Gamkaskloof, oor Grootrivierpoort en tot in Graaff-Reinet

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
woody1 said:
Dorsland said:
woody1 said:
Hierdie storie kom of hy gestuur is.
Ek beplan hoeka om oppad EC Bash toe oor Grootrivierpoort te gaan.
Moet nou net vir Dorsland oorreed dis nie so ERG nie.... sy modderpade is erger. :imaposer:

Dankie vir die deel.

Ek sien jou by die Bash  >:D

Nee man jy kan my mos nie nou los nie.... jy KAN mos fiets ry !

Nee ek gaan jou nie heeltemal los nie - net so voor jy heel mal raak en oor daai Grootrivierpoortpas wil gaan. Ek sal vir ons solank 'n mooi kampplek uitkies en die koues koud hou.  ;)
 
Lekker RR van 'n baie mooi Area. :thumleft:
 
Great RR! Thanks for sharing! Would not have enjoyed the snotty mud you guys rode! Well done!
 
Dorsland said:
woody1 said:
Dorsland said:
woody1 said:
Hierdie storie kom of hy gestuur is.
Ek beplan hoeka om oppad EC Bash toe oor Grootrivierpoort te gaan.
Moet nou net vir Dorsland oorreed dis nie so ERG nie.... sy modderpade is erger. :imaposer:

Dankie vir die deel.

Ek sien jou by die Bash  >:D

Nee man jy kan my mos nie nou los nie.... jy KAN mos fiets ry !

Nee ek gaan jou nie heeltemal los nie - net so voor jy heel mal raak en oor daai Grootrivierpoortpas wil gaan. Ek sal vir ons solank 'n mooi kampplek uitkies en die koues koud hou.  ;)

Bly weg met jou nuwe bike uit Grootrivierpoort. Net n resep vir onnodige skade  :xxbah:
 
Moer Nice Ride en Report!!!... Smaak my daai pad deur Grootrivierpoort lyk maar redelik aan die skurwe kant....
 
subie said:
Bly weg met jou nuwe bike uit Grootrivierpoort. Net n resep vir onnodige skade  :xxbah:

Nee kyk Subie,  soos ek die ding sien gaan daai Bash my in elk geval moeg maak sonder dat ek nog moeg (en stukkend!) daar aankom
 
Nou ja ek is nou in jou hande.  Jy ry voor en ek volg.... net nie te vinnig ry nie, jy weet mos die wittes is STADIG se hulle.  :peepwall:
 
woody1 said:
Nou ja ek is nou in jou hande.  Jy ry voor en ek volg.... net nie te vinnig ry nie, jy weet mos die wittes is STADIG se hulle.  :peepwall:

Woody, ek gaan bietjie vir Basecamp weer beloer dan stuur ek vir jou 'n paar roete opsies vir jou insette.   :thumleft:  Ek was nog nooit Baviaans toe nie so as daar vannie Dawgs is wat 'n paar lekker voorstelle vir roetes van Graaff-Reinet se kant af het, gooi hulle bietjie hier: https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=149471.msg2846133#msg2846133

Ek wil nie die manne se lekker RR bederf nie  :)
 
Dorsland ek betwyfel vir gn oomblik dat jy genoeg skill het om Grootrivierpoort te doen
en jy het die regte lyf MAAR kry eers n paar growwer tekkies OF vat die cruiser en die
2IB en n kosmandjie en gaan kyk hom.

Ek erken sommer maklik dis die skytbangste wat ek al ooit in my lewe op twee wiele was. :eek7:

Rede: die padrat vir n eerste wat die duisters vir die 1200 ingesit het. Die ding hol weg
bultaf en dis te los om die spul gebriek te kry.
Smaak my die klippe lyk ook harder daar as op ander plekke op aarde.
Voetjievoetjie paddle sal ook nie werk nie want die spul is net te los.

Ek ry/loop eerder weer jou modderpad as Grootrivierpoort. :deal:
As ek hom weer moet doen sal ek hom klim maw vanaf Steytlerville ry. :deal:

Natuurlik sal daar op n dag iemand hom ry met n GSA of iets dergliks met n pillion
en sê dit was n walk in the park maar dit sal nie ek wees nie!!! :imaposer:
 
Dalk moet ek maar die CTX 200 vat en daai pas gaan ry  >:D  Sal net so 3 dae moet toelaat vir die lang ente tussenin  ;D

Ag nee Chris, ek is nie lus om skade op die fiets of myself aan te doen nie.  As ek nie handewerk van verrig nie, dan verdien ek nie geld nie so dis nie eers 'n opsie vir my nie.  As ek 'n adrenalien boost soek dan gaan ek Randse Skou toe en ry die skopplemaaie daar  :imaposer:
 
chrisL said:
Dorsland ek betwyfel vir gn oomblik dat jy genoeg skill het om Grootrivierpoort te doen
en jy het die regte lyf MAAR kry eers n paar growwer tekkies OF vat die cruiser en die
2IB en n kosmandjie en gaan kyk hom.

Ek erken sommer maklik dis die skytbangste wat ek al ooit in my lewe op twee wiele was. :eek7:

Rede: die padrat vir n eerste wat die duisters vir die 1200 ingesit het. Die ding hol weg
bultaf en dis te los om die spul gebriek te kry.
Smaak my die klippe lyk ook harder daar as op ander plekke op aarde.
Voetjievoetjie paddle sal ook nie werk nie want die spul is net te los.

Ek ry/loop eerder weer jou modderpad as Grootrivierpoort. :deal:
As ek hom weer moet doen sal ek hom klim maw vanaf Steytlerville ry. :deal:

Natuurlik sal daar op n dag iemand hom ry met n GSA of iets dergliks met n pillion
en sê dit was n walk in the park maar dit sal nie ek wees nie!!! :imaposer:

Waar is Die Arende???
 
      Toe die foto geneem is ,kon jy my met n grashalm omtik.Ek wou kots van uitputting en senuwees.Nie weer nie.
 

Attachments

  • Moertoe.jpg
    Moertoe.jpg
    196.3 KB
mooi RR. Dis mos hoe dit gedoen moet word.

Wil julle nie dalk die dust riders sticker na mud riders to verander nie

Image00055_zps200ad7c0.jpg
 
heheheheh :imaposer:
Ja maar dan moet die riders verander word na paddlers/walkers :eek7: :biggrin:
 
Julle is twee ysters  8)
 
Bie said:
Dit kom nou van voor mens se deur verby ry sonder om te kom groet.  :pot:

Bie, ek wil nou nie snaaks wees nie, maar is geneig om met jou saam te stem.

Chris ons het so paar maande terug n groep Duitsers daar gaan uit haal in Grootrivier poort wat nie kon uit kom nie, hulle het iets soos 5 ure onder spandeer en kon nie uit kom nie. Die een wat wel uit gekom het het geweier om weer af te gaan en sy vriende se bikes uit te ry. Almal gehuurde 1200's.

Ek moet sê n 1200 loop darem lekker Patensie toe, veral as sy baas agter op n bakkie sit. :ricky:
 
NemoD het julle Grootrivierpoort uitgery in Patensie se rigting?
As ek hom weer doen sal ek eerder wil klim as die sak vanaf Patensie na die rivier.
Ergste wat kan gebeur is jy stall en tip om MAAR die sak gebeur heelwat vinniger.
 
Top