Een van daai "nou moet ek ver gaan ry, anders slaan ek iemand dood" ritte

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
MildlyWild said:
Dorsland said:
Ek verstaan nie altyd hoekom mense se motorfietse is gevaarlik nie.  As ek jou RR so lees dan besef ek net weereens dat om NIE motorfiets te kan ry nie, vir ander mense lewensgevaarlik kan wees.

Waar is julle grond?

Jy weet dit Dorsland - motorfiets ry dink ek het al baie moord of selfmoord voorkom

Is my neef wat tussen Sutherland, Merweville en Fraserburg boer - 6de generasie Blom's

So waar.  My KLR het my lewe gered in begin 2015 waarvan die Road report steeds hier is.  Ek begin haar mis.
 
Nice RR en area waarin jy gery het. Het al Tankwa geproe so moet dit nog meer gaan verken. Jou RR inspireer my vir dit.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
GravelFox said:
Nice RR en area waarin jy gery het. Het al Tankwa geproe so moet dit nog meer gaan verken. Jou RR inspireer my vir dit.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Nou maar vat n pel en maak n datum vas - die lewe gaan te vinnig verby om te wag, en daars so baie fantastiese plekke om te sien
 
Mev Vis Arend said:
Dankie vir die deel.  Jou mooi fotos weerspieël 'n sielsaligheid.  :thumleft:

Groot plesier. Ek moes die trip doen om my sielsaligheid te bewaar en weer op te vul
 
I love your phrase “sielsaligheid te bewaar “ ...

Gravel travel under huge skies does that. You remind us well with your beautiful photos and understated, mildly ironic style - appropriate to the landscape you love and ride through.

Thank you, MW...
 
maverick64 said:
@ Mildywild.
Fanastiese report en baie mooi fotos. Dankie.
Ek het dit NOU op my lys gesit as n defnitiewe "stress" trippie.

Ja, jis, hy maak mens skoon lus om "stress" te kry  :biggrin:
 
Karoo is darem maar "bike ry heaven" !! Dankie vir die RR.
 
Ai hoe lus is ek ook nou vir bike pak en ry!
Lekker RR :thumleft:
 
Ek lees ook nou eers die RR raak . Ekt lekker saamgery . Ek ken daai overshoot briekstrepe goed , een het my vir 6 maande op my rug gehad . Daarna het ek ook my rystyl verander en meer op die natuur begin fokus . Dis asof daai grondpaaie my deesdae rustig maak . Niks is beter om kop skoon te maak en daai lekker paaie te ry .Ons bly in n bitter mooi land , as n mens verby al die kak kan kyk .
 
Dankie vir die RR - laaik jou skryfstyl en fotos  :thumleft:
 
Ek begin voel dis al weer tyd om n goeie draai te gaan ry - wil eintlik net kyk of ek dalk 600km op my tenks kan doen as ek rerig mooi ry  :ricky:

Ok, vergeet van daai - the mountains  are calling me!!!!!!!
 
Lekker saamgery so op 'n laat Vrydagmiddag.

Sommer lus om nou te gaan ry.

Dankie vd deel - mooi kiekies en storie  :thumleft:
 
Mmm dink ek het ook so iets nodig. So laaste trip met die klr
 
Top