Hont val in Clarens

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Fearless

Pack Dog
Joined
Apr 9, 2012
Messages
498
Reaction score
0
Location
Ladysmith
Bike
Kawasaki KLR 650
Crazy Biker Chick haar gat gesien toe ons Clarens inkom. Manne besig om die geel lyn op die kant van die pad te verf. Nie gedink dit sal nog nat wees nie en sy gly net toe ons die dorp inkom. Paar skrape en kneusplekke maar sy is reg. Besig met 'n cane, passionfruit en lemonade om die senuwees te kalmeer. Sal later iets vir haar gee vir haar senuwees.
 
Yip dit is 'n ride report. Moet net nog so bietjie kalmeer. Sal fotps opsit.
 
Slide report more than a ride report. Gee daai foties.
 
Sel foon kan nie fotos resize. Sal by die huis die fotos opsit.. 2 biere en 2 cane en pfrui nou kan ek aandag gee aan haar senuwees. Gelukkig het sy geen krane se wasters gesny nie. My senuwees sou dit definitief nie maak nie.
 
Daai geel streep in die agtergrond was nat.
 

Attachments

  • DSC_0197(3).jpg
    DSC_0197(3).jpg
    430.1 KB
So leer ons die hele tyd. Die ander dag het ek amper ook neergeplak toe ek in die reën op 'n dik wit lyn my voorrem getrek het. Een van die basiese moenies in motorfietsry. Bly sy het grootliks ongedeurd daarvan afgekom. Sy het verseker haar merk gelos.
 
Maar kom ons begin van voor af. Marina se oupa en ouma het in Streydenburg gebly. Eendag toe val iemand met 'n Honda in die hoofstraat. Oupa Kritzinger het nie mooi geluister nie en wou toe weet wat soek die man op die hond se rug. Die spelling is maar te danke aan 'n storie wat Dorsland geskryf het.

Vanoggend besluit ons om oor Oliviershoekpas,  Clarens toe te ry. By Coyote Cafe (Little  Switserland) gestop vir koffie en koek. Daar word aan die pas gewerk aan die KZN kant,  maar ek het geweet die  Vrystaat kant is maar verwaarloos. Groot was my verbasing om te sien daar is weer 'n begin gemaak aan die Vrystaat  kant.
 
Julle honte moet veilig ry en minder val :lol8:

Bly die woesterny verby Sterkfonteindam word nou weer mak gemaak.  Ek hoop net nie daai klomp Retiefmoordenaars verdwyn weer met die geld nie en dat daai mooi pad weer in ere herstel word.
 
Hierdie tablet druk my moermeter nou heeltemal in die rooi. Kom ons probeer weer. Ek het nie The Great Fall of China gesien nie net gehoor. Toe daai voorwiel  die nat verf tref was dit neusie verby. Die hele bike vol verf.
 

Attachments

  • DSC_0199.jpg
    DSC_0199.jpg
    478.2 KB
Die padboumasjiene vir nou. Hoop maar dit werk die keer.
 

Attachments

  • DSC_0209(1).jpg
    DSC_0209(1).jpg
    390 KB
As jy wil weet hoeveel tread op die pad is as jy 'n draai vat teen ongeveer 40km/h.
 

Attachments

  • DSC_0200.jpg
    DSC_0200.jpg
    480.2 KB
Nadat ek myself gekalmeer het en met 'n so so kerrie en rys onder die belt het sy besluit om een van die locals te voer. Geen wonder ek is 27 jaar gelede saam met haar huistoe nie.
 

Attachments

  • DSC_0201.jpg
    DSC_0201.jpg
    419.8 KB
Ons is bevoorreg om Golden Gate net om die draai te he. (Die tablet doen nie ^ op die e nie).
 
Golden Gate
 

Attachments

  • DSC_0204.jpg
    DSC_0204.jpg
    476.5 KB
  • DSC_0203.jpg
    DSC_0203.jpg
    425.6 KB
Daai lang afdraende verby Sterkfontein se wal. Die weer was besig om te draai en ons moes gou maak. Die laaste foto is maar vir die wat lanklaas dit gesien het. Dit is Platberg by Harrismith in die agtergrond.
 

Attachments

  • DSC_0210.jpg
    DSC_0210.jpg
    338.5 KB
  • DSC_0206.jpg
    DSC_0206.jpg
    321.7 KB
What time were you guys in Clarens?
I was also there on Sunday at about 11:30 and left about an hour later and rode through Golden Gate.
 
I had the fall around 12:00. We had lunch at Amigos en to recover little bit.
 
Top