Gamkaskloof, oor Grootrivierpoort en tot in Graaff-Reinet

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
    Dankie Jan vir die lekker RR.Respek vir julle wat deur Grootrivierpoort is met daai twee tenks.Ek moet se die stuk modderpad sou my moed gebreek het,maar nou-ja,party manne kan.Nou weet ek hoekom ou Chris so stil is;hy maak  bike skoon en lek sy wonde.
 
Hierdie twee met elkeen n fiets onder die boude sorg altyd vir lekker lees, daai klip monumentjie klink na n goeie idee.
ChrisL het mos nou al n boom daar op Spreedtshoogte ook al na hom vernoem.
Ek sou in daai modder seker maar die ketel aangesit het vir koffie en die baas gebel vir n week ekstra verlof.
Uitstekende leesstof.
 
Dis nou lekker! Jan en Chris altyd goed om van julle twee te hoor. Ek sou nie eens daai modderpad aangedurf het nie.
Dis genoeg om mens se selfvertroue 'n knou te gee.  :3some:
 
Flatout said:
Dis nou lekker! Jan en Chris altyd goed om van julle twee te hoor. Ek sou nie eens daai modderpad aangedurf het nie.
Dis genoeg om mens se selfvertroue 'n knou te gee.   :3some:
Ons moes eenvoudig net by die teerpad uitkom en dat omdraai nie n opsie was....................
Dorsland het iets genoem van hy het n tekort aan arbeid en is besig om draad te span en
soek hande om gate te grawe met koevoet en kyl............................ek het al genoeg
daarvan in my lewe gehad!!! :eek7: :imaposer: ;)
 
Dankie vir die lekker lees.
So modderpad kan 'n mens se spoed én moed darem lelik breek.
En ja, ek stem ook vir die son foto as  algehele wenner!
 
Baie mooi RR, KR - hoop om jou eendag te ontmoet - as jy ooit in George aandoen, bel my - 0832923061
 
Dankie vir die saamry was n modder spoel op plekke, but that's what makes it so worthwhile.  :ricky:
 
Lekker trip, rr and pics...... thanks :thumleft:
 
woody1 said:
Hierdie storie kom of hy gestuur is.
Ek beplan hoeka om oppad EC Bash toe oor Grootrivierpoort te gaan.
Moet nou net vir Dorsland oorreed dis nie so ERG nie.... sy modderpade is erger. :imaposer:

Dankie vir die deel.

Dankie vir almal se kommentaar sover - ja dit was 'n trip 1000!

Woody1, as ek mag noem:  in my opinie is Grootrivierpoort wel doenbaar met groot fietse, maar (vir my) het geluk 'n baie groot rol gespeel.  Ek het al op baie makliker plekke geval en kon nie glo dat ons ongeskoord daar deur is nie.  Soms is dit mos beter om sulke terrein op te ry i.p.v. af, so as jy dit van Steytlerville se kant af doen om sodoende in die Baviaans te kom kan dit dalk beter werk as ons wat hom "af" gery het, maar ek dink weer die eerste lang opdraend na die rivier behoort baie los te wees soos julle opgaan.  

Wees egter voorbereid in terme van kos/water vir indien julle vir een of ander rede op die pad moet oornag.  Enige omval mag ernstige skade aan 'n fiets aanrig aangesien daar baie rotsbanke/klippe is wat uitsteek op die moeilike dele, en weens die skuinste kan mens nie regtig "paddle" of altyd met jou voet keer nie, ons het al hierdie dele staande gery in 1ste rat en net 'n "lyn" gekies en daarby gehou.

As dit so kan gebeur dat mens hierdie deel lekker vars in die oggend doen kan dit ook help - ons het amper heeldag deur 'n hittige Baviaans gekom, en dit toe na 'n groot middagete aangevat toe die kragte al bietjie verswak was!

Alles van die beste as julle dit aanpak - ons soek kiekies! :deal:
 
Bokveld said:
    Dankie Jan vir die lekker RR.Respek vir julle wat deur Grootrivierpoort is met daai twee tenks.Ek moet se die stuk modderpad sou my moed gebreek het,maar nou-ja,party manne kan.Nou weet ek hoekom ou Chris so stil is;hy maak  bike skoon en lek sy wonde.

Dankie Oom Bokveld - ek moet bieg dat ChrisL my vooraf vertel het dat Oom-hulle ook al daar deur is, en dit het gereeld op die moeilike dele as inspirasie gedien!  Respek aan Oom en die groen fiets. :thumleft: (ek't nou eers julle RR opgespoor en gelees)
 
Gertjie Grondpad said:
Baie mooi RR, KR - hoop om jou eendag te ontmoet - as jy ooit in George aandoen, bel my - 0832923061

Dankie Gert - ons moet beslis so maak!
 
woody1 said:
Hierdie storie kom of hy gestuur is.
Ek beplan hoeka om oppad EC Bash toe oor Grootrivierpoort te gaan.
Moet nou net vir Dorsland oorreed dis nie so ERG nie.... sy modderpade is erger. :imaposer:

Dankie vir die deel.

Ek sien jou by die Bash  >:D
 
Ek en Ingelsman het nou lekker saam julle gery, dankie vir die deel weet dis werk om die kiekies en storie bymekaar te sit.
 
Dorsland said:
woody1 said:
Hierdie storie kom of hy gestuur is.
Ek beplan hoeka om oppad EC Bash toe oor Grootrivierpoort te gaan.
Moet nou net vir Dorsland oorreed dis nie so ERG nie.... sy modderpade is erger. :imaposer:

Dankie vir die deel.

Ek sien jou by die Bash  >:D

Nee man jy kan my mos nie nou los nie.... jy KAN mos fiets ry !
 
bliksem dit was great    amazing chaps great photo,s
 
Lekker  storie,  eks bly jul weskaapenaars kom ry darem bietjie i. onsmooi wwêreld ook.  Respek vir daai modder en GRpoort,  so trip laat mens altyd terugdink en stilweg smile.  :ricky:
 
Ek het nou baie lekker gelees, dankie.  :thumleft:
 
Top