Drie Laevelders loop maak 'n wye draai.......Baviaans & beyond...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Casting from Turd said:
ek ry ook sommer saam.......... terug huistoe met pizza agter vas gestrap  :imaposer:

Hehehe.... Post sommer daai foto as ek by daai deel kom Drol! ;D ;D
 
Daar's 'n mooi paadjie oor die berg (Jantjieshoekpas) vanaf die dam na Wakkerstroom wat ek toevallig laasjaar tydens 'n solo trip ontdek het. Ons ry hom weer en die uitsigte is baie mooi!






efa1b2033a9fa3ef514eec2cc864e386.jpg


fd68673f480e13e49aba1cf26f5c588f.jpg


4829d58a2584ac10b1e8fdf42c7c9a4b.jpg







75e28ee5640f627a0c5e9fb7a912fe2d.jpg







943dd9d01b7011ea95d4cd6582fd2762.jpg







4c1dda70c1ca0a23dc6d327d821e3a6d.jpg







8b0469ffacde667f59cab0bdcc9732a3.jpg







da8101763dd166841ad586cb19acf90c.jpg
 
Nou ja, laat ek ook opklim. Klink of dit lekker was. My vrou het my die FB fotos so stuk stuk gewys, maar ek wou wag vir die RR :thumleft:
 
VaalBaas said:
Nou ja, laat ek ook opklim. Klink of dit lekker was. My vrou het my die FB fotos so stuk stuk gewys, maar ek wou wag vir die RR :thumleft:

Welkom! :ricky: :ricky:
 
Dis net 'n kort entjie oor die berg na Wakkerstroom. Ons ry na die Country inn waar 'n klomp middeljarige tannies ons dophou toe ons stilhou. Daar's 'n groot rottweiller wat hulle oppas en ons groet versigtig. Ons drink 'n vinnige ietsie en begin planne maak vir die aand se verblyf. Ek voer die hond droeëwors voordat hy dalk aan een van ons begin knibbel. Later is die droeëwors op en hy weier my macedamianeute. Die tannie maak hom aan ń tafelpoot vas, maar hy sleep die sonder moeite agter hom aan.

Ons oorweeg om in die kerk se gronde te kamp, maar vind later uit daar is kampplek net buite die die dorp.

8d8b39466bd20ff1ec77ddc64f637aa8.jpg


6729ef12daabaa6f8e783b64caff4543.jpg


Die Tannie van die biltongwinkel bel summier die slaghuis en sê hy moet oopbly tot ons kom vleis koop het. Na 'n paar koue drankies, ry ons na "Dop & Tjop" (Dis 'n 1-stop kuier shop as jy nie uit die naam kon aflei nie) Ons koop drie stukke rump (Ons het later die aan besluit dis Zebra), wors en braaihout en vat die pad na De Oude Stazie kampplek.

0f292ed31745a912d8adb5b6f67bce62.jpg


840686de7e7e23235d1347e8ed09ac0f.jpg


113114c8a9013e5ee5f0d22e5b6d2cc2.jpg
 
By De Oude Stazie aangekom, besluit Carlito hy slaan nie tent op nie. Grondseile word oor bikes gespan en slaapplek ingerig vir die aand. Righard moet terug dorp toe om die Ducati se klein tenk te gaan volmaak. Trek windgat daar weg, maar vergeet waar hy sy bagasie gepak het.... :imaposer:

b7ef5f21b20cc12f225b84c968bd0735.jpg


91b7e936204b7da271ba70481f85b916.jpg


d6b2feeaf63c67efbb839dd95f49e9dd.jpg


b5b32c6a15554b992a64e36a768badfb.jpg


Daar is selfs ń bietjie vermaak op die treinspoor.....

c6caf08893331e8ada98ec1e1dd0f609.jpg


7d4d1b2165a4be3db342d64192518770.jpg
 
goeie kombinasie besigheid wat daai ou bedryf. Kyk,'n mens moet eet en drink :thumleft: :imaposer:
 
Ons braai die Zebravleis, drink 'n paar doppe en rook selfs cherry sigare (ons is nie eers rokers nie). Dit word verbitterlik koud en dit word gou duidelik dat dit 'n laaaaaaang nag gaan wees.

bce838e706f19185d81d5611463d152b.jpg



eae92c473f49df8ce08bbdbe1e0beb9f.jpg



Righard het n geneigdheid om te gaan lê.....enige plek en selfs in geselskap. Hierdie is die eerste van vele lê-fotos oor die tien dae.....

98a445759da48e02183c356ef77cab49.jpg


Ek spandeer die nag in 4 lae klere, buff, mus en hoodie.........met bitter min slaap
 
Lekker ...... Ons volg hierdie trippie.

Dit lees Lekker tot sover  :thumleft:
 
Hel hoe verlang ek nou terug na daai wêreld......Sub
 
Dag 2 - Wakkerstroom - Sani Top - 430km

Weens die snerpende koue en 'n vol blaas is ek vroeg uit die vere. Die ander twee maak nog roggel geluide so ek loop 'n draai na die wasgeriewe. Dis 'n bewolkte oggend en die koue het my krok enkel stokstyf. Gasstofie word aangesteek vir koffie en stadig maar seker begin die manne roer. Die oppak neem langer as verwag en daar lê nog ' pak Zebra Rump wat moet in. Ek wil dit summier van ontslae raak, maar Carlito reken dit gaan tenderise in my pannier.






9915e9a19b750e6e426536ca6a301137.jpg








9d81acf4da7e8b069d975d8d3c76b15c.jpg







ddc31039778bab8769c5fef109304dc2.jpg








500ab0164b3b156a667dc20c0ea54703.jpg
 
Ek oorweeg dit om die Zebrasteak in daai man se &%$ op te gaan druk, maar dis 'n lekker oggend vir bikery en ons ry deur die dorp en links op die grond rigting Newcastle. Kort voor lank begin die wolke lig en dit ontaard in 'n baie mooi dag.



a6b929874776eecd5e01a0176b47967a.jpg








14a3296abadc05617951df5175427121.jpg







887fe0c5dad36c35de00bae04bf247a8.jpg







e8cecacac245ebc722fcb8a3f1d879bd.jpg







Ons kruis die provinsiale grens na KZN en ry Wes van die Zaaihoekdam verby. Net voor Newcastle neem ons 'n vinnige ruskans by die brug oor die Buffelsrivier.


3acc3962c81abaf48ef00995de2d5de6.jpg







69b706b670cf7f3479720bee876964f8.jpg
 
Top