Die Ompad Na The Hobbit Toe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Die fiets se handvatsels skud heen-en-weer soos wat die rivierklippe  die voorwiel rondgooi.

Sy  hou Nismark met toegeknypte vuiste dop terwyl  hy  deur die laaste gedeelte beweeg.  

As die Varedero in hierdie stroom te lande moet  kom,  sou dit beslis geen grap wees om dit weer regop te kry nie.    Gelukkig ry Nismark met gemak deur en laat sy motorfiets tot stilstand kom op die droe grond.    
 

Attachments

  • 100_8980.jpg
    100_8980.jpg
    64 KB
  • 100_8978.jpg
    100_8978.jpg
    74.3 KB
Terwyl Rusty Dusty deur ‘n laaste gedeelte van die rivierstroom stap, sien sy dat  vier paar oe hul al kouende dophou.  Hoe die aksie van bo van die wal af vir die vier perde moes gelyk het, sou net hulle weet!   
 

Attachments

  • 100_8983.jpg
    100_8983.jpg
    73.5 KB
  • 100_8982.jpg
    100_8982.jpg
    59.8 KB
Met ‘n deurnat broek en stewels klim  Dusty Rusty weer terug op die fiets.    Nismark trek weg op die sagte grond,  en spoedig tel die motorfiets spoed op  terwyl hul verder deur die reservaat ry.
 

Attachments

  • 100_8984.jpg
    100_8984.jpg
    53.8 KB
  • 100_8985.jpg
    100_8985.jpg
    59.9 KB
  • 100_8986.jpg
    100_8986.jpg
    51.5 KB
Dan ry hulle verby  ‘n bordtjie langs die pad wat aankondig dat hull rit in Botlierskop reservaat tot ‘n einde gekom het. 
 

Attachments

  • 100_8987.jpg
    100_8987.jpg
    44.5 KB
Die motorfiets ry verder aan op die grondpad, wat tussen plase begin deurloop het.
 

Attachments

  • 100_8989.jpg
    100_8989.jpg
    40.2 KB
  • 100_8990.jpg
    100_8990.jpg
    33.7 KB
  • 100_8991.jpg
    100_8991.jpg
    21.3 KB
Die prag van die natuurskoon het nie afgeneem nie. 

Die platteland het prentjiemooi uitsigte gebied wat die wit gekalkte huisies in hul eenvoud meer bekoorlik laat  lyk het as meese stedelike paleise wat agter slot en grendel bewaak word.   
 

Attachments

  • 100_8994.jpg
    100_8994.jpg
    34.9 KB
  • 100_8997.jpg
    100_8997.jpg
    36.4 KB
  • 100_8996.jpg
    100_8996.jpg
    39.1 KB
  • 100_8995.jpg
    100_8995.jpg
    50.9 KB
  • 100_8992.jpg
    100_8992.jpg
    46 KB
En dan uit die bloute, verskyn Gonnakraal. 

‘n Klein plaasgemeenskap wat knus weggesteek le op ‘n plato  tussen die berge.    Terwyl die twee Wilddogs deur die dorpie ry het dit liggies begin reen.  ‘n Kind het uitgelate met ‘n plastieksak oor sy kop  klein vinnige treetjies staat-af gehardloop.  ‘

n Paar duiwe in vlug het vir ‘n paar vlugtige oomblikke bokant die motorfiets gevlieg, amper asof hulle die motorfiets wou begelei deur die dorp.   
 

Attachments

  • 100_9000.jpg
    100_9000.jpg
    35.8 KB
  • 100_9001.jpg
    100_9001.jpg
    34 KB
  • 100_9003.jpg
    100_9003.jpg
    27.3 KB
Terwyl die motorfiets al hoe verder weg van Gonnakraal af gery het, het Nismark en Dusty Rusty meer groente gewasse en beeste op die plase langs die pad begin sien. 
 

Attachments

  • 100_9010.jpg
    100_9010.jpg
    43.4 KB
  • 100_9009.jpg
    100_9009.jpg
    35.6 KB
  • 100_9007.jpg
    100_9007.jpg
    29.8 KB
  • 100_9005.jpg
    100_9005.jpg
    45.9 KB
  • 100_9008.jpg
    100_9008.jpg
    48.3 KB
Moontlik ook een van die kleinste kerkies in die land! 
 

Attachments

  • 100_9018.jpg
    100_9018.jpg
    37 KB
Die motorfiets het tussen die plase deur afgekronkel tot waar teerpad, grondpad ontmoed en het verder afgesak na die dorpie Groot Brakrivier. 
 

Attachments

  • 100_9021.jpg
    100_9021.jpg
    35.2 KB
Dis hier waar Dusty Rusty groot (en mens) geraak het. Hulle is begroet deur huisies wat rond en bont,  ‘naby aan die pad gestaan het. 
 

Attachments

  • 100_9023.jpg
    100_9023.jpg
    43.5 KB
Die grond waarop hierdie huisies gebou is,  was oorspronklik deel van Oom Handre en Tannie Ellen Matthee se plaas, wat daardie tyd huisvriende met haar ouers was. 

Daar het hulle as kinders in die koejawelboord toegesak en feesgevier, ongeag of die koejawels nog grasgroen en kliphard was.  Daar het hulle ‘n hele plaas gehad om op wegkruipertjie te speel.  Behalwe vir die spookstal vol hooibale, waarvoor hulle doodbang was. 

Die  storie wat onder die kinders geloop het, was  dat  een van die plaaswerkers ‘n ander een se kop met ‘n pik (of iets in daardie lyn)  afgekap het.  Van toe af het die Afkop glo na  sy moordenaar gesoek in die stal van strooiblae.    Waar die arme man moes gaan spook vandat  die stoor afgebreek is, was seker nie vir hom ‘n probleem nie,  want daar was baie nuwe bure op die grond  om van te kies!

 
Die res van die bruin gemeenskap se buurt, wat meer  bekend aan Dusty Rusty was,  het nog baie  dieselfde gelyk soos wat dit in die tagtiger jare was.  Die uitgebleikte geel huise en groen woonstelle, honde wat kop onderstebo in die strate loop en,  en kinders wat in bont klere al jillende  mekaar tussen hul huise rondgejaag het.   

   
Die motorfiets het die besiger gedeelte van Groot Brakrivier begin binne ry,  verby die “Engelse” kerk ,
 

Attachments

  • 100_9024.jpg
    100_9024.jpg
    44.7 KB
en verby die enigse groterige supermarkie wat nog na al die jare daar was, Spar.       
 

Attachments

  • 100_9026.jpg
    100_9026.jpg
    52.2 KB
Nadat die twee wilddogs verby Spar en nog ‘n mooi ou kerkie gery het, het hulle weer die grondpad se stof begin ruik.


Die motorfiets het ‘n grondpadpassie bokant die Wolwedansdam wandelpad begin uitklim. 
 

Attachments

  • 100_9028.jpg
    100_9028.jpg
    56.7 KB
  • 100_9031.jpg
    100_9031.jpg
    43.5 KB
  • 100_9029.jpg
    100_9029.jpg
    37.8 KB
  • 100_9027.jpg
    100_9027.jpg
    36.9 KB
Die draaie in die passie was skerp en kort op mekaar met sinkplaat riwwe wat ‘n mens ‘n goeie wakkerskud gegee het. 

Op die kruin van die grondpadpassie het die twee Wilddogs weer hulself in plaaswereld bevind.

Nismark het uitgelate een of twee powerslides gedoen en die Varadero bietjie oopgemaak op die reguit plaaspad. 

Grasgroen landerye, wyende beeste, plaashuise, wolke, en berguitsigte het verby die twee se sig gerol terwyl ‘n klein stofstreepie die motorfiets  agtervolg het. 
 

Attachments

  • 100_9033.jpg
    100_9033.jpg
    33.5 KB
  • 100_9035.jpg
    100_9035.jpg
    40.8 KB
  • 100_9036.jpg
    100_9036.jpg
    48 KB
  • 100_9037.jpg
    100_9037.jpg
    43.9 KB
  • 100_9038.jpg
    100_9038.jpg
    50.4 KB
:)
 

Attachments

  • 100_9041.jpg
    100_9041.jpg
    42.2 KB
  • 100_9042.jpg
    100_9042.jpg
    56.2 KB
  • 100_9043.jpg
    100_9043.jpg
    33.5 KB
  • 100_9046.jpg
    100_9046.jpg
    40.7 KB
  • 100_9049.jpg
    100_9049.jpg
    42.8 KB
Blanco, ‘n woonbuurt van George, het vinnig nader begin kom.  Die grondpad het teerpad ontmoed en ‘n paar druppels het gedryg om in ‘n reenbuitjie te verander terwyl die twee  deur Blanco gery het oppad na George se mall toe.  Spoedig was die motorfiets weer deel van die Oujaarsdag gemaal en het hulle met ‘n slakkepas agter ‘n string motors aangery tot by die Garden Route Mall. 

Dit het gelyk asof al wie leef en beef, besluit het om vir oulaas die jaar die inkopiesentrum te besoek.  Lang toue mense het by restaurant se deure uitgestaan, vroue het tydsaam hul trollies van winkel tot winkel gestoot en kaalvoet kindertjies het met sleepvoete op die teels agter hul ouers aangeloop. 

Dusty Rusty het laat spaander in die flieks se rigting, sy het te minste al vir meer as ‘n jaar gewag dat  “The Hobbit” op die silwerdoek moet verskyn.  Terwyl sy en Nismark die fliek se kaartjieverkope nader sien hulle op die rooi inligtingsbord dat die  fliek alreeds 10 minute aan die gang is.  Om alles te kroon was daar iets fout met die wyse van betaling wat hulle wou doen en om ‘n ATM te gaan soek om kontant te trek,  sou nog verdere tyd in beslag neem.  So het die twee besluit om  die fliek uit te stel en liewerste by Mugg&Bean van hulle  heerlike waffles te gaan geniet. 

Later het die twee Wilddogs met vol magies, vye- en-bloukaas wors in die topbox en gelukkige harte, in die reen op die N2 huistoe gery.    Alhoewel hulle Bilbob Baggins en die dwerge se avonture na die Lonely Mountain gemis het,  het hulle hul eie avontuur in die middel van Botlierskop reservaat gehad en was hul glad nie spyt daaroor nie.  Wys jou net;  ompad is  somtyds die beste opsie! 

xxxx
 

Latest posts

Top