste challenge is veronderstel om die Amandelnek Pas te wees, op paaie wat ek uitgewerk het met Maps4Africa. Ek mis die afdraai want, soos ons toe uitvind, die pad na die Amandelnek pas toe wat ek gekies het, is nie rerig ‘n pad nie. Die pad wat van die R356 af draai is erg sleg, los klippe en verspoelings sonder enige smooth stukke en ons werk hard. Klomp toe plaas hekke later, word die pad nog slegter, en Mervyn merk op: “Waars die f*kken pad?”. Anyway, die GPS wys rigting en vertrou hom maar. In een diep drif, steek ek vas en die bike val om, Mervyn mis ‘n goue kans om dit op die GoPro vas tevang. Uiteindeling kom ons by die Amandelnek pas self uit, en die pad verbeter aansienlik. Dink ons het so 2 ure aan 28km gery en ons is erg in die skik met ons self want ons reken jy gaan nie daai pad met ‘n 4x4 eers kan ry nie.

Hier kom ons agter ons het ‘n groot amateurs fout gemaak. Ons het net 1 liter water tessun die twee van ons. En dis harde rywerk en ons is dors.

Ons druk aan tot by die Ouberg pas en vat hom maar stadig, stop ‘n paar keer vir fotos en stoot aan. Harde werk om tot bo tekom, maar op die einde is ons dankbaar ons hoef hom nie af te gery het nie, want dit lyk erg moeilik. Maar die view is ongelooflik. Ons stoot weer hard aan Sutherland toe, want die pad verbetter aansienlik en ek het nou ernstig ‘n bier nodig.

Ons slaap die aand in die Sutherland Hotel, Mervyn het besluit hy wil bietjie droog wees en drink net Cokes, maar ek vat ‘n lekker paar biere, en wyn, en toe Olof berg en toe nog tequila saam met die locals. WTF?

























 
Dag 2
Dis vroeg die oggend in Sutherland, ek voel bietjie sleg en sluk maar ‘n paar Myprodols. Mervyn is so vars soos ‘n Karoo oggend. Na ontbyt moet ek die rekening gaan betaal en die manager sê ja, hy dink nie ek moes die rekening op ‘n leeg maag gesien het nie. Ons maak die bikes vol en sleep Mervewille toe. Die pad soos ek gereken het gaan aansienlik makliker wees, maar verwag wel ‘n paar verspoelings hier en daar agv. die reën wat hulle onlangs gehad het.

Ons draai af deur ‘n toe plaas hek Merveville toe en begin ‘n paar interesante pad vespoelings raak teloop. Oor die algemeen is die pad goed en ons kan lekker hard stoot maar leer baie gou, dat jy nie die driwe kan vertrou nie want hulle is almal baie sleg verspoel. In een lelike een kom ek hopeloos tevinnig aangejaag en maak dit net net deur. Maar toe ek die anderkant uitklim, ry ek in ‘n baie diep sand bank in en die bike steek vas. Ek perform ‘n textbook “duik en rol” en sien net Mervyn so blou Yamaha verby flash. Ek is fine maar sien toe Mervyn het die geleentheid gebruik om my bike meer aerodynamic temaak. In die slag om my te mis, ry hy my bike se touring screen mors af. Oh well, ons is altwee fine, rook maar gou ‘n sigaret vir die andrenalien en ry verder.

Net ‘n paar kilos en nog ‘n baie lelike drif later is Mervyn skielik nie meer in my agter spieëltjie. Ek vermoed die ergste en draai maar om. Daar kry ek die man en sy bike lê langs die pad op ‘n bos. Mooi man. Hy is in eerste rat deur die drif, en erns het die throttle geruk, die agterwiel gebyt en hom en die bike so paar meter gelaunch tot bo op ‘n bos langs die pad. Hy is fine, die bike is fine en dis maar nog ‘n sigaret. Ons besluit om die pas aanseinlik stadiger te maak, want as dit so aan hou kom ons nooit in Merweville uit nie.

Ons ry oor Rammelkop Pas, die view is weereens ongelooflik. Toe ons ‘n Merweville aankom is dit al 12 uur. Na ‘n bietjie gesukkel kry ek iemand om ‘n bier aan my te verkoop en Mervyn kry ‘n Coke. Van Merweville vat ons die grondpad oos na die R353 toe. Lekker stuk grondpad en ons jaag soos lekker. Dis hier waar ek my touring screen begin mis.

Op die R353 ry ons Leeu-Gamka toe waar ons stop vir petrol en vat daar na weer die R353 grond pad Prins Albert toe. Baie lekker grond pad. Ons stop in Prins Albert, ek vir ‘n bier en Mervyn vir nog ‘n Coke en praat bietjie in die met ‘n paar locals. Nice mense en hulle try ons oorreed om nog ‘n paar biere te drink, maar ons stoot aan Gamkaskloof toe. Ek dink nie ek hoef die pad af tot in die hel vir enig iemand wat dit al gery het te verduidelik nie. Dis harde werk, ongelooflike views en fun. Daar kom ‘n klomp ouens op groot bikes verby ons op pad uit die hel uit, ‘n paar GSAs en Super Teneres. Die manne is vriendelike en waai sommer so in die staan vir ons. Ek ry amper in ‘n minibus taxi met ‘n trailer vas wat onder uit die hel uit kom. Moenie vir my vra hoe jy met ‘n taxi daai pad op of af ry nie.

Ons slaap die aand oor in een van die gasteplaas se huisies en die mense maak vir ons ‘n lekker bord boere kos. Ek kry ‘n paar biere en ‘n bottel wyn by hulle en Mervyn nog koel dranke. Dis ongelooflik om daar onder in die hel tewees.





































 
Dag 3
Ons ry vroeg die oggend daar uit by die hel en op gaan aansienlik makliker as af. Op die pad uit is daar ‘n drif met sulke lekker groot los klippe. Mervyn ry voor en ek sien hy steek vas net toe hy die anderkant uitklim en ek kan sien iets is fout. Klim af en sien toe sy ketting het afgeval. Die ding is toe nog so bietjie opgefrommel in sy voorste sprocket in en ons krap kop. Uiteindelik trap ek op die ketting om hom uit die voorste sprocket te kry en ons werk die ketting so halfpad oor die bokant van die agter wiel se sprocket. Ons stoot toe net die bike agteruit en die ketting klim weer mooi op die sprocket en ons is erg in die skik met ons vernuf. Selfs met die ketting wat afval, vat dit ons 30 min minder om uit die hel uit tery tot daar waar die pad by die Swartberg Pas aansluit. Anderkant die pas stop ons by Kobus se Gat vir ontbyt en ek besluit dis al laat genoeg vir ‘n bier.

Net na Kobus se gat draai ons regs af oppad Groenfontein en Calitzdorp toe. Die pad word weer ‘n baie lekker grond pad en ons ry lekker. Huis se Hoogte Pas, Kruisrivierpoort pas tot in Calitzdorp waar ons stop vir petrol.

Ons draai af en ry deur die Seweweekspoort pas. Baie lekker pad om tery en sien klomp ander bikes. Almal groet heel vriendelik. Ons ry tot in Laingsburg en vat die N1 tot in Maatjiesfontein waar ons oorslaap in die Lord Milner. Ons stop die bikes en ek stap sommer reguit in die pub in en kry ‘n bier. Daar is ‘n groep ouens daar wat jy kan sien sit al van vroeg af kuier. Die een ou vra vir my “What do you guys ride?” ek sê Yamaha 660 Teneres en die ou sê “BMW all the way”. Ek dink vir my self “rerig?” Die man wil nie weet waarvan af of waarnatoe ons ry nie, of vir ons vra hoe is die pad sover of wat ook al nie, hy wil net sê sy bike is better. Idioot.

Ons eet lekker die aand by die Lord Milner maar ons is erg moeg, so dit is nie ‘n laat aand nie.






















 
Dag 4
Laaste dag. Ons eet lekker ontbyt in die hotel en klim weer op die N1. Na 26km draai ons links af op die grondpad wat na die Anysberg Natuur Reservaat toe gaan, my plan om daar deur te ry. Lekker stukkie grond pad tot daar maar toe is die hek wat in die reservaat inlei toe. Ek het duidelik nie genoeg huiswerk gedoen nie. Ons draai om en ry Touws Rivier toe waar ons gou stop vir petrol. Ek kry die papier kaart uit en praat met die petrol joggies en werk toe uit ons kan agterdeur Touws Rivier ry en daar op die grond pad klim wat Ouberg pas toe loop tot by Montagu.

Ry baie lekker grondpad tot in Montagu waar ons stop vir lunch by een of ander pub. Ry verder Robertson toe en draai af Scheepershoogte Pas toe. Op die grondpad begin die eerste tekens wys dat ons dalk gaan teëspoed optel. Wind begin bietjie erg waai. Ons druk deur tot waar die grondpad weer aansluit net voor die afdraai R43 na Villiersdorp toe. Die wind het verander van baie lastig tot bike om waai sterkte teen hierdie tyd. Een van ons pels in die kaap stuur ‘n Whatsapp boodskap en sê ons moet stoot, hier kom ‘n groot storm oor.

Ons ry deur Villiersdorp en vat die R321 Grabouw toe. So paar kilos voor Grabouw begin die reën maar ons ry maar aan. Klim op die N2 en ry toe maar baie versigtig oor Sir Lowry’s Pass. Net anderkant die Strand moet ons paaie split aangesien Mervyn Bellville toe en ek Vishoek toe. Dit reën nogsteeds en ek en Mervyn skreë vir mekaar by die verkeersligte cheers en dat dit was erg lekker was ens.

En dit was rerig ‘n lekker trip. Baie mooi gedeeltes van die land gesien, baie lekker en uitdagende grond paaie gery, ons Yamahas het weereens perfek al die pad gewerk en teen die tyd wat ek in Vishoek stop, het die reën al die meeste van die stof van my klere afgewas.











 
Daai Merweville pad bly 'n wenner - lekker los driffies ens.
Julle die ketting se tension opgestel nadat julle hom teruggesit het? 
Lekker RR  :thumleft:
 
Een van julle infamous driffies 2 jaar terug  ;D
 

Attachments

  • IMG_1514 (Medium).JPG
    IMG_1514 (Medium).JPG
    90.4 KB
  • IMG_1515 (Medium).JPG
    IMG_1515 (Medium).JPG
    157.2 KB
Nimmo said:
Daai Merweville pad bly 'n wenner - lekker los driffies ens.
Julle die ketting se tension opgestel nadat julle hom teruggesit het? 
Lekker RR  :thumleft:

Nee, nie die tension verstel nie, maar vermoed dit was die probleem. Sal moet gaan lees wat presies die workshop manual sê oor hoeveel speeling hy moet hê.
 
Pretty nice Epic RR :ricky:

Thanks a lot for taking the time to share it with us :thumleft:

I am looking forward to being afforded the opportunity again to head of to "Die Hel" again. Swatberg Pass & Pass leading down into Die Hel is truly an awesome ride indeed.
 
Die is een van die .(Nou nie groot kop kry nie ne)
Mooiste ooiste foto van die Hell.

NET!!!!JIES!!!!
 

Attachments

  • D2_13%20Die%20hel_zpse0ie1oox.jpg
    D2_13%20Die%20hel_zpse0ie1oox.jpg
    341.8 KB
befok!!

Dankei vd deel, stunning  :drif:  :drif:
 
Ga klink na stupid vraag.

Maar wat is onder in Die Hel?

As ek daar afsteek, wat moet ek saam vat en wat nie. Kan mens kos of drinks koop daaronder?
 
Manic said:
Ga klink na stupid vraag.

Maar wat is onder in Die Hel?

As ek daar afsteek, wat moet ek saam vat en wat nie. Kan mens kos of drinks koop daaronder?

Ons het by Gamkaskloof gaste plaas oor geslaap https://www.diehel.com/farm_house . Hulle het 'n paar huisies, klaar opgeslaande tente, restuarant en winkel met bier en wyn. Hulle kan of vir jou 'n braai pak aanmekaar sit of 'n lekker bord kos.
 
Lekka RR and awesome route, thanks for sharing  :thumleft:
 

Latest posts

Top