Drie Laevelders loop maak 'n wye draai.......Baviaans & beyond...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
rook selfs cherry sigare

Kyk as n mens wil moeilikheid soek moet jy van hulle inpak op n trip..................................................................................voor jy jou kom kry koop jy pakke 30's............................................................................................ek het ervaring!!! :eek7: :biggrin:
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
rook selfs cherry sigare

Kyk as n mens wil moeilikheid soek moet jy van hulle inpak op n trip..................................................................................voor jy jou kom kry koop jy pakke 30's............................................................................................ek het ervaring!!! :eek7: :biggrin:

Kyk, daai goed het my genees van rook vir baie jare. Amper my longe uitgehoes....
 
Van hier het ek die roete so bietjie sleg beplan en sukkel ons om ritme en mooi ryplek te kry. Ons stop erens ts wildsplase vir water en rus.... Dan word ons honger en stop by die eerste en beste plek vir 'n geblikte lunch...
Op Weenen stop die polisie ons by onluste.....Pad is versper en ons moet ons roete aanpas. Teerpad Escort toe. :dousing:






63c8942148d17974517e8ab71b7fd53b.jpg







52a899be638a49336cdf0ccbdf75aa5b.jpg







41e94cfdbffcca944aff6a2958207504.jpg







f6382fcaf9302cbf7d55fb5623aa2fbf.jpg







60cec80b4cb07bf24b31bdd0c4deb727.jpg







0214375042048d9026c1df53b6be9115.jpg




Ons los helfte van die kos net daar op die stoep en ń klomp kinders storm op die oorskied af.
 
Ons aangepaste roete neem ons op die teer na Nottingham Rd via Escort. Van hier neem ons die bekende Lotheni Rd na Himeville.


2b726c11b62f709e0d4528a26624bf38.jpg







3dfddb1b4df225f5e7e95a3b198e20e4.jpg







2d58c4273e7804d554d48f6cc712b2f8.jpg







960d20c9309ac3c2d4f3a47adcef502f.jpg







92a40559269655cf8cc22b48e1318a40.jpg







473d9fd67728ce286b53133565eee860.jpg







7daedd62782f17dcfe78c32b2b8a0f13.jpg








818227e8d0bf3f7eb0b6ba8aa7d95465.jpg








Ons plan is om Sanipas uit te ry vandag, maar tyd raak min en ons vordering is stadig. Ek is laas jaar daar op en af met my HP2. Righard is 'n klompie jare gelede daar af met sy GSA, maar ek sal die storie vir hom los om te vertel. Carlito wil bitter graag dit doen as deel van die trippie en ons stoot so bietjie om dit betyds te maak.







[flash=480,385]https://www.youtube.com/v/1GMJnMkUYmA[/flash]
 
Ons arriveer laatmiddag in Himeville en maak die bikes vol petrol. Petroljoggie verseker ons die grens sluit eers 6 uur. Ek is baie bekommerd oor slaapplek. Dit is 1 Mei en langnaweek in SA. Ons het nie bespreek op SAni top en ek het al gehoor 'n ou moet behoorlik voorbereid wees om daar bo te loop kamp. MAAR ons loop oor van testosteroon en daar is geen keer aan die trippie boontoe nie. Ek vir een het effense hol kol op die maag aangesien my vorige trip op nie 100 % vlot verloop het tydens 'n solo trip nie.






5bab77275f98f6d939e606adae67d569.jpg








Met die sakkende son in ons oë begin ons die trippie teen Sani op. Die onderste deel van die pas is baie rowwer as wat dit 'n jaar gelede was en ek begin ietwat bekommerd raak oor wat verder boontoe vir ons wag. Ons stop gereeld vir fotos en om die hordes Land Rovers wat oppad boontoe is, se stof te laat gaan lê.






4d06da33f5480b58b9c832aaa6c287cd.jpg







1cba67dce4ad500f94194b3b68946cb7.jpg







f270d48b5786181ba87e871b1727999b.jpg







b81f78c005ea1f6f5946d33b1682fc89.jpg







364b04212d1045ecaf8101f00a388431.jpg







bb4a02aa527ca63893cdf8fca0b85e4b.jpg







c65393833f755ebeef638426f35f96a1.jpg
 
Dit word laat en koud en ons begin die haarnaalddraaie aanpak. Ons laat die rookie voor ry  :ricky: :ricky: Die oppervlak op die deel van die pas is baie mooi en ek begin dink hierdie is a piece of cake. Op een van die draaie na regs is ek kort op Carlito se hakke. Ek sien hoe hy traksie verloor op 'n los kol gruis in die draai en sy agterent gly uit na links. Hy kry die bike baie mooi onder beheer en klim rustig verder die pas uit.

Ek doen egter alles verkeerd agter hom. Erge target fixation en ek beland met my agterwiel in dieselfde kol gruis. Dit voel of my agterwiel links by my wil verbygaan, maar in werklikheid sal Righard se Gopro video seker wys dat dit 'n paar sentimeter na links uitgegly het. :-[ :-[

My bike wys nou na afgrond en kantel na regs teen die steilte af. Ek vloek soos 'n matroos en met 'n bo-menslike effort tel ek die fiets regop. EN DAAR STAAN EK......

Righard kom tot my redding en ons sit die bike op sy linkersy neer teen die helling. Draai die bike om voorentoe te wys op crashbars en pannier  :'( Maar verder as dit kom ons nie. Carlito staan uit die hoogtes vir ons en kyk, maar lyk nie lus vir die staptog af om te kom help nie. Bikes kom van agter af aangery en stop om te help en met 'n gesukkel begin die wiele rol en ry ek rustig tot bo. My ego het egter 'n moerse hou weg en ek voel soos 'n tiener wat 'n liefdesteleurstelling deur is.
 
By die grenspos aangekom kry ons tussen die bierbottels, stukkende stoele en bokmis stempels in ons paspoorte en ry ons oor die pad na die lodge. Lodge is vol, maar hulle is bereid om ons te laat "kamp" in 'n leë gebou langs die chalets. Die ander twee maak gebruik van die matrasse wat daar op hoop lê, maar ek voel al die luise in my lieste byt deur net vir die vieslike vuil goed te kyk. Ek slaan maar my ATG stretcher op en kamp in styl. Kort voor lank daag die manne wat my op die pas gehelp het ook daar op, hulle join ons in die leë gebou vir die nag. Een van hulle het 'n jong dame saam en sy lyk nie impressed nie.






346a177607699c9296f7d76d0d65fc84.jpg








dbb4d1cd6ba2d620322808efd9aa6290.jpg







372545d2cdc50ff0e12adad5d6b938b1.jpg









Na alles uitgepak is en ons uit ons twatsuits geklim het, stap ons oor na die kroeg vir 'n welverdiende versnappering.








67e6fef33153fcb310325e78d6a98b6a.jpg







ac1449a53ffe43d3b7002ba3abdadfd2.jpg
 
Na 'n paar drankies verorber ons driekwart van die buffet en gaan sit in die kroeg met elkeen 'n moerse bak poeding.






0944ade9da5e0e387f8fd007ec3c19c0.jpg







4da9871881a4207ea7b628fae8d2b70a.jpg








Oproepe huis toe vanaf die "hotspot in die kroeg....... ;D






a69c04ced79b509e6451b80a9ee61796.jpg
 
Dag 2 video..... Ongelukkig het die Virb se battery opgegee toe ons Sani begin klim  :ricky:

[flash=480,385]https://www.youtube.com/v/XOx3P-AxRzE[/flash]
 
Juis dan nou een van die redes hoekom ek agterop sit. Het nog nie Sani gery nie en uitgesien na die video ;D

Toemaar, die fotos is mooi genoeg en eendag is eendag  :thumleft:
 
VaalBaas said:
Juis dan nou een van die redes hoekom ek agterop sit. Het nog nie Sani gery nie en uitgesien na die video ;D

Toemaar, die fotos is mooi genoeg en eendag is eendag  :thumleft:

Jammer om teleur te stel.... daar is darem een van die afkomslag.....
Righard mag dalk een op sy GoPro hê...... :peepwall: :peepwall:
 
Dag 3 - Sani Top na Rhodes - 406km

Dag 3 begin aansienlik gouer as wat enige regdenkende mens sou verwag. Die dame wat met ons die "gebou" deel besluit op verskeie geleenthede gedurende die nag om buitentoe te gaan vir welke rede ookal. Voor elke trippie na buite trek sy haar volle bikegear aan. Die velcro maak almal wakker en nou lê ek vir die stormsterkte wind buite en luister. Dit word 'n baie lang nag op daai ATG stretcher.

Die sonsopkoms oor Sani is spectacular en tussen die drie van ons se iPhones neem ons 'n paar oraait fotos. Die eerste een is deur Righard geneem en is my favourite.

5e4470c325464b34c9b7e198dfa2e2a0.jpg
 
Top