Haenertsburg

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Masai

Pack Dog
Joined
Nov 24, 2008
Messages
361
Reaction score
3
Bike
BMW R1200GS
Tussen hier en daar le die pad wat ons moet stap.

Onverbiddelik die spoor moet vat

na waar die son vir ewig sak

En Moeder aarde uitroep "My Kind"

En jou in haar bekken toevou

En Arushakind sy rusplek vind

Maar voor my oe vir ewig toegaan vir die laaste slaap en ek kosblik moet ingee en hulle my inspit wil ek nog eers gou 'n
klompie draaie ry. Die jaar het al 'n entjie begin stap en ek het nog maar bloot 'n klompie dagtoere onderneem. Dit was tyd
vir iets meer. Vir 'n reis. Ek het iewers gelees dat reisigers nie eintlik weet waarheen hulle oppad is nie .... toeriste
weet waarheen hulle ry. Partykeer dink ek ek reis maar so ter wille van reis. As die reis gogga jou eers gebyt het ....
daar is nie medisyne daarvoor. Jy gaan dit bloot doen. Jy is verslaaf daaraan vir die res van jou lewe.

Vrydag oggend die motorfiets uitgestoot en gekyk of sy brand druk reg is en of die olie genoeg is.Saalsakke vasgemaak en
seker gemaak die paar stukkies gereedskap is reg. Skielik onthou ek moet iewers 'n nuwe binneband koop. Flessie vol warm
water gemaak. Paar stukkies klere ingegooi. Koffie en die normale saam ry goete. Die Kindle was gelaai met 'n vol battery
en 'n nuwe boek. Die pad het geroep

 

Ek is nie lief vir kool. Vermoed dis teen my geloof



Sommer net so entjie voor die snelweg is daar die ou militere toerusting





Het besluit om tyd op te maak en het die snelweg gevat in die rigting van Warmbad. Glad nie lief vir snelweg ry. Het die
oorfoontjie vir musiek. Op 'n motorfiets kan mens nie in die ry die volume stel. In my ore het iemand gesing wat die
stemhoogte en deurdringings vermoe het van 'n industriele bandsaag het. Sy was stadig besig om my mal en doof te maak. Ek
het onder 'n brug gestop by verkeers polisie en die dame uit my oor verwyder. Die verkeerspolisie het nader gestaan en
gehoor waarheen ek oppad is. Swart vrou ... een van die verkeerspolisie, het my beloof sy gaan nog eendag ook 'n motorfiets
besit en sommer net ry. Intussen vangs sy hulle maar

Het die afrit Warmbad toe geneem.





Besluit om hier te stop vir koffie en ontbyt

















Na 'n lekker eet en boude rek het ek die ou pad gevat Nylstroom toe. Nogals 'n mooi stuk pad so oor die berg



As mens op 'n motrofiets is kry jy baie tyd vir dink. Ek het gedink aan my deurmekaar huis en dat ek eintlik die naweek
moes gebruik om hom op te ruim. As jy alleen bly is huis opruim nie hoog op die prioriteit. Het besluit dit moet maar eers
so bly. Dalk daag daar diewe op om te kom kyk wat waardevols is en hoef ek net eenmaal op te ruim. En as ek iewers ingespit
gaan word voor die opruim gebeur is dit die kinders se probleem. As mens se huis te skoon en opgeruim is voel jy later soos
'n toeris in jou eie huis. Wonder wat gaan die kinders se as hulle op my 1978 Scope afkom met Miss July op die voorblad.
Daai Scope het nog sterretjies op wat jy nie kon aftrek

Soos mens in Nylstroom inkom op die ou pad ry jy verby die begraafplaas. Normaalweg jaag mens maar deur. Vandag het ek
besluit om te stop. Dis wat ek daar gesien het





Ok ok ... ek weet ek pos te veel foto's van die fiets. Maar is maar net oordat ek van hom hou. Ek besit twee fietse ( tans:))
Die 800 GS en ook 'n 650 Dakar. Elkeen het nogals sy plek.

Die Dakar.









Die klompie grafte het my stil gemaak. Ek was skielik diep onder die indruk van my verlede.

En die aaklikheid van 'n oorlog. Die aakligheid van 'n grensoorlog waar vel gebreek word en bloed getrek word en lewens
verloor word.

Klompie skool seuns het nader gestaan en een wou weet of dit 'n 1000 cc is en hy wil ook nog motorfiets ry. Maar ek was oppad Haenertsburg toe


 
Top