Dorsland trek Tankwa toe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Nee man, daar is g'n hijack jammer nie, dis mos lekker om julle ouens se ervaringe op die pad ook hier te lees.  Klink my daai Roggeveld vrouens is tawwe tannies  ;D

Ek het by daai einste hek met my systander oor my eie voet gery  :eek: :lol8:
 
Dorsland said:
Nee man, daar is g'n hijack jammer nie, dis mos lekker om julle ouens se ervaringe op die pad ook hier te lees.  Klink my daai Roggeveld vrouens is tawwe tannies  ;D

Ek het by daai einste hek met my systander oor my eie voet gery  :eek: :lol8:
Toe die eienaar se ouers nog daar gewoon het het net die kombuis se gordyne so effe geroer as daar n ryding verbykom. Die tannie het glo
nooit uitgekom en ek het dit self twee keer gesien.
Pragtige plek in die berge. As moeilikheid jou daar kom opsoek moes hy blerrie ver loop om tot daar te kom.

Dorsland n onregverdige vragie na die trip. Waar indien wel sou jy dalk met jou bokkinders trek na jy die nuwe wêreld gesien het?
 
A nee a, ek sê hoeka vir Hinks dis bitter mooi wêreld maar daar moet jy hare op jou tanne hê om te boer.  1 kve op 10ha :-[

Merweville /Sutherland /Laingsburg /Klaarstroom /Prins Albert kan nog gaan maar Loeriesbaai/Nieuwoudtville /Middelpos neewat
 
    Dorsland ,daai bikes wat so deur Montagu ry,is elke naweek se ding.Die egste is,hulle ry reg voor my huis verby en dan moet ek werk.........Dis mos plein krimineel.
 
Dorsland - - Baie dankie vir die lekker-lees verslagdoening van jou trippie ek het dit terdeë geniet  :thumleft:
 
Bokveld said:
     Dorsland ,daai bikes wat so deur Montagu ry,is elke naweek se ding.Die egste is,hulle ry reg voor my huis verby en dan moet ek werk.........Dis mos plein krimineel.

Ek sal maar agter jou huis verbyry as ek weer daar deurkom  :lol8:  En vir wat werk jy so oppie naweek?
 
:thumleft: Baie dankie DL, het die RR baie geniet.
 
@chrisL:  Hier is die kaart wat KarooRider vir ons kleiner gemaak het.  Dis ongelukkig 'n JPEG lêer, nie 'n GPX lêer nie maar gee tog 'n oorsig van die roete.
 

Attachments

  • Dorsland Trek.jpg
    Dorsland Trek.jpg
    375.8 KB
Dankie vir die kaart KR en Dorsland...............................................................................................ek het slegte nuus vir jou............................
jy sal jou RR se naam moet verander want jy het net mooi rondom die Tankwa gery!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! :imaposer:
Jy sal moet weer kom Dorsland :deal: ;) :thumleft:
 
:imaposer: :imaposer:  ja man, ek moes my roete aanpas sodat ek betyds by Hinksding vir die Amageza skof daar vlak by sy plaas verby, kon wees.  Toemaar, ek gáan hom nog ry.  Hoe gaan daai liedjie:  

Hier's ek weer, hier's ek weer
met my rooibike Tankwa deur,
ek wil jou hê, ek wil jou hê.
Al val ek driemaal op my kop,
ek ry hom weer, ek ry hom weer
 

:imaposer: :biggrin:


Bliksem, as dit swaargaan met die boerdery dan gaan ek 'n liedjieskrywer word.   :laughing4:
 
Maklike liedjie vir iemand watie kitaar kan speel nie.........................................................net so twee drukke nodig :imaposer:
 
Toe kry ek mos nou eers tyd om die RR te lees, nog nooit is ek so opgevang in die woorde en die kiekeis van n RR soos nou nie. Oom Dorsland, jou woorde beskryf die trippie soos min dit al ooit gedoen het. BAIE dankie.
 
Jis Cocky, dan is ek bly jy het lekker gelees. Ek het hom ook sommer weer deurgelees en nou jeuk ek om weer die vlaktes in te vaar.
 
Top