Gamkaskloof, oor Grootrivierpoort en tot in Graaff-Reinet

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
chrisL said:
NemoD het julle Grootrivierpoort uitgery in Patensie se rigting?
As ek hom weer doen sal ek eerder wil klim as die sak vanaf Patensie na die rivier.
Ergste wat kan gebeur is jy stall en tip om MAAR die sak gebeur heelwat vinniger.

Ek het gewoonlik Stydtlerville toe gery vir ontbyt en dan weer terug patensie toe, maar die XR is mos verkoop so nou help ek maar as daar toer groepe moeilikheid optel. Hulle kan my bakkie ry net solank ek hulle expensive bikes kan ry. ;)
 
Gister daai pad met JK gery.  Hy is nou droeër maar Dinsdag en Woensdag, na 31mm reën, was dit erg gewees.  Selfs met die 4WD gesukkel.
 
Attachments

  • Modderige pad.jpg
    Modderige pad.jpg
    89.2 KB
O jinne kyk hoe gril ek nou!!!! :eek7:
Lyk asof daar n laag slap modder bo op die blad lê. Miskien moet hulle dit die winter uitskraap.
 
Ek het Donderdag bietjie met my buurman gaan praat oor dat hy die pad so opvoeter Chris.  Hy sleep daai lusernlinks met sy trekker op so 'n sopnat pad dat hulle daai slote so grou.  As dit droog word is daai walle so hard soos 'n randsteen.  Hy het belowe hy gaan die pad Dinsdag skraap.  Moeilik om te glo daar is mense wat so onbedagsaam is  :dousing:  Dit reën mos nie weke aaneen hier nie, hy kon sekerlik net met 'n dag of twee uitgestel het.
 
Daai pad sal my nog lank bybly. Ek en Chris het diep spore daar getrap... :biggrin:
 
:imaposer: :imaposer:  Hulle is nog steeds daar en gaan nog laaaaaank daar wees
 
Ja my kroon, reg so my kroon.  Die Wirtgen masjiene is reeds op pad om als te grind en teer sodat die Sussie nie stof kry nie  :imaposer:

Pad is klaar nat gegooi om die ergste stof te keer
 
Attachments

  • modderige pad 2.jpg
    modderige pad 2.jpg
    34.2 KB
Die video's van ons trip:

[flash=800,500]https://www.youtube.com/v/9BCMEgRYtdg[/flash]

[flash=800,500]https://www.youtube.com/v/OqYWegSlt5A[/flash]

[flash=800,500]https://www.youtube.com/v/t0zWVB_mbtw[/flash]

[flash=800,500]https://www.youtube.com/v/SHit9hQGKDw[/flash]

[flash=800,500]https://www.youtube.com/v/EJgrFQdJr1o[/flash]
 
"and I wonder, still I wonder, who'll stop the rain ...."  :imaposer: :imaposer: :imaposer:  Enige ou wat van CCR hou, is altyd welkom hier, snotterige pad of de not  ;D.  Baie lekker flieks gekyk nou.  Julle het die land stukked gery jong.

Ek ryg die Dawgs nou in op daai pad: Vrydag het Woody ook daar geval.  :)
 
Dorsland said:

Ja kyk CCR se manne mag maar.  :deal:
Bly jy't die flieks geniet, Dorsland.  Sal daar nou iewers fotografiese materiaal van Woody se insident wees? :peepwall:  Ek wil eintlik meer sien hoe die pad nou lyk!  Weet nie of Chris jou gesê het nie, maar hy't heel toevallig die drywer en sy trok padskraper in Riversdal raakgeloop.  Was blykbaar nie moeilik om daai klei onder sy pens te herken nie...  Klein wêreld!
 
Groot respek ouens.  :thumleft:
Daai modderpaaie sou ek nie oorleef het nie. Wat nog te se met sulke groot bikes. :eek7:
Great video's en ek save hulle definitief 
 
Sit nou dag 5&6 weer en kyk. Doodsweet slaat sommer op my lyf uit  :binkybaby: :notworthy:
 
subie said:
Sit nou dag 5&6 weer en kyk. Doodsweet slaat sommer op my lyf uit  :binkybaby: :notworthy:

Ja daai was nogal 'n dag om te onthou!  En die video wys natuurlik maar 'n deeltjie van die 4 ure wat ons daar doenig was...  Wat ek sal onthou was die goeie gees waarin ons dit aangepak het, daai "never say die" houding en dan nog 'n grap of twee ook so af en toe!

Weens die modderwalle (wat die trok veroorsaak het) het Chris se voet bly vashaak daaraan as hy op die grond probeer trap, so die grootste respek aan hom wat daai aanhoudende kilometers gestap het.  :salut:
 
Dorsland said:
"and I wonder, still I wonder, who'll stop the rain ...."  :imaposer: :imaposer: :imaposer:  Enige ou wat van CCR hou, is altyd welkom hier, snotterige pad of de not  ;D.  Baie lekker flieks gekyk nou.  Julle het die land stukked gery jong.

Ek ryg die Dawgs nou in op daai pad: Vrydag het Woody ook daar geval.   :)
MAW Sneeu Witjie is nou Rooi Moddertjie :imaposer:
 
Korreksie... Sneeu Witjie was gewees... Dis nou Sneeu Witjie se SUSSIE of sommer SUSSIE.

Ag man Chris, sy is so 'n gawe meisie sy wou maar net vir die OU MAN bietjie modder koekies bak.  Mens STAAN mos nie as jy modder optel nie, jy gaan skep hom daar onder.  :imaposer:
 
Goeie werk julle. Oom Chris ons vertel van die modderbad by Veldtie. Wat se Footpeg se Pa......ons ry nie modder nie.  :3some:
 
Lekker gelees nou. Modder bly maar 'n bliksem maak nie saak hoe baie mens oefen nie! Sal nou verseker bietjie Grootrivierpoort moet van nader af gaan bekyk  :ricky:
 
Daar is nie modder by Grootrivier poort nie.  Daai modder is by Dorsland se plaas. So MOENIE VIR HOM GAAN KUIER NIE !!! punt  :peepwall: :imaposer:
 
Top