Kanaal roete.... sonder ons crappy gps

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Topie

Race Dog
Joined
Sep 28, 2011
Messages
534
Reaction score
1
Location
Pretoria
Bike
Yamaha TW200
Die kanaal roete...vanaf Brits na Beestekraal stasie.... n glibberige kalant die trippie... pap wiele..Erge koue.. reen..en n bottom of the range Gps ..n Maand te vroeg vir die Ride of Hope met Mark en Malibu ( wou net kyk of ek darem nog kon onthou waar hulle perseel is.. en finally toe die dag aanbreek vir die ride of Hope...n moerse bverkoue /griep.
Elke keer as Ek /Ons die trippie aanpak val iets voor wat spoediglik n einde aan die trippie maak..

So was dit toe ook dat ek lus was om die kanaal roete aan te durf..  :ricky: weer n keer. Het desperaat gesoek na ander honde om mee saam te piekel maar dit was nie beskore nie.
So het ek en Mev Topie besluit ons gaan hom ry, net buite Brits se Oukassie gaan ons begin (dit is immers tot waar ons gekom het die vorige keer  :imaposer:) en kyk waar eindig ons op.  Met n bietjie geluk kan ons dalk Beestekraal haal.

So begin die dag..


Benut die teerpad tot waar ons wil wees tot waar ons wil wees..

So volg ons die kanaal ...n hele paar verkeerde draai .. n helse klomp U draaie en n vriendelike Local hou ons op koers..

Op n punt sien ek dat daar baie merke in op die grond pad is soos daar gespin en geslide was...dalk n goeie rigting aanduiding?

Drie prettige waterkruisings later begin ons onsself rerig geniet... ry net..kyk waar die pad ons vat..

En daar eindig ons op op privaat grond...die eienaar was half moerig..lyk asof dit dalk n gereelde ding kan wees...klaarblyklik kan bikers nie die bordjie raaksien OF lees nie  :deal: :imaposer:

Ons het nou wel nie beestekraal stasie gehaal nie maar baie naby gekom ( die garage so kilo of twee voor Beestekraal).. daar het ons volgemaak en besluit........ kom ons ry dieselfde roete terug huis toe...

Dit was selfs meer interesting.. dinge lyk mos heel ander uit n ander rigting gesien.

Lemoenboorde?? te lekker..Stop en steel die verbode vrug en geniet hom daar reg langs die pad...
Dit was dalk n baie goeie ding ....die volgende oomblik kom daar 3 quads met n helse gejuig om die draai teen n geweldige tempo..ek sidder aan wat sou gebeur het as ons op daai tydstip op die pad was .

Maar nieteenstaande het ons veilig by die huis aangekom..moeg,vol stof en n groot smile .... in 1 stuk op die koop toe.




 

Attachments

  • 018.JPG
    018.JPG
    258.9 KB
  • 021.JPG
    021.JPG
    339.7 KB
  • 022.JPG
    022.JPG
    164 KB
  • 014.JPG
    014.JPG
    418.6 KB
  • 016.JPG
    016.JPG
    166.5 KB
  • 015.JPG
    015.JPG
    199.1 KB
  • 024.JPG
    024.JPG
    212.8 KB
  • 026.JPG
    026.JPG
    336.2 KB
  • 027.JPG
    027.JPG
    318.5 KB
We took the Kanaal back from the Bosfeld rally on saturday. I love it, but also get a funny feeling when thinking of what can happen. Its a narrow road with sneaky corners and lots of blind spots.
 
Hey Topie

Ek het eers saterdag oggend net voor ons gery het gesien julle wil ook die kanaal roete doen. Ons plan was om dit te doen maar het nooit eers daar uitgekom nie. Ek het bietjie teespoed opgetel (sal 'n report daaroor skryf). Dit lyk of jule dit geniet het en jou foto's maak my lus om ook daar te gaan ry en verken.
 
Top