Die Suid Kaap is groen en mooi.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Chrisl

Teelhond
WD Vendor
Joined
Jul 23, 2007
Messages
45,960
Reaction score
9,572
Location
Southern Cape
Bike
BMW R1200GS
Was n koue toemis oggend toe ek wakker word vroegoggend. Lê nog so bietjie,drink koffie eet pap
en verder sê ek niks!!!
Elf uur skyn die son en ek ry by die hek uit. Koel maar lekker.

Die ou wat besluit het Jongensfontein moet hier gebou word was die skerpste mes in die laai.
Baie mooi plek en baai.

IMG_0752.jpg


Vat die Blombos afdraai Vermaaklikheid toe.

IMG_0753.jpg


Dink net aan al die stories wat die ou huisie kan vertel. Pad is doodstil. Net twee rygoed gekry.

IMG_0754.jpg


Sak af na Puntjie toe.

IMG_0755.jpg


Ek draai regsaf na die Duiwenhoksrivier net voor Puntjie se hek wat toe is vir die publiek.
Sal dit nie n stunning plek wees om n huisie by die see te hê?

IMG_0756.jpg


Die mond self en van Puntjie se rietdakhuisies. Puntjie is privaat en is in n trust. Geen aanbouings word
toegelaat. Geen elektrisieteit en net longdroptoilette. Op hierdie staduim dink ek mag jy jou huisie nalaat
aan jou kinders. Niks mag verkoop word nie of verhuur word.
Desember van 1986 het ek tot hier gestap kuslangs vanaf Stilbaai. Stunning!! :thumleft:

IMG_0757.jpg


IMG_0758.jpg


Die manne was vannag uit op see. Moet nogal tricky wees om die boot deur die mond te kry.
Die vangs word per pad na Stilbaai vervoer en daar verkoop aan I&J.
Gawe sleepvoertuig wat hulle het :mwink:

IMG_0759.jpg


En daar kom ek by n toe hek!!! Sien niks wat klein is as ek so na die huis kyk :mwink:

IMG_0760.jpg


Puntjie in die verte.

IMG_0762.jpg


Ek like sommer die bouer!! Hy het nie die klip stukkend gekap om sy muur te bou!! :thumleft:

IMG_0763.jpg


Ek dink hierdie paadjie is met n bulldozer gemaak.

IMG_0765.jpg


Gesels bietjie met n oom wat aas uithaal vir more gebruik. Is glo baie oesters ook in die rivier.

IMG_0766.jpg


Ry na Vermaaklikheid en spot die local celeb se naambord (spot sommer) Josie Borain die model se broer
woon naby Vermaaklikheid.

IMG_0767.jpg


Vermaaklikheid. Wens ek kon die plek sien n 100 jaar gelede. Almal hier het maar n bestaansboerderytjie gehad.
Klein stukkies grond en geen arbeiders. Mense het mekaar  gehelp en dit was handig as jy n helse klomp
kinders gehad het :mwink:
Patats was een van die gewildste produkte MAAR onse volkie moet mos altyd sorg dat daar iets is om die keel
nat te maak!!! :mwink: Volgens van wat oumense wat hier groot geword het vir my vertel het was hier op n staduim
nie minder nie as 11 onwettige stookketels!!! Die Hanepoot witblits van Vermaaklikheid was baie gewild.

IMG_0768.jpg


Die dorp se winkel,poskantoor en restuarant is toe en te koop. :(  As iemand belangstel bel vir
auntie Pam :deal: Die restuarant kry te min klante aangesien hier te min inwoners is maar ook omdat
alle paaie hierheen grond is.

IMG_0770.jpg


Ek vat die pad Witsand toe. Ek wil by ons oudste klient gaan kuier.
Oor die laagwaterbrug oor die Duiwenshoksrivier.

IMG_0771.jpg


Die Suid Kaap is groen maar hy kort reen en gou ook. Die gesaaides kry swaar.

IMG_0772.jpg


Aaaaaah my favourite biltong nog in hul verpakking !!:drif:

IMG_0773.jpg


Canola wat in Augustus die hele SK in geel lappe sal tooi. As mens na die blare kyk sal jy
sien dat hulle deel is van die kool familie.

IMG_0774.jpg


Die Barry kerkie in Witsand. My suster het al die pad van die USA gekom om hier te kom trou want
sy is hier gedoop. Ons het naby die Kaap gewoon maar sy is hier gedoop. Hoekom? Omdat toe sy
gedoop moes word sê ons dominee wat ook my Pa se visvangmaat was jy kom te min in die kerk ek
kan haar nie plaaslik doop. Kry vir ons jou boot op n lekker dorp waar die vis byt en ek kry die kerk!!!!!!!!!
Dus is sy hier op Witsand gedoop amper 300 km van die huis af!!!! :imaposer:

IMG_0775.jpg


Ontmoet Eric Stroebel. 78 jaar jonk en jy mag hom nie oom noem nie. Hy het vroeër vanjaar tussen Worcester en
Robertson op sy 1200 n beroerte gekry. Toe hy my dit vertel toe vra ek "Eric hoe maak jy toe"?
Hy sê man ek maak toe net seker my regtervoet val nie af van die peg en ek druk my cruisecontrollepel vas met my
handpalm en kom huistoe!!!!!!!!!!!! :biggrin:
Paar dae in die hospitaal en fisio en hy was alweer op n trip Drakensberge toe. Ons gesels lekker en oor als.
Al wat hy van die beroerte oorgehou het is hy kan nie skryf nie. No big deal sê hy!!
As ek soos Eric kan wees op 78 kan hy maar kom ek bang hom nie :deal: Dis nou die omie wat verlede jaar
drie Heidenau 150/17s op sy eie opgery het. 30 000+ kilos. Respek!!

IMG_0776.jpg


Witsand se hotel. Gawe plek met lekker kos maar vandag skip ek.

IMG_0777.jpg


Ek het letterlik honderde Kraanvoëls gesien vandag. Kon egter nooit lekker naby kom vir n groot groep
bymekaar foto. Hulle hou naby volstruiskampe want hulle hou van die volstruiskos.

IMG_0779.jpg


Hou op die teer tot n entjie voor Heidelberg en draai af om tussen van die plase deur te ry. Ry
deur Hberg en vat n grondpad Riversdal toe. Meeste plase is melkplase.

IMG_0780.jpg


IMG_0781.jpg


Ek hou van die paadjie. Draaidraai en nou.

IMG_0782.jpg


IMG_0783.jpg


Ek draai links en ry die bergie uit om weer later regs te draai na Riversdal. Die 1200 was nog nie hier.

IMG_0784.jpg


Ek hou aan klim.

IMG_0785.jpg


Ek draai af in n plantasie en beland op hierdie padjie hoog bo die vlaktes van Riversdal distrik.

IMG_0786.jpg


En as jy opgegaan het moet jy weer af.

IMG_0787.jpg


Wei die koeie tussen die waterblommetjies.

IMG_0788.jpg


Ek ry deur die mooiste straat in Riversdal. Al die ou huise word nou gerestuareer. Pragtig!!

IMG_0789.jpg


IMG_0790.jpg


So n stukkie teer toe draai ek weer af op grond oppad na die N2 en huiswaarts.
Kyk hoe geduldig wag hulle om gemelk te word.

IMG_0791.jpg


Tussen die plase deur ry ek rustig want daar is diere en trekkers met mengwaens wat die tyd loop. Kom
ek om n linksdraai en drie plaaskinders loop aan die regterkant. Onmiddellik tel die kleinste en middelste een n klip op :biggrin:
Ek slaat ankers aan en stop reg oor kant hom en vra:
"vir wat tel jy n klip op is jy n bojaan?"!!
"nee meneer ek het geskrik"
"vir wat n leeu?"
"nee meneer vir die skoeterbike" ek sien die outjie se onderlip begin bewe en sy groter pêlle staan en kyk net
na hul groottone.
Ek sê as jy nou weer skrik vir n skoeterbike dan steek jy eerder jou hand in die lug en waai ipv klipoptel. Sal jy dit
kan doen?
"ja meneer"
Ek sal weer die pad ry en hom toets :mwink: :deal:

IMG_0792.jpg


Kalkhope naby die N2. Boere strooi dit uit op hul lande as daar kalk tekorte in die grond is.

IMG_0794.jpg


Net so n kilo of drie op die N2 en ek draai af op die Winsorpad. Hou vreeslik van die paadjie.
Baie min reguit stukke op hom. Net draaie.

IMG_0795.jpg


Ek sluit weer by teer aan en n entjie verder draai ek af na my huis. Daar lê my plekkie
onder in die vallei..............................maar ek lieg!!!!! :imaposer: Dis my buurman sn. Dankie tog ook want ek wil nie
al daai wit geboue se verf in die toekoms koop.

IMG_0796.jpg


Was n lekker dag in die SuidKaap op twee wiele.
Ai dit sal net lekker wees as ons nou n reëntjie kry
 
Nou dan moet ek ook seker nou gaan slaap. Lekker Chrisman!
 
En so verken ons almal die Suid-kaap sit-sit-so. Dankie Chris.
 
Baie nice, en dankie vir die interessante feite... :thumleft:
 
great trippie, Chris

jy noem daar van vermaaklikheid se stookketels en die witblits...maar nader aan Jongensfontien was MooiDanie bekend vir sy (verskoon my as ek verkeerd spel) Karee. Soos ek verstaan het hy dit van heuning gemaak?
 
What a way to spend a Sunday, can't wait to get back to the Western Cape.
 
Ai Chris, daardie is darem maar die beste w^ereld. Sedert ons so vier jaar gelede vir 'n vakansie op Vermaaklikheid beland het, is ons nog elke Desember terug en soms sommer tussen-in ook. Die "landgoed" met die toe hek behoort glo aan een van die Raphaely-susters (dogters van ma Jane Raphaely wat die uitgewer en redakteur van Cosmopolitan was/is). Lyk my saam met die Boraines is die plek vol minor celebrities - blykbaar het Josie daar grootgeword. Ek was een keer op die Blombos-bewarea en daar is so versteekte swembad aff^ere wat glo ook destyds deur Lady Anne Barnard gebruik is. Weet nie of dit waar is nie, want die antie het volgens oorlewering so baie baddens dat sy rimpels moes gehad het van die hele dag in 'n bad sit iewers in die kolonie.

Dankie vir die lekker foto's en verslag. Suid-Kaap bly die beste.
 
Sjoe Chris dit was nou lekker om saam met jou te kon " ry " !
Paar van daai paaie het ek gery toe ek vroeer vanjaar by jou was nou is die omgewing baie mooier as toe.
Laat my jeuk vir weer ry !
 
mooi deel van die wereld daar!!

Ek het in Mosselbaai groot geword. As ek maar net toe al kon bikery????

Dankie vir die deel ChrisL.

Subscribed for more.
 
Altyd lekker Chris. Ek het laas te min tyd gemaak vir jou geweste.
 
We travelled some of thos roads in December Chris on the way to Stilbaai,some lekker roads that isde for sure... :thumleft:
 
Mooi foto's Chris.  Paradys op jou agterstoep! 
Daai Klein Fontein huis onder teen die Duivenhoks het aan sanger Lesley Ray Dowling behoort.

Baie in die Duivenhoks geswem - hoor daar is ook nou so baie Zambezi haaie :eek:
 
Awesome...dis darm mooi wereld!! :thumleft:
Stem heeltemal saam..ons kort dringend reen.

Baie mooi kiekies!!
 
Dankie vir die deel Chris. Het nou sommer lekker memories van ons honeymoon teruggebring.  :)  Julle bly darem maar in 'n mooi wêreld, maar ons sal September weer gaan kuier!  :drif:
 
Top