Dorsland trek Tankwa toe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Flatout said:
Dit was nou lekker!

Dorsland ek raak ook soms paniekerig in water maar het darem nog nooit halfpad afgespring en uit gehardloop nie.........  :spitcoffee:


:imaposer: :imaposer:

Heng maar dit het gereën, al die pad van GR tot by Merweville was die pad orals verspoel en die veld sopnat gewees.  Daai wêreld gaan nou oor so 10 dae of wat bitter mooi wees.  Ek vat dit bietjie kalm oor daai lopies, mens weet nooit hoe diep is hy weggespoel onder daai water nie
 
Bokveld said:
    Jy het die regte roete gekies vir n onvergeetlike solo-trip.Dankie vir n heerlike RR en al die mooi fotos.Net jammer jy het Sondagmore hier by my verbygesluip(Montagu).Ek was juis nie kerktoe nie.

Ai man dis nou jammer.  En ek sien daar is so 'n klomp fietse daar in die dorp en wat deurry.  Is dit dikwels so of was daar iets aan?  So lekker gewees het om te ontmoet.
 
Jammer jy moes weer teruggaan plaas toe, maar nou sal ek weer jou boerdery thread volg  :deal:

Baie dankie vd deel.
 
Dankie Dorsland dit was nou 'n mooi kop skoonmaak rr. Jy het regtig 'n slag met woorde.
Ek het dit baie geniet. Bly om te sien die reen is al daar by julle, hier lol dit nog, maar ons glo die reen is oppad.
 
TVB said:
Dorsland said:
Nou op Loeriesfontein by ou Hinksding aangekom. Sjoe kêrels, 35 grade buite my ryklere :eek:

Bietjie saam die Amageza ouens gery, maar dis 'n storie vir later innie RR.

Dis funny, kon hulle darem byhou met daai KTM's  ???  :imaposer:


Ja, ook maar net net  :imaposer: ;)
 
@ ChrisL:  dis mos jou maat se plaas hierdie is dit nie?  Ek onthou nog sy een man het hier agter my blou dissels uit die lande geskoffel toe ek daar verby is.
 

Attachments

  • PB060055.jpg
    PB060055.jpg
    52 KB
Ek het lanklaas so RR gelees.baie mooi geskryf Dorsland,baie dankie vir die moeite.Maak my voel om die naweek die fiets te vat karoo in...
 
Frannarossi said:
Ek het lanklaas so RR gelees.baie mooi geskryf Dorsland,baie dankie vir die moeite.Maak my voel om die naweek die fiets te vat karoo in...

Dankie F, daar is beslis iets oor die oopgestrektheid van daai wêreld wat 'n ou teruglok.  Ek sukkel nog die afgelope paar dae vandat ek terug oppie plaas is om te fokus.  My kop bly soentoe neuk
 
Dorsland dis die volgende plaas op regterkant. My vriend se ploelande is ver van sy huis.

Gooi vir ons n roetekaart van jou trip asb.
 
OK, ek moet nou eers daai roete van die GPS aflaai en weer hier oplaai.  Dit mag 'n rukkie neem  ;D
 
Dankie weereens dat jy die moeite gemaak het om te kom kuier.  Die RR is 'n lekker stukkie leesstof gewees. Ek sal volgende keer die skilpaaie uit die pad laat vee dat jy vinniger hier kan uitkom. ::)
 
Dis g'n moeite gewees nie Hinks,  inteendeel, dankie dat julle so gasvry was.  Ag man, ek ry maar net 'n BMW, hy's nie so vinnig nie.  ;D  Die skilpaaie het my op 'n stadium verbygegaan.
 
@ChrisL:  Hoe kombineer ek die tracks van elke afsonderlike dag in een track wat ek hier kan pos?
 
Dorsland said:
@ChrisL:  Hoe kombineer ek die tracks van elke afsonderlike dag in een track wat ek hier kan pos?
Daai moet jy dalk vir iemand soos Karoo Rider vra.............................................................................ek het nie eens n idee waar om n gps
aan te skakel :eek7: :biggrin:
 
Dorsland said:
@ChrisL:  Hoe kombineer ek die tracks van elke afsonderlike dag in een track wat ek hier kan pos?

Copy and paste hulle saam in 'n nuwe kaart
 
Dankie Bie,  ek sien hy is te groot as een file.  Ek gaan maar die dae apart pos.
 
O hel nee, my Wiskunde onnie sou seker nie verbaas gewees het nie  :-\  Lyk my BaseCamp vervang die onderskeie dae met die gekombineerde file so die aparte dae se tracks is weg.  Ek epos hom vir jou Chris, hy is so 5mB
 
Dorsland said:
O hel nee, nou gaan my Wiskunde onnie nie verbaas wees nie  :-\  Lyk my hy vervang die onderskeie dae met die gekombineerde file so die aparte dae se tracks is weg.  Ek epos hom vir jou Chris, hy is so 5mB
Mail dit vir KR dat hy dit kan opsit.
 
Dorsland jammer vir die highjack maar die werf waar jy verbygery het praat met my elke keer wat daar verbyry. Wens dit was myne.
Jong mannetjie wat daar woon. Hy en sy vrou het glo op n dag n meningsverskilletjie gehad en sy het haar punt gemaak met n koekroller
en toe haar tasse gepak!!! :eek7: :imaposer:

P1030471.jpg
 
Top