Dusty Rusty
Grey Hound
Daar is baie dinge wat ons almal nog wil doen. Ek ook. My grootste plaaslike droom doen ding is seker om al my verlof in een slag te gebruik en met die 125 Lesotho of Melawi te gaan verken. Dan sal ek ook om die land wil ry met die 125 maar ek sal waar dit moontlik is als op twee spoor paaie oor plase en so aan wil doen. Dan wil ek nog Karoo skape help trek in die winter van een plaas na die ander.
Maar daar is honderde kleiner doen dingetjies ook op my lysie wat ek graag sal wil doen. Daar is Baviaans, Hel, Bosluiskloof, die regte ossawa Attakwaskloof pas, Ek wil nog met Lexi op Malgas se pond ‘n lift kry en Verneukpan toe gaan. But all in good time.
Ek het nog nooit van tevore ‘n solo trippie gedoen nie (hierdie was ‘n baie klein enetjie) en ek wou vreeslik graag uitvind hoe dit voel! Dit was beslis op my bucket list, so ligsinnig soos wat dit vir sommiges mag klink!
En toe gebeur dit.
Voordat die solo trippie in wording was was die oorspronklike plan om op ‘n plaas te gaan explore terwyl Nismark –hulle die rooi roete reccie vir die CABC. Nadat die logistic toe nie so mooi uitgewerk het nie, het ek aangeneem dat ek vir ‘n slag by die huis gaan bly oor ‘n naweek.
Dit was toe dat Nismark my bbm met ‘n “hoekom ry jy nie Saterdag Ceres toe nie, dan kry ek jou daar” Natuurlik was ek ek game! Na ‘n paar oor en weer bbm’s het Nismark vir my ‘n kaart uitgewerk Ceres toe met soveel grondpad as moontlik. Hy het ook vir my nota’s ingeskryf want ek is maar ‘n ou loskoppie wat vinnig gesidetrack raak.
Een ding wat so bietjie in my agterkop was is, “wat maak ek as ek ‘n pap band langs die pad kry?” Al tools wat ek van my eie gehad het was ‘n 9 spanner wat nie op die bike sou pas nie. Die tooltjies wat saam met die bike gekom het, sou ook nie juis die job kon doen nie) En, behalwe dit, ek het nie ‘n clue hoe om ‘n tire om te ruil nie!
So het Nismark toe vir my ‘n sag gebring deur die week (want ek het ook nog nie ‘n bagasie sak nie!) wat ek kan gebruik vir my naweek goodies sowel as ‘n fietspop, ‘n tire pressure dingetjie en tire weld. (dit was die beste op kort kennisgewing) Intussen het ek maar maar vir so een of twee WIlddogs op standby gehad as iets sou verkeerd loop en ek sit gestrand. Mind you, ek het tot hul ICE nommers op my bike geplak! Praat van planning a ride.
Die idée van my eerste aleen trippie wat om dit absoluut te geniet, nerens heen te jaag nie, en te stop waar en hoe lank ek wil. Nismark sou in elk geval eers laat middag se kant ook in Ceres aankom. Omdat ek die heeldag tyd gehad het om van Bellville af na Ceres te gaan het ry kon ek lekker laat snooze. Dis ook toe presies wat ek Saterdag gedoen het! Ek moet bieg, terwl ek my goedjties gepak het en die diere uitgesort het het ek erg op my senuwees begin voel! Erg! Al rede waaraan ek kan dink is dat ek skrikkerig was vir die karre wat op die teerpad van agteraf verby jou zoep en jou die skrik op die lyf jaag!