Going Solo

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Toe ek weer by die teerpad kom toe sien ek ek het eintlik die Porseleinberg pad gery!
 

Attachments

  • 100_6462.jpg
    100_6462.jpg
    33.9 KB
Van daar af was dit teerpad Riebeek toe.  Mooi ou dorpie. 
 

Attachments

  • 100_6463.jpg
    100_6463.jpg
    36 KB
  • 100_6467.jpg
    100_6467.jpg
    56.5 KB
  • 100_6469.jpg
    100_6469.jpg
    40.9 KB
Riebeek was al redelik stil, dis was al middag toe ek daar deur is.  Die volgende grondpad het ek maklik gekry.  Nismark se aanduidings sover was maklik en ek kon dit maklik volg.  Die pad was nogals los met bo-laag sand plek plek.  Mooi pad.  Daar was ‘n brug/ kanaal waaroor ek moes ry waar daar ‘n kanoe event plaasgevind het.  Dis was so weird om ewe skielik al die karre en mense op die pad te kry.  Ek was toe al lekker bederf om die pad vir myself te he. 

Langs die pad toe sien ek my gunsteling.  Skape!  Natuurlik moes ek stop.  Ek sien van die boere skeer van die skape so half- half.  Die rug wolle is nog dik bo op maar hier by die pens gedeelte is dit kaal.  Hierdie  skape het egter nog hul wolpakkies aangehad en hul het vet en happy gelyk.  En terwyl ek so bietjie vir die skape gekyk het en hulle vir my het ek weer gedink oor die skaapkop etery. 
 

Attachments

  • 100_6470.jpg
    100_6470.jpg
    50.4 KB
  • 100_6471.jpg
    100_6471.jpg
    50.4 KB
  • 100_6472.jpg
    100_6472.jpg
    46.7 KB
  • 100_6473.jpg
    100_6473.jpg
    45.6 KB
  • 100_6474.jpg
    100_6474.jpg
    45.9 KB
Pragtig, julle Kapenaars is omtrent bederf !!!
 
Die pad was te vinnig klaar en ek het aangesluit by ‘n teerpad. 
 

Attachments

  • 100_6475.jpg
    100_6475.jpg
    60.1 KB
Iets het nie sin gemaak op my kaart nie.  Op my kaart het daar gestaan, draai regs.  Huh?  Maar die Ceres pad gaan dan links?  Vir ‘n hele ruk het ek met ‘n frons gesit en probeer uitfigure wat aangaan.  Ek het die kaart bekyk en bekyk.  Dalk het Nismark ‘n grondpad stuk ingewerk.  Ek draai regs.  Al wat ek geweet het is dat die volgende plek Gouda is.  Right, ek ry en ry en wag vir ‘n Gouda bord om op te kom.  Al wat ek sien is is dat Wellington nader kom.  En ag vadertjie, dan kom die groot trokke ook nog so dreunend van agter of voor en dit voel of ek van die fiets wil afwaai.  Langs die pad trek ek af.  Hier staan dan ‘n bord waarop se Riebeek is 11 km.  Dammit.  Ek kan net sowel daar inry en weer die grondpad oorry.  Maar dit het begin laat word.  Right, bel vir Nismark.  Trieng-trieng.  Niks.  Trieng-trieng.  Boggerol.  Trieng-trieng.  Mmmmmm hy  is seker nog besig om paaie te reccie vir die CABC  rooi roete.  Kyk op my foon waar Goude is.  Genade tog.  Dis anderkant toe!  Ek draai om en ry terug.    Alhoewel ek nogals gewonder het oor waar wat fout gegaan het, was ek so relaxed dat ek nie eintlik gepla kon wees nie.  Ek het maar besluit om teerpad tot by Gouda te ry en te kyk of ek weer kan opvang met grondpad iewers op die kaart.  Net voor Gouda toe kom  daar ‘n paar BMW’s van die  Tankwa Gathering af verbygery.    Het vir Pote herken in die ry en ek dink Mapsource ook. 
 

Attachments

  • 100_6476.jpg
    100_6476.jpg
    62.1 KB
Ek was bietjie teleurgestel in myself dat ek die kaart iewers mis gelees het of dat iets  per ongeluk verkeerd iewers aangedui is. Ek was bietjie skrikkerig om my eie afleiding s te maak en die kaart weer te probeer volg, so ek het maar teerpad toe aangestoot Ceres toe.  En toe gebeur dit.  Ek kon nie meer my oe oophou nie.  Ek kon voel ek gaan aan die slaap raak op die bike.  (ek was baie relaxed ne?  :D)  Ek het maar begin uitkyk vir ‘n aftrek plekkie langs die pad waar ek kon snack en weer bietjie kon wakker word.  
 

Attachments

  • 100_6479.jpg
    100_6479.jpg
    56.3 KB
  • 100_6480.jpg
    100_6480.jpg
    75.9 KB
  • 100_6481.jpg
    100_6481.jpg
    92.7 KB
sub DR..so lekker rustige sightseeing trip...baie goed vir die siel....en al die pragtige skape en beeste...jy het great smaak!
 
Na ek weer bietjie wakkerder gevoel het was dit die laaste entjie Ceres toe.  Gelukkig vir my was daar baie stadige (eintlik net perfek vir Lexi om te slipstream) trokke op die pad.  17* km later het ek met ‘n baie gelukkige hart by Brigadier se huis gestop.  Dit was lekker!  
 

Attachments

  • 100_6487.jpg
    100_6487.jpg
    74.7 KB
Alhoewel ek baie vies was vir myself dat ek uitgemis het op van die grondpaaie,  was dit ‘n baie lekker rit.  En ek weet nou iewers is daar ‘n afdraai waarvoor ek my oe moes oophou.  Ma nee, aapstert dagdroom mos so baie terwyl sy ry dat sy vergeet om vir afdraaie te kyk!

Ek hou die kaart, ek wag net dat Nismark weer op ‘n boy’s naweek gaan met sy bike.  Dan doen ek die trippie weer, met ‘n lunch stop in Riebeeck (natuurlik gaan ek weer behaaglik laat slaap) en dan sal ek my oe wawyd oophou vir daai afdraai. 

Ek sien uit daarna
Xxxx

(dankie vir die ouens wat op “stand by” was as daar iets dalk sou gebeur. Julle is great!)
 
laurika said:
sub DR..so lekker rustige sightseeing trip...baie goed vir die siel....en al die pragtige skape en beeste...jy het great smaak!

Dankie Laurika!  Daar was 'n hele paar ouens wat geweet het van die trippie en jy weet hoe dit gaan:  hulle se mos altyd "ons soek 'n RR en baie foto's"  Toe't ek maar my bes gedoen om soveel as moontlik te neem.  Maar ja, ek is baie lief vir diere;   

Ek sien baie daarna uit om die roete volgende keer volledig klaar te maak. :)
 
Dankie Dusty, jy bly beslis in n fantastiese deel van die wereld. Eendag dan doen ons hopelik n trip saam op die kleintjies.
 
Baie nice! Wil ook nog 'n groot trip doen op 'n 125cc.  :thumleft:
 
Heerlik.  Ons is so bevoorreg om in so mooi land te bly en dit te kan geniet.

Mooi fotos, DR. 
 
Geotraveller said:
Verneukpan in Augustus?  :peepwall:

Aug doen ons mos ons 5 dae trippie.  Maar in n ander rigting. Ons wil soontoe as dit nie reenseisoen is nie.

 
Top