Dusty Rusty
Grey Hound
‘’Nelis!” roep Dusty Rusty gang-af na Nismark. ‘’Ek het ‘n voorstel! Kom ons ry Botlierskop om fliek toe!’’
“Ons kan so maak ja!” Kom sy stem uit die kombuis.
Dis was Oujaarsdag en die twee Wilddogs het vir ‘n paar dae by Dusty Rusty se ouers in Hartenbos gekuier. Alhoewel dit somer was, het grys wolke stadig die lug begin toepak soos ‘n legkaart. Die twee was lus om in George te gaan fliek en, terwyl hulle daar is ‘n paar pakke van Van Rensburgs se smelt-in-die-mond, vye-en-bloukaas boerewors te gaan koop. Die oorspronklike plan was om sommer met die Honda Varadero reguit op die N2 tot op George te ry. Maar daar was meer as genoeg tyd vir hulle om langpad om deur die Botlierskop Wildplaas, Groot Brakrivier en tussen plase deur tot in George te ry.
Hartenbos se hoofstraat was ‘n miernes van vakansievoetgangers en motors wat stadig voortgekruip het na 4- rigting stopstrate toe. Kaalvoet tienermeisies in kort broekies was met groot strandsakke na die hoofstrand oppad. Gesette ouer vroue, opgetof met groot sonhoede en rooi lippe, het tydsaam deur die snuisterye stalletjies gestap. Koswaentjie-eienaars wat van slap chips tot calamari en biltong verkoop, het ywerig kospakkies deur hul kombi kombuisies se oop vensters aangegee aan hongerige strandgangers wat in rye getou het vir iets te ete. Ander vakansiegangers, bewapen met hul partytjie inkopielysies, het met ‘n flinke pas in die rigting van die dorp se drankwinkels beweeg.
Nismark en Dusty Rusty moes vir heelwat vakansiegangers uit plek gelyk met hul swaar motorfietsstewels, handskoene en beskermende langmoumotorfietsbaadjties, terwyl hulle geduldig straat-op agter die streep motors gery het op hul Honda Varadero. Hulle was gretig om hul eie koers in te slaan, weg van die Oujaars geskarrel wat besig was om in die kusdorpie af te speel.
Nismark het die motorfiets in Kleinbrakrivier se rigtig gedraai. Spoedig het die verkeer minder geraak en die motorfiets het begin spoed optel oppad na die klein dorpie toe. Moeder natuur was die omgewing goedgesind, want sover soos die oog kon sien was die wereld lowergroen en vervrissend op die oog.