Vis Arend
Bachelor Dog
- Joined
- Nov 14, 2010
- Messages
- 11,900
- Reaction score
- 2,156
- Location
- King William's Town
- Bike
- Honda CRF-250 Rally
Die RR laat my baie dink aan jupiter se onlangs RR wat so in fases plaasgevind het. Sonder om jupiter se RR na te aap, het die een eerstens ook sy beplanning gehad met Bie en Kwaatjie wat die inisiatief aan die dag gelê het om die storie te begin. As dit nie vir hulle was nie, sou die geleentheid nooit gebeur het nie. Tweedens was dit ons (ek en vroutjie) se trippie Uitenhage toe vir die bywoning van die geleentheid, derdens was die samekoms van die groep by Wimpy in Uitenhage, vierdens die uitdeel van die geskenke aan die kindertjies, vyfdens was dit die trippie na die geelentheid in en om Port Elizabeth, gelei deur jupiter homself, sesdens, soos jupiter sal sê, “it is the interruptions that makes the trip” en dan laastens is dit ons trippie terug huistoe.
Ons sal praat soos die trip en dag aangaan.
1. Die Beplanning.
https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=111393.0
en
https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=113552.0
Opmerking soos die gemaak op die forum deur Bie spreek boekdele.
“Mense, ek en Kwaaitjie het niks meer as julle gedoen nie. Dit was 'n spanpoging en elkeen se bydrae was ewe belangrik om die dag 'n sukses te maak. Oosterland het laat weet hulle sal 'n formele bedanking stuur rondom 14 Januarie (wanneer sekere lede van hulle personeel terug is van vakansie), maar ek het gesê dit is onnodig. Daai gesiggies se uitdrukking wanneer die pakkie oopgeskeur word beteken meer as wat enige bedanking ooit kan wees. Ons maak weer so.”
Bie, wat jy hierbo sê is reg, maar dit bly nogsteeds jou en Kwaatjie se inisiatief, finish en klaar, Sonder dit sou die geleentheid nooit gebeur het nie. Hiervoor bedank ons julle, soos die ingelsman sal sê “nuff said”.
2. Vis Arend en Mev Vis Arend se trippie na Uitenhage
Dis so 3 ure se ry vir ons van King William’s Town tot by Uitenhage. Ons moet 09:00 die groep ontmoet by die Wimpy in Uitenhage, so dit beteken ons moet 06:00 hiervandaan vertrek om betyds te wees. Ek praat nou teerpad saam en al die smoke breaks in ag geneem. Ma vra my Vrydagaand of daar nie ‘n manier is wat ons so stukkie grondpad kan inwerk nie. Ek is gou op mapsource en sien ‘n paadjie wat ek nog nie tevore gery het nie. Daar en dan besluit dit sal die roete soontoe wees, al; verskil, ons sal nou 04:30 hiervandaan moet vertrek. Beplanning gedoen en hier is die roete.
Saterdag oggend, nog voor die hane die slaap uit hulle oë kon vee, toe is ons al in die pad.
Die lang skaduwees
Die afdraai na Coombs. Ons moes hierin om op die stukkie pad te kom wat ek nog nie voorheen gery het nie. Die gedeelte bly maar altyd net mooi. ‘n Minuut en nie eens ‘n kilometer van die teerpad verander die omgewing van algemeen na asemrowend mooi.
Dit was vroegoggend en die son het ons lekker rondgeneuk met die neem van fotos.
Die man wag vir sy ontbyt.
Hier is ons al op die nuwe stuk pad wat ek nog nie voorheen gery het nie. Om te verduidlik hoe ek daar uitgekom is sal nie werk nie, daar was net te veel afdraaie. Check maar op die kaart, as dit sal help.
Vroutjie se kunswerk. So ou verlore stukkende skoen in die pad, en om te dink, hier is ons oppad om vir ‘n klein groeppie minderbevoorregte kinderjies iets kleins te gee. Party soek net ‘n paar plakkies, wat sou hulle gee om so ‘n stel skoene te kon hê.
Ons het hier en daar so paar lekker meerkat oomblikke gehad.
So in die ry praat ek en die vrou. Ons het geen beplanning gehad van watter roete ons terug huis toe gaan neem nie, ons sou kyk hoe die dag omvou en sou dan besluit watter roete ons huis toe sou ry. Daar en dan besluit ons om dieselfde pad terug te ry, net om die pad uit ‘n ander rigting te sien.
Ons klim toe later van die grondpad af net voor Alexandra, en so 12 kilos na Alexandra klim ons weer daar op ‘n grondpad wat ons al voorheen met die PE honne gery het op een van hulle maandelikse “outings”, al verskil is ons doen hom nou van die ander rigting.
Op die stuk pad ry ek die afdraai heel mis wat my sou uitbring by Kinkelbos. Instede kom ek uit op die teerpad tussen Alexandra en Nanaga. Ook maar seker goed so, want ons tyd loop uit om betyds in Uitenhage te wees. Ons, soos die manne dit noem, slab hom af tot in Uitenhage.