Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA, is nou klaar)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
By J-Bay Backpackers aangekom vuur ons die dag se ry met n koue een!!! (foto 78-79)
 

Attachments

  • 79.JPG
    79.JPG
    194.7 KB
  • 78.JPG
    78.JPG
    173.4 KB
:sip:Man ek geniet die RR baie , elke oomblik so tussen my werk deur loer ek vining in , wel gedaan sovêr Foot-Peg , jou skryf styl en fotos hou my vas gepen , gooi nog man  :thumleft:
 
Vrek, hoe lus maak julle 'n man om te gaan brood koop en te verdwaal :ricky:
 
Dag 3

Die J-Bay Backpackers waar ons gebly het was baie nice, maar hulle kan gerus n fan of twee koop. Ek en Johan is vroeg op, want ons kon nie slaap in daai hitte nie. Dit het my die kaans gegee om batterye te laai, fotos uit te sort en al daai soort “admin”.

O ja, voor ek verder gaan. Die 800GS se agter "wheel bearings" was besig om op te pak. Ons het dit in Willowmore agter gekom, maar daar was nie iets wat ons toe aan dit kon doen nie. Ek was deur die Baviaans met die bearings; maar kon in J-Bay sien dit is tyd vir nuwes. (Ek en Johan het nog die week voor die tyd gewonder oor my bearing, toe hy sy nuwes in sit  :3some:)
Terwyl ons wag vir die winkels om oop te maak, kry ek en die Grote ontbyt en gaan soek n lekker spot. (foto 1-2-3) Nie een surfer was uit nie…
 

Attachments

  • 1.JPG
    1.JPG
    131.5 KB
  • 2.JPG
    2.JPG
    151.7 KB
  • 3.JPG
    3.JPG
    122.6 KB
Ek Google solank n plek wat ons sal kan help met bearings. Snaaks genoeg is die eenigste plek wat ek kry in Humansdorp. Daar is seker in J-Bay ook plekke wat bearings verkoop, maar jy kry hulle nie op die internet nie…

Na ons op en af ry in Humansdorp, op soek na die bearing winkel kry ons hom en koop die bearing, met die gedagte dat ons hulle gou daar kan in sit… Die dame se hulle het nie n werkswinkel nie maar, die Agri bo in die dorp sal kan help.( Ek kan nie presies die Agri se naam onthou nie)

Die manne daar was baie behulpsaam  :3some:(Dankie) en die Grote sort die agter wiel sommer vining uit. Dit was lekker gewees om die bearing te vervang, eerste keer wat ek dit doen. (foto 4-5-6)
 

Attachments

  • 4.JPG
    4.JPG
    155.1 KB
  • 5.JPG
    5.JPG
    155.5 KB
  • 6.JPG
    6.JPG
    177.4 KB
Die 800 is weer reg, Willie kom uit J-Bay en nou is dit weer ry tyd…
Die plan vir die dag was om deur Grahamstown, Chintsa toe te ry. Na n paar km op die N2 draai ons af en Willie laat weet (oor die Sena) ons moet stop (foto 7). Net soos ons daar stop bel Foot-Peg se Oom my. Hy werk in Oos-Londen se area en is oppad J-Bay toe, julle het sopas verby my gery se hy. Dit was nogal per toeval.
 

Attachments

  • 7.JPG
    7.JPG
    167 KB
Elkgeval, Willie wou roete verander na PE se kant toe. Die nuwe Mita band wat hy agter op het, begin skeur en dit maak hom onrustig. Bike Gear se kantoor is in PE en dan kan hy daar n nuwe band kry. (Heidenau, die goed is taai)
Dit gebeur so en ons ry PE toe. Die mense van Bike Gear is baie vriendelik en ons gesels lekker. Thanks Mathew for the help with the Sena’s and the “No Noise” ear plugs. Dit werk regtig lekker. (foto 8-9-10-11)
 

Attachments

  • 8.JPG
    8.JPG
    118.1 KB
  • 9.JPG
    9.JPG
    127 KB
  • 10.JPG
    10.JPG
    164.8 KB
  • 11.JPG
    11.JPG
    142.6 KB
Van PE af ry ons Port Alfred se kant toe op die R72. Voor Alexandria begin ons bietjie vaak raak en besluit om iets te eet in die dorp. (foto 12) Die Lazy Leopard was n baie “interesante” plekkie…
 

Attachments

  • 12.JPG
    12.JPG
    143.8 KB
Na middagete stoot ons aan, want daar is nog n lang pad oor vir die dag. Dit raak weer mooier soos ons ry en n man is sommer bly hy is op sy bike!!!(13-14-15-16-17-18)
 

Attachments

  • 18.JPG
    18.JPG
    124.3 KB
  • 14.JPG
    14.JPG
    118.8 KB
  • 17.JPG
    17.JPG
    128.5 KB
  • 16.JPG
    16.JPG
    146.3 KB
  • 15.JPG
    15.JPG
    123.5 KB
  • 13.JPG
    13.JPG
    140.2 KB
Ek val n bietjie terug om fotos te neem en die ander twee ry aan Oos Londen toe. (foto 19-20-21)
 

Attachments

  • 19.JPG
    19.JPG
    131.5 KB
  • 20.JPG
    20.JPG
    142.7 KB
  • 21.JPG
    21.JPG
    138.7 KB
In Oos-Londen aangekom besluit ons om daar te oornag. Dis nie die plan gewees nie, maar ons was nie groot op beplanning nie, soos ek reeds gese het.

Dis die eerste aand van kamp, ek is natuurlik baie opgewonde!!! Nou kan n man lekker tent op slaan en braai!!! (foto 22-23-24-25-26-27)
 

Attachments

  • 22.JPG
    22.JPG
    185.4 KB
  • 23.JPG
    23.JPG
    145.7 KB
  • 24.JPG
    24.JPG
    147.6 KB
  • 25.JPG
    25.JPG
    149.7 KB
  • 26.JPG
    26.JPG
    172.5 KB
  • 27.JPG
    27.JPG
    150.5 KB
Die twee groot manne het dit ook geniet, dit lyk net nie so in die foto nie. (foto28)
 

Attachments

  • 28.JPG
    28.JPG
    132.8 KB
Ek lees darem lekker aan die een, dit voel soos, 'n vervolgverhaal.  :lamer:

Kan nie wag vir die volgende uitgawe nie.
Dit hou net aan en aan, lekkker
Gaan voort Foot-peg se pa se vrou se kiind.
 
Jy maak my nou lekker lus vir ver ry. Sien uit na die res.
 
Top