Dorsland
Bachelor Dog
- Joined
- Apr 15, 2012
- Messages
- 12,635
- Reaction score
- 4,518
- Location
- Nie van hier nie
- Bike
- Honda CRF 300L
Nou ja, waar was ek gewees ...
Die terrein is nie té onbegaanbaar nie maar ek ry nietemin stadig om alles te bekyk. My mond hang oop oor die wonderlike natuurskoon wat om my ontvou. Dis seker die bergreeks met die grofste klippe wat ek in Suid-Afrika ken. Die vorms en die balanseertoertjies, die voue, lae en stapels klippe is ongelooflik. Ek sien nou hoekam die mense so begaan daaroor raak. En dan ruik die fynbos ook nog so lekker. Die plantegroei is vir my heel vreemd maar bitter mooi en ek dink weer daaraan hoe geseënd ons in ons land is met al sy unieke natuurskoon.
Selfs die water trek sy teekleur van die fynbos. Ek het nie daarvan gedrink nie maar ek glo mens sal dit sonder probleem kan drink. Dat water so volop is, so hoog in die berg is ook vir my 'n wonderwerk. Stroompies loop sommer elke paar honderd meter oor die pad, sommige daarvan met 'n spoed. Erens kom hulle seker in die Berg- of Olifantsriviere uit om dan die besproeiingsboere op die vlaktes van water te kan voorsien.
Kort-kort stop ek net om na al die voëlsang te luister. Mens sien nie baie nie tensy jy mooi kyk, veral die suikerbekkies omdat hulle so klein is. Maar die omgewing tril behoorlik van al die voëls wat seker agter die fynbosstroop is. Dis 'n belewenis na die dorre vlaktes waaroor ek vroeër gery het.
Die pad kronkel op en af oor die berge en dis die een vêrgesig op die ander. Maar ek moet my ry kry want die son trek al water en ek slaap vanaand op Oasis. Ek wil nie te laat nog op die pad wees nie, ingeval mens teespoed optel en daar moet iets herstel word. Met my aankoms by Oasis is alles rustig met 'n klompie Duitsers wat lekker afkoel by die swembad. Gerrit wys my my kamer - ek slaap in Bo-Oasis ;D - ek pak uit en gaan swem want ek is nog hond warm van die ry. Dis nog 34ºC laat middag toe ek daar aankom.
Dis lekker om te sien hoe besig hulle is, mense val heeltyd daar in. Dis 'n behoorlike Vereenigde Nasies: Duitsers, Tsjegge, Hollanders (hy lees 'n boek oor die Anglo-Boere Oorlog), 'n paar souties uit George se wêreld. En dan om dit af te rond is daar natuurlik die Weskusters, werklik 'n nasie op hulle eie
Na 'n ribbetjie wat ek, in my uitgehongerde toestand, nie kon klaarmaak nie, gaan slaap ek lekker rustig. Die volmaan oor die voue en rante van die Sederberg is vir my bitter mooi en mens wil sommer liries raak daaroor. Daar is so half 'n onbekendheid daaraan wat nogal vreemd is.
Ek gryp die volgende oggend gou twee bakkies Koringvlokkies terwyl die ander manne nog slaap. Ek wil die douvarsheid van die nuwe dag op die pad gaan beleef.
Vandag moet en eintlik Katbakkies oor en dan na Veldie toe maar so in die ry beginne ek hond se gedagtes kry. Toe ek WEER 'n skilpad in die pad kry - in my lewe nog nie soveel skilpaaie gekry soos op die trippie nie - stop ek om hom uit die pad te haal en delf toe sommer my padkaart uit my sak uit.
Hierdie paar skillies is spesenjaal vir jou Hinksding ...
Hmmmm, Stellenberg - waar my weermag maat van 35 jaar gelede, woon - lê nie té ver nie. Ek kyk bietjie die kaart en toe ry ek maar verder tot op Oppie Berg waar ek brandstof volmaak. Dis Saterdagoggend en die plek is heel joolig. Waar sal 'n boertjie nou volmaak anders as by die koöperasie. Toe ek daar klaar volgemaak het, het ek besluit ek gaan dit nou maar teerpad langs, deur Ceres en Bainskloofpas na my maat toe aandurf. Dis nogal 'n skok om nou ewe skielik verkeer en teer en mense en 'n groot stad te moet aandurf na Boesmanland en die Tankwa so oop vlaktes.
Nou ja kerels, hier is before (1979, uitklaarparade), ek is 17 jaar oud soos ek daar in my stepouts staan, en after 2014, 35 jaar later. Daar is diep dinge gesels en herinneringe opgediep. En dis al wat ek daaroor te sê het
Ek het vooraf my roete min of meer beplan maar die lekker van so alleen ry is dat daai plan kan en mag en sal verander word :biggrin: Ek is bitter bly ek het dit gedoen.