Gamkaskloof, oor Grootrivierpoort en tot in Graaff-Reinet

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Lyk my my plaaspad raak nou heel berug  :lol8:

Hier is jou oopsiefoto Woody.  Maar ek moet sê dit was net slegte geluk dat jy daar omgetiep het.  Die positiewe sy van daai ons rit op my pad was dat ons baie vinniger as Chris en KR daarlangs is. Net verdere bewys dat BMW 1200 Adventures op tolpaaie hoort te bly  :imaposer: :imaposer: :pot:

En ja, ek was net so bly soos jy om die teerpad uiteindelik te haal.
 
Attachments

  • P6090042.jpg
    P6090042.jpg
    286.3 KB
  • P6090043.jpg
    P6090043.jpg
    250.6 KB
Ons sal nou moet vote watter plaaspad is die ergste. Joune Dorsland, of Mof se tweespoor na Kransgat.  :imaposer:
 
Ek kan nie oor Mof se pad kommentaar lewer nie omdat ek nog nooit daar was nie maar wat ek wel kan sê is dat my maaltande al amper weggekners is as gevolg van my modderpad.  :lol8:
 
Nee wat Dosland ek ry Mof se pad baie eerder voor ek joune weer in die nat aandurf.
Daai modder was/is my baas. :biggrin:
 
Dorsland said:
Ek kan nie oor Mof se pad kommentaar lewer nie omdat ek nog nooit daar was nie maar wat ek wel kan sê is dat my maaltande al amper weggekners is as gevolg van my modderpad.  :lol8:

Spot sommer oor Mof se pad wat n "kleintjie" is teen daai hinderlaag ( modderpad) van jou.
Glo na hierdie RR kom geen biker weer vir jou kuier in die reenseisoen nie  :imaposer:
 
Die lekker kuier op daai plaas maak op vir die modder pad. Gawe mense se ek vir julle....voorwaar gawe mense. :thumleft:
 
Klomp banggatte  :imaposer:  Dis net modder, sagter as klippe.  Ek dink net julle hou nie van soya patties nie  :pot:  Ek sal maar die padtoestand pos sodat voornemende besoekers self kan besluit.

woody1 said:
Die lekker kuier op daai plaas maak op vir die modder pad. Gawe mense se ek vir julle....voorwaar gawe mense. :thumleft:

Dankie Woody, jou tjek is innie pos  ;)  Bly jy het lekker gekuier, al het jy en Sussie net een keer gaan rus  :biggrin:
 
sal kyk of ek die video vanaand al kan opkry.  Vir die manne wys hoe STADIG ry jy 'n grondpad.  :pot:
 
Los die tjek.. netnou is hy van rubber gemaak.  Jy kan liewer van daai lekker Kudu droewors pos.  :peepwall:
 
woody1 said:
sal kyk of ek die video vanaand al kan opkry.  Vir die manne wys hoe STADIG ry jy 'n grondpad.  :pot:

Jis nee kyk nou skop jy my terwyl ek lê.  Eers die Skills Challenge my naam velskoen gemaak, nou kom jy met dié Ou Oom Modderpad Run video.  Ek sal iets moet doen om my naam te herstel  :lol8:
 
Dorsland se modder pad.  Op die oog af lyk hy mooi, maar probeer hom ry dan kom jy agter hoe snotterig hy is.
Daar waar sy wiele inval is seker daai vore van die trok wat nog nie vas gery is nie.

Video geneem met my BRAKPAN GO-PRO TABLET  :imaposer:

Sussie bak modderkoekies

Dorsland Vastrap
 
As ek so na die stories kyk, luister en lees, dan is ek maar bly ek het net voor die grondpad omgedraai  :deal:  :peepwall:  :lol8:
 
Oom Woody ry mos vêr om hier by ons te kom val , kyk daai modder is net moeilikheid . Verbasend hoe baie reën daai omgewing gekry het.
 
Die vorige dag toe ek inkom plaas toe toe kap ek hom 100 km/h.
Daai nag 01h00 toe REEN !!!! dit.
Volgende oggend toe lyk hy so.
 
Wel gedaan oom , dit was seker nie maklik om daai S10 te hanteer in daai modder nie  :thumleft:
 
Top